Beloftes maak skuld

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Beloftes maak skuld

Post by Kubus »

Ek het vir 2 weke baie lekker gejag, en belowe vir moedertjie vooruit, die langnaweek van die 16de Junie, gaan ek vir die huis biltong , wors en maalvleis maak. En sy herinner my toe sommer daaraan dat ek dieselfde naweek ook sommer die venster blindings wat sy so 2 maande gekoop het, moet opsit.
So raait, die naweek van die 16de is ek vas bespreek.
Laas Dinsdag, bel n pel my. Hulle gaan koedoes jag die 16 en 17de, en hulle kort n skut. Wil ek nie maar saamgaan nie. EK moet net my verblyf en dagfooie betaal. Die res is op die huis en geborg, verniet, mahala. Een ou soek al die wild wat geskiet word, tensy ek ook wil koop.
Nou weet ek, hiers groot moeilikheid, ek krap nou aan die leeu se knaters. As ek met liefie daaroor gaan praat, gaan sy my vertel, als reg, gaan maar, maar iets gaan later krap.
Ek wys die uitnodiging toe ruiterlik van die hand.
Sondag oggend kry ek n whatts appie, met van die volgende fotos.
Foto 01.jpg
Foto 05.jpg
Foto 04.jpg
16 bulle geskiet, en hope fotos, en die onderskriffie: "Jy het uitgemis."
Ek kon my gai skop, ek moes maar die aanbod aanvaar het, en kon dit later met n ou paar oorbelletjies, hangertie of bossie blomme reggemaak het.
Maar ten minste is die vleis verwerk en die blindings op.
Man of Muis?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Beloftes maak skuld

Post by Springkudu »

Amper sê ek vir jou jy het die fout van jou lewe gemaak om dit van die hand te wys........ :): :): ::) ::) :laugh: :laugh:

Waar was die Bulle geskiet? Daai Bulle in die eerste en tweede foto is darem mooi!!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by FHM »

Kubus, nee maat...nee-nee-nee, jy het Mahala fout gemaak broer!!! :o
Hel, ma sou verstaan het met n geskenkpakkie van American Swiss! :angel:
Jislaaik man wys net sulke kanse van die hand as dit ernstige siekte of doodsake is.
Jou agterstewe gaan lekker "geskop" word hier.... ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Jake1 »

Grooot fout.. blikskottel dit moes lekker gewees het. Ja skop maar jou eie alie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by finch »

Staan stil en kyk daai kant toe sodat ek kan skop!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Pvdw »

Bottom line, dink maar agter wie se blad jy wil lê vir die res van die jaar, mamma sin of jou skiet pelle ;D ;D
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Beloftes maak skuld

Post by dehacked »

Pvdw wrote:Bottom line, dink maar agter wie se blad jy wil lê vir die res van die jaar, mamma sin of jou skiet pelle ;D ;D
Pvdw verstaan die wiskunde.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Baasvark »

Jy was wys gewees!

Lank na die lekker van die jag verby is sukkel jy dalk nog met die "dun lippies en kort sinnetjies" sindroom....



Sent from my SM-N920C using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Willie007
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Sun Nov 02, 2014 2:46 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Willie007 »

Nee, nee, nee.. Die fout was nie om die naweek weg te wys nie. Die groot fout was om nie jare terug vir jou vrou te verduidelik dat gedurende die jag seisoen gebeur enige iets op baie kort kennisgewing nie!

My vrou wéét, en verstaan: ons het nog Woensdag niks aan vir die komende naweek nie, en Donderdag middag is dit "Mammie, ek het vir jou 'n massage geboek vir Saterdag oggend, ek gaan plaas toe!" Ek moet ook by sê, sy is awesome in die sin van sy gun my dit, so ek misbruik dit nie.

Ten minste het jy "Happy wife, happy life"!

Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Savage Axis 30-06
1943 Long Beach 303
Taurus 357, 3 1/2"
Vlooimark pêllet
Kettie

At the end, every thing is OK. if it's not OK, it's just not the end..
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Apie »

Jy is 'n MUIS!

'n wyse muis.

Sent from my D5803 using Tapatalk
Faas
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Sat Aug 31, 2013 1:45 pm

Re: Beloftes maak skuld

Post by Faas »

Mommy happy = Daddy happy
Francois Coetzer
.22 cz
.22stevans
303 lee enfield
.303 mauser
6.5x57 BRNO
308 voere
243 tikka,
300WM howa
Post Reply