Page 1 of 1

Monster Impala

Posted: Sun Aug 28, 2011 11:38 pm
by Francois Marais
Kry hierdie een oppi e-mail, glad nie sleg nie.........

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:40 am
by 300Winmag
Mooi bokkie daai!

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:43 am
by Geno
Genugtig! Bitter mooi ram daai!!!!!!

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:55 am
by Gerhard
Wonder of hy nie Oos Afrika rooibok is nie...

Hulle word mos so groot in vergelyking met ons rooibokke.

Vrek mooi bok.

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 8:08 am
by BLOK
Price tag en waar gaan skiet ons hom ;D ;D

Baie groot

Blok

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 8:22 am
by JACQUES BOTHA
Blok
Gaan sit op n turksvei bos... jy jeuk op die verkeerde plek..lag lag lag
Laat hy nog so bietjie groter word man..
lekker dag
Jacques
 
Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 9:17 am
by Superdup
Magtig, dis pragtig :P

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 9:37 am
by .::Alwyn-U::.
Hy's baie mooi, ek dink Gerhard is reg, het nog nooit so een hier rond gesien nie.*

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:17 am
by BLOK
JB

Vir daai bok se part hoop ek ook Gerhard is reg ;D ;D

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:37 am
by Geno
Daai issie 'n EA Impala nie, dis die gewone Suidelike Rooibok soos hulle hier by ons voorkom.

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:49 am
by Gerhard
Wat is die verskil tussen die 2 Geno?

Nog altyd gewonder.

Dis nou behalwe die Oos Afrika rooibok wat grooter horings het oor die algemeen?

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 12:13 pm
by Geno
Gerhard,
Die rooibokke hier by ons het nogal gereeld die donker neuse (nie swart neus nie).
Ek het nie 'n enkele EA Impala in Tanzanie gesien wat 'n donker neus gehad het soos die een in die foto wat FM opgesit het nie.
Hulle horings is langer, maar nie baie langer as ons rooibokke nie, minimum vir RW is 26 3/8", so omtrent 3 duim gemiddeld langer as ons bokke se horings.
Hulle nekke is ook dikker, en die lywe groter. Hulle slag gemaklik 42kg+ uit.

Groete,
Eugene

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 12:17 pm
by Gerhard
Geno wrote: Gerhard,

Dankie man daar leer ek weer iets nuuts.

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 12:21 pm
by PITSMIT
ma se chops!!!!  dis n mooi bok daai.

sal n mooi mount maak maar hy lyk mooier daar waar hy staan.  trots en duidelik n diknek onder die ooie

Re: Monster Impala

Posted: Mon Aug 29, 2011 9:35 pm
by theedge
Dit is n netjiese bok :o :o :o :o

Re: Monster Impala

Posted: Thu Sep 06, 2012 4:15 pm
by BLOK
FM

Jy het toe nog nie vir ons uitgevind by wie se krip die man water gedrink het nie.

Re: Monster Impala

Posted: Thu Sep 06, 2012 4:36 pm
by Marc
:o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o

Mag enige tyd sy kloutjies onder my mat inskop  8)

Re: Monster Impala

Posted: Thu Sep 06, 2012 4:50 pm
by FCLoretz
hoe kan mens die verskil tussen die gewone impala en oos afrika impala vertel?

Re: Monster Impala

Posted: Thu Sep 06, 2012 4:56 pm
by BLOK
Geno wrote: Gerhard,
Die rooibokke hier by ons het nogal gereeld die donker neuse (nie swart neus nie).
Ek het nie 'n enkele EA Impala in Tanzanie gesien wat 'n donker neus gehad het soos die een in die foto wat FM opgesit het nie.
Hulle horings is langer, maar nie baie langer as ons rooibokke nie, minimum vir RW is 26 3/8", so omtrent 3 duim gemiddeld langer as ons bokke se horings.
Hulle nekke is ook dikker, en die lywe groter. Hulle slag gemaklik 42kg+ uit.

Groete,
Eugene

Re: Monster Impala

Posted: Fri Sep 07, 2012 9:13 am
by Wielie Waps

Re: Monster Impala

Posted: Fri Sep 07, 2012 9:18 am
by Ralph
Mooi horings daai Willie

Re: Monster Impala

Posted: Fri Sep 07, 2012 10:34 am
by Johnnie De Wet
volgens my kennis (ek mag verkeerd wees, ook maar net inligting wat na my oorgedra is) is die Oos Afrika Impala dieselfde spesie as die een hier by ons. Dit is a.g.v. natuurlike seleksie dat hy so groter is. Ons jag mos die grootstes uit en daar oorleef die grootste.
Jy kry ook die 'black-faced impala' in die noorde van Namibie en Angola wat n sub-spesie is.

Re: Monster Impala

Posted: Fri Sep 07, 2012 10:46 am
by Hugo
Johnnie De Wet wrote: volgens my kennis (ek mag verkeerd wees, ook maar net inligting wat na my oorgedra is) is die Oos Afrika Impala dieselfde spesie as die een hier by ons. Dit is a.g.v. natuurlike seleksie dat hy so groter is. Ons jag mos die grootstes uit en daar oorleef die grootste.
Jy kry ook die 'black-faced impala' in die noorde van Namibie en Angola wat n sub-spesie is.
Roland Ward het hom op as n sub spesie van die impala.

Daars n duidelike verskil in die diere se voorkoms en groote soos Geno reeds genoem het.

Re: Monster Impala

Posted: Fri Sep 07, 2012 1:39 pm
by Johnnie De Wet
Dankie vir die reghelp.

Ek was in Zambia, DRC en Tanzania waar vir my genoem is dat die rooibokke dieselfde is as wat ons hier kry. Dit blyk dat die Oos Afrika rooibok nog meer noord voorkom.

So leer ons...