Page 1 of 3
Mooi kat
Posted: Wed Aug 26, 2009 5:53 pm
by Tomcat
Hierdie is sekerlik nou nie die grootste kat nie maar ek is nogal trots op hom.
Vergelyking tussen voetgrootte van die groot kat, n ander kat en n jakkals
Groete
Tomcat
Re: Mooi kat
Posted: Wed Aug 26, 2009 7:54 pm
by CHRIS
Dit is a KAT , wat weeg hy?

Re: Mooi kat
Posted: Wed Aug 26, 2009 9:33 pm
by JACQUES BOTHA
tomma
As daai wyfie kos in haar gehad het, kon sy maklik 17-20 kg gehaal het, maar daai kleinding het haar leeg gemaak...Hoe is my skatting?
Hey stadig dis mos einde van die maand, die boere moet nog rekeninge betaal.....
mooi loop en skiet reguit en laaaaank...
Re: Mooi kat
Posted: Wed Aug 26, 2009 10:35 pm
by Rooies
Tomma
ek sien daai jak langs die kat het darm redelike oorpyn!
Netjies gedoen.
rooies
Re: Mooi kat
Posted: Thu Aug 27, 2009 6:44 am
by Freek
Rooies,

ek dink Tomma het hom rakelings mis geskiet toe vrek daai vlekkie van dubbel middel oor infeksie...
Tomma wel gedaan, is daai "bag" nou vir een nag of een week?
Re: Mooi kat
Posted: Thu Aug 27, 2009 11:07 am
by Ambessa
Hallo Tomcat
Mooi fotos - danksy digitale hulpmiddels. Hoeveel het hulle (elkeen van die hangendes) geweeg? Ander data?
Ambessa
Re: Mooi kat
Posted: Thu Aug 27, 2009 12:19 pm
by tafjak
Tomma
So moet 'n kat lyk! Is jy seker jy nie die kolle op lyf met verf bygekom nie.
Lyk my die goeters kom om daar in jou geweste, mooi so.
Taffie
Re: Mooi kat
Posted: Thu Aug 27, 2009 10:23 pm
by Ja3
Tomma
Wraggies mooi.
Een van die dae moet jy aan beide kante van die bakkie begin hang, net om te kompenseer vir die gewig...
Ja3
Re: Mooi kat
Posted: Sat Aug 29, 2009 3:24 am
by Francois Marais
Tomma
Sommer n yster kat, MOOI MAN.
Mooi loop
Francois
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 11:37 am
by tafjak
Tomma
Ek kon nie so sulke grotes doodkry nie, maar die getalle maak darem op vir die gewig, net jammer vlekkie kom ontsier die foto.
Op hulle is ek en die kli?nt baie trots, die eerste keer dat ek meer as 5katte op 'n jag kon skiet.
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 11:51 am
by Foxhound
blixem taffie dis n mooi fototjie daai, waar jy hulle gekry?
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 12:07 pm
by tafjak
Foxhound
Jong, ek is maar gelukkig gewees en het hulle in die Cradock omgewing geskiet. Dit is 'n area wat ek gereeld jag en met die wegspring hierdie jaar kon ek nie dink waar ek iets te skiete gaan kry nie(op spesifieke deel gisteraand). Roep toe op 1ste stand die ma in en sien teen rand die jonges. Op die laaste stand vir die nag sien ek gelukkig die katte voor ek begin roep. So, alles in alles was die geluksgodin aan my kant.
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 12:20 pm
by Foxhound
nee maar dis vir my mooi man, watse klanke jy gebruik ens vir die kieterkatjies?
Nee kyk n man kan op n aand als reg doen maar as die luck fairy nie op jou geskyt het nie kan jy maar maak wat jy jy sal nix kry nie,hehe grap sommer net
Wag om van jou te hoor,
Groete
Foxhound
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 12:42 pm
by Ja3
Foxhound wrote:
nee maar dis vir my mooi man, watse klanke jy gebruik ens vir die kieterkatjies?
Dis 'n taktiek waarmee taffie weer ge-eksperimenteer het. Mens kan dit nie elke aand probeer nie.
Blykbaar werk dit eers na 1500 jagnagte of so iets....
Geluk op Taffie.
grte
Ja3
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 12:46 pm
by Foxhound
Jaja ou ja3
Nee wou sommer net vir interesantheid weet, ek gaan weer vanaand op daai plaas jag wat ek daai ander 2 grotes geskiet het so ruki terug, so ja sal maar sien wat die natuur oplewer vanaand,
Groete
FH
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 12:49 pm
by Freek
Taffie jou rooker! Baie geluk man, daai katte het seker baie skade gedoen waar hulle gewy het.
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 1:19 pm
by Raven
Taffie,
Mooi man, dit wil gedoen wees, en ons weet mos jy kan.
Daai plaasboer is seker "Happier" vandag as toe die bokke die worldcup gewen het.
Raves
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 3:37 pm
by Wielie Waps
Taffie
Welgedaan met jou ses wickets. Nie seker hoeveelste innings nie , maar definitief beter as die manne in Indie.
Die foto is seker met die nuwe foon geneem ne?
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 3:52 pm
by tafjak
Wielie
Tip: Tel die koppe

Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 3:58 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Tip: Tel die koppe
...makliker om die pote te tel en deur 4 te deel...
Ambessa
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 5:00 pm
by Wielie Waps
Sorry man een was mos 'n "run out"
Re: Mooi kat
Posted: Thu Feb 18, 2010 8:45 pm
by britsman
ou Taff,
Mooi man.Jy bly maar "number one".
groete,
ou brits
Re: Mooi kat
Posted: Wed Feb 24, 2010 8:06 pm
by JopieFourie
Slegte foto, maar dit was vroeg oggend en almal anders het geslaap so ek moes dit self neem

Re: Mooi kat
Posted: Wed Feb 24, 2010 8:22 pm
by britsman
Joops,
Mooi so.Sit dit en die mates, gewig ens op Ops Tjank dat dit kan getel word. As jy nie 'n Gps het nie gaan na Google Earth en zoom in op waar jy dit geskiet het en lees die Koordinate onder op die skerm.
mooi loop,
ou brits
Re: Mooi kat
Posted: Wed Feb 24, 2010 9:07 pm
by Ambessa
Hallo Britsman
britsman wrote:...Sit dit en die mates, gewig ens op Ops Tjank dat dit kan getel word. As jy nie 'n Gps het nie gaan na Google Earth en zoom in op waar jy dit geskiet het en lees die Koordinate onder op die skerm.
Thanks for the coaching...
Ambessa