Page 1 of 1

Competency renewal

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:29 pm
by Konrad308
Een van my kolegas vertel my nou, hy was by ons vuurwapwn afdeling om sy bevoegtheid en pistool lisensie te hernu aangesien sy sd lisensie oor 90 dae verval.

Hy gee vir hulle sy opleiding sertifikaat wat hy om en by 5 jaar terug gedoen het. Nou vra hulle vir "statement of results"

Hoe nou gemaak?

Groete

Konrad

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Competency renewal

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:36 pm
by Viking
Laat hy hulle vra om die "vereiste" uit te wys op hulle voorskrifte op die website...

https://www.saps.gov.za/services/flash/ ... newing.php

Re: Competency renewal

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:01 pm
by jamalley
Kyk hierna en gee sommer vir jou kollega 'n afskrif. Kyk spesifiek na paragraaf 5 daarvan.

Kyk ook hierna:

Artikel 9(2)(q) en (r) van Wet 60 van 2000, bepaal egter dat-

“Waar 'n persoon nie vantevore 'n bevoegdheidsertifikaat verkry het nie, kan 'n bevoegdheidsertifikaat slegs aan sodanige persoon uitgereik word indien hy of sy-

(q) die voorgeskrewe toets oor kennis van hierdie Wet suksesvol afgelê het;
(r) die voorgeskrewe opleiding en praktiese toetse met betrekking tot die veilige en doeltreffende hantering van 'n vuurwapen suksesvol afgelê het”


Sien ook Regulasie 6 en 7 van Wet 60 van 2000:

REGULATION (6)

The test on knowledge of the Act as contemplated in section 9(2)(q), must comply with the requirements of the South African Qualifications Authority, 1995 (Act 58 of 1995) repealed by Act 67 of 2008, read with the Skills Development Act, 1998 (Act 97 of 1998).

REGULATION (7)

The training and practical tests regarding the safe and efficient handling of a firearm as contemplated in section 9(2)(r) of the Act, must comply with the requirements of the South African Qualifications Authority Act, 1995 (Act 58 of 1995) repealed by Act 67 of 2008, read with the Skills Development Act, 1998 (Act 97 of 1998).

Persone moet spesifiek daarop let dat opleidings instansies nou by PFTC geakkrediteer moet wees en u dus nou van ‘n PFTC puntesstaat moet voorsien, terwyl daar nog sekere persone mag wees wie by instansies wat by SASSETA geakkrediteer was hul opleiding ontvang het en dus SASSETA sertifikate sou ontvang.

Dit kan natuurlik argumenteer word dat hierdie skrywe slegs van toepassing is op persone wat nog nooit aansoek gedoen het om ‘n bevoegdeheidsertifikaat nie, maar word almal verwys na Artikel 10(A)(7) van Wet 60 van 2000:-

“Met die oog op die hernuwing van 'n bevoegdheidsertifikaat hoef 'n aansoeker nie weer te voldoen aan die bepalings van artikel 9 (2) (q) en (r) nie, tensy die Registrateur in 'n spesifieke geval, op goeie gronde, anders vereis.”

Dit staan dus die Registrateur van Vuurwapens vry om op goeie redes (een waarvan kan wees dat geen bewys van u kwalifikasie in hul rekords bestaan nie) kan aandring dat u bewys moet gee van u kwalifikasie in terme van Artikel 9(2)(q)en(r).

Elke person moet ook aanvaar dat die enigste eksterne bewys van sy kwalifikasie, dws bewys dat hy/sy inderdaad, aan die bepalings van Artikel 9(2)(q) en (r) voldoen het, in terme van Wet 67 van 2008 , juis sy/haar POSLEC SETA sertifikaat en/of SASSETA sertifikaat en/of sy/haar PFTC puntestaat is.

Re: Competency renewal

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:43 pm
by Viking
Yamalley,

Dankie vir die toelig van SAPS se "nuwe" voorskrif, maar dit help nie die breë publiek as die skrywe net intern sirkuleer en in file 13 gehou word nie. Pas die voorskrifte aan op die webblad sodat die publiek daarvolgens kan handel en onnodige rompslomp (red tape) uitgeskakel word.

Ons vriend het sy wapen gaan HERLISENSIEER dus is die voorlegging van 'n puntestaat nie van toepassing nie - weereens 'n geval van kom ons FRUSTREER net die wapeneienaar!!

Terwyl die eintlike kontrole moet wees om "ongemagtigde opleiers of instansies " vas te vat!!

Re: Competency renewal

Posted: Tue Jun 06, 2017 8:43 pm
by Konrad308
Dankie julle. Oor sy competency en lisensie saam verval moet hy sy comp ook hernu. Hy se hulle vra tot vir 3 getuigskrifte soos sy eerste aansoek vir comp. Hy het wel sy "statement of results" gekry. So hy is uitgesort. Ek wonder maar net hoe dit 'n probleem vir my gaan wees as ek myne moet hernu. Ek het my competency in 2006 gedoen en het nie statement of results gekry nie en het ook nooit my saseta sertifikate gekry nie. Sal dit maar hanteer as ek daar kom.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Competency renewal

Posted: Wed Jun 07, 2017 11:46 am
by jamalley
Konrad 308, vanuit ons laaste Vrystaat SAPD forum vergadering, wil dit vir my voorkom asof die opdragte is dat persone, wie nog oor die ou SAQA kwalifikasies beskik weer hul kursusse sal moet oordoen om by die nuwe SAQA vereistes aan te pas - ek is persoonlik getaak om die situasie met PFTC op te los, want persone behoort by wyse van RPL (RECOGNITION OF PRIOR LEARNING) slegs 'n verkorte kursus te doen om dan aan die sogenaamde "regte"/nuwe SAQA vereistes te voldoen.

Ek het juis 'n ruk gelede toe ek die skrywe wat Mnr Bothma aan die provinsies gerig het en waarin hy juis na die nuutste SAQA vereistes verwys het en dit vergelyk het met die tipe bevoegdheidsertifikaat besef dat hier probleme aan die kom is en 'n skrywe aan ons provinsie Vrystaat geskryf, maar nog geen werklike terugvoering gekry nie

Re: Competency renewal

Posted: Wed Jun 07, 2017 1:21 pm
by Konrad308
Dankie vir die terugvoering jamalley.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk