Page 1 of 1

Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jun 19, 2017 1:04 pm
by Brno308 jagter
Manne ek het die naweek weer 'n geleentheid gehad om 'n draai te stap in die veld en die Hemelse Vader het my geseën met 'n pragtige Rooiribbok Ram wat ek in die berge kon skiet.

Ek het die ram geskiet met my 25-06 gelaai met 110gr Nosler Accubonds teen 3,100 ft/s. Die skoot was 'n bladskoot op 170m 30 grade op in die berg.

Die bokke laat jou bloedsweet maar dis vrek lekker om hulle in die berge te jag!

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jun 19, 2017 1:31 pm
by Ashley
Baie mooi gedoen!
Mooi bok daai. Ja berge jag is lekker tot jy perongeluk n Kudu daar klits >:+ .

Baie geluk

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jun 19, 2017 1:34 pm
by J le Roux
Baie geluk, dit is baie lekker jag daardie! Ek verlang sommer terug Phillipolis se rante toe waar ek as kind ribbokke kon gaan jag.

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 20, 2017 8:06 am
by Brno308 jagter
Dankie Kerels, ja die Oos-Kaap jag is darm maar bitter lekker, ek myself as 'n Johannesburger het altyd gedink alle mooi jagplekke lê Noord tot ek in 2015 vir die eerste keer in die Oos-Kaap gejag het, daarna het my hele opinie oor "lekker jag" aansienlik verander !

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 20, 2017 1:19 pm
by koos 2
Pragtige bok. Baie geluk aandie jagter !!

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 20, 2017 2:54 pm
by honda2
Baie mooi bok. Uit nuuskierigheid- Wat slag so bok uit en is die vleis lekker?

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 20, 2017 3:06 pm
by Brno308 jagter
honda2 wrote:Baie mooi bok. Uit nuuskierigheid- Wat slag so bok uit en is die vleis lekker?
Die ramme slag so tussen 16kg en 22kg uit karkas gewig. My spesifieke ram het 20kg uitgeslag. Hulle vleis is puik en baie sag, mens maak nie biltong met daai vleis nie, mens kook of braai hom liewers. Jy kan 'n ribbok boud baie maklik net soos 'n skaap boud in die oond maak vir 'n Sondag middag ete.

Jy kan maar gerus een gaan jag vir sy vleis!

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 20, 2017 8:02 pm
by win270
Baie mooi ribbok daardie. Dis 'n kuns om hulle op te spoor en onder skoot te kry.

Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram

Posted: Wed Jun 21, 2017 12:03 pm
by Brno308 jagter
win270 wrote:Baie mooi ribbok daardie. Dis 'n kuns om hulle op te spoor en onder skoot te kry.
Baie dankie, ja die berg jag gogga het my gebyt en ek geniet die uitdaging!