Page 1 of 1

Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Thu May 11, 2017 9:42 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Nog 'n lekker dag in die veld is agter die rug en die jag was suksesvol.
Ek het die eland geskiet op 127m, reg op die blad deur die hart met 165gr Sierra Gameking...die bok het stadig weggespring en begin loop en na so 15 treë gaan staan en omgeval. Hier is paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_161448mmm_zpscpef9o3w.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_145235_007mmm_zpsuccqtdt4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_135420mmm_zpskn3iv0p7.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_141135mmm_zpslp7amrtx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_134045mmm_zpsvseqrhdg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170511_133638mmm_zpsi0r7akkn.jpg

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 9:56 am
by Kubus
Mooi gedoen, Ben.
Lyk my jy geniet die natuur ook, dit gaan nie net oor skiet nie.

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 10:28 am
by Springkudu
Jissie Ben, jy is darem gelukkig dat jy so baie kan gaan skiet, jy moet seker 'n dubbel garage vol yskaste hê, almal gepak met vleis!!! Baie geluk!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:01 am
by win270
Wanneer braai ons, Ben?

;)

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:23 am
by Flip Nel
Sjoe lekker vleis daai, baie geluk

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:51 am
by Ben Remington
Kubus wrote:Mooi gedoen, Ben.
Lyk my jy geniet die natuur ook, dit gaan nie net oor skiet nie.

Kubus ek geniet elke oomblik in die veld asof dit my eerste keer is.

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:53 am
by Ben Remington
Springkudu wrote: jy moet seker 'n dubbel garage vol yskaste hê, almal gepak met vleis!!! Baie geluk!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek skiet maar meestal uit vir boere....so nou en dan maak ek biltong.

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:54 am
by Ben Remington
win270 wrote:Wanneer braai ons, Ben?

;)
Klink my jy soek jagplek ;D ;D

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:55 am
by Ben Remington
Baie dankie Flip ;D

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 11:57 am
by JuanVE
Lekker om te sien dit gaan nie net oor skiet nie! Dankie vir die deel!

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 12:26 pm
by JPS
Ben,

Ek probeer har om nie na jou posts te kyk nie, maar helaas kan myself nie help nie ek maak hulle oop. Jy sien Ek het elke keer so stukkie jaloesie as ek jou posts sien want weet voor ek dit oopmaak daar gaan baie mooi natuur / kalahari fotos wees en altyd mooi bokke en varke wat geval het.

So l, weereens well done op jou en daai mannietjie van jou al was hy nie dalk deel van die jag nie dis sommer vir die ander jagte.

Mooiloop

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 12:40 pm
by ruaanb
Net soos JPS daar sê

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 12:52 pm
by Louis Kriel
Baie mooi. Nie n trofee-jagter nie, maar hoe lank is daai horings?

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Fri May 12, 2017 9:54 pm
by theedge
Mooi gemaak

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Tue May 16, 2017 9:32 pm
by Ben Remington
Louis Kriel wrote:Baie mooi. Nie n trofee-jagter nie, maar hoe lank is daai horings?
Hallo L....

Ek het nie gemeet nie maar nadat die koei 4 nagte gehang het was die karkas gewig 192kg.

Groetnis

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Wed May 17, 2017 10:05 am
by vossie1
Pappa Ben het pappa vergeet van my verjaarsdag, ek weet ek is n buite egtelikke kind maar ek geniet ook die veld bel my asb volegende keer, stuur groete vir my half boetie Myburgh. ;D

Re: Suksesvolle Donderdag -middag...

Posted: Wed May 17, 2017 10:35 am
by Ben Remington
;D ;D