Page 1 of 1

Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 23, 2017 9:45 am
by vossie1
Dag Meneere,waar kan ek n voeljag permit koop vir tarentaal jag in die roedtan distrik, ek gaan volgende week daar tarentale jag en wil net my goed agter mekaar kry. PS no 4 shot 32/34grams is seker reg vir tarentale

Groete
Vossie

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 23, 2017 10:09 am
by tripodmvr
Bel SA Jagters. Iemand sal jou kan help. Hulle stuur gewoonlik 'n afskrif per epos, waarna hulle dit per gewone pos of koerier by jou kry.

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 23, 2017 10:44 am
by vossie1
Dankie Oom Maruis

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 30, 2017 7:04 am
by obasch
Roedtan is in Limpopo en ongelukkig is die proses om 'n Limpopo voëljag lisensie te bekom 'n beslommernis, SA Jagetrs sal jou nie op so kort kennisgewing kan help nie. Hoor maar wat hulle sê.
Is jou patrone Engelse #4 of Europese #4?

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 30, 2017 7:08 am
by vossie1
Obash, did was eintlik net n plesier om met die departement van Limpopo te werk ek het klaar my liksens, die dame daar was heeltyd in email verbinding en my aansoek is dinsdag in en gister my lisensie gekry.

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 30, 2017 8:02 pm
by Forester
#4 sal definitief werk. Almal saam met wie ek al geskiet het gebruik #5 vir tarentale en fisante.

Re: Voel jag permit?

Posted: Fri Jun 30, 2017 8:12 pm
by tripodmvr
Ek het al gesien dat tarentale wat in die wegvlieg geskiet word 'n nommer 5 kan afskud en honderde meters vlieg met sy landingswiele af. Hier kan mens sien dat 'n No. 4 sy ligte dadelik afskakel. Kruis en van voor af is selfs No. 6 voldoende om hulle af te bring. Kopskote en af vlerke is wat hier baie gebeur.

Re: Voel jag permit?

Posted: Mon Jul 03, 2017 7:59 am
by vossie1
Die Naweek se jag was baie opwindend, ek ghet meestal met no4 32gr en no6 34 gr geskiet en was baie suksesvol totaal van 199 tarentale opgetel tussen 13manne. Dan was daar ook nog n klomp wat nie kon gekry word nie.

Re: Voel jag permit?

Posted: Mon Jul 03, 2017 8:10 am
by tripodmvr
So voëljag het sy eie bekoring. Bly julle was suksesvol en het dit geniet.

Re: Voel jag permit?

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:00 am
by vossie1
Dankie Oom Maruis