Page 1 of 1
Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 1:46 pm
by Swede
Ek het nog altyd iets vir die koedoe, 'n belewenes om hulle raak te loop en hulle kenmerkende blaf te hoor vroeg oggend tussen die rooibos, of hulle te kry hier agter die graniet koppies van die widtuin. Ek het onlangs nog nie weer die kans gehad om hulle te jag nie, maar my eerste koedoe bul sal ek nie vergeet nie. Ek plaas hier 'n foto van my eerste, 'n huldeblyk aan die staatsman van die veld........
kudu (640x428).jpg
Voel vry ook om julle mooi bulle te deel
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 2:15 pm
by Springkudu
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 2:25 pm
by Kubus
Het darem al self n paar mooies laat val.
Omtrent al diersoort wat ek geskiet het tot ek so 40 jr oud was. Baie van hulle.
Koedoe.jpg
Mooi bul.jpg
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 2:28 pm
by Jake1
Ek voel ook so oor n kudu bul, dis vir my iets heiligs. Ek is tevrede met 2 bulle vêr oor Rowland grote, wat ek al geskiet het ek sal nou eerder iets anders wil skiet, ek raak seker maar oud of n pissie.
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 2:51 pm
by sako 30-06
Ek jag al vir 15 jaar en het nog nooit n koedoebul geskiet nie.
Wag nog vir daai spesiale een

Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 3:21 pm
by koos 2
Daar is definitief iets aan n koedoe bul.
Definitief op my bucket list
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 3:31 pm
by Bigfoot
Jake,
I feel the same as you, I have been privileged to have had the pleasure and enjoyment of hunting a few Majestic Kudu bulls.
Two years ago I shot the last bull I will ever hunt, when I sat next to him, I cried and said that he was the last.
However, I still walk & stalk them, only to appreciate the 'Grey Ghosts' magnificence.
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 4:46 pm
by tripodmvr
[quote="Kubus"]Het darem al self n paar mooies laat val.
Omtrent al diersoort wat ek geskiet het tot ek so 40 jr oud was. Baie van hulle.
Jy mag maar se dat dit die Ooskaap se rooibok is - getallegewys lyk dit so !!!!!!
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 5:19 pm
by Jurgen Visser
Manne , ek begin ook al voel , ek nou al genoeg gejag ( Weird gevoel ) Ek wil nie eintlik meer die diere skiet nie , ek begin dit al hoe meer geniet om die jonger span te vat en aan te jaag , sodat hulle kan jag en skiet , ek sal nooit ophou nie , moet vleis he vir die pot , maar sal nie meer onnodig bokke skiet en verkoop en sulke dinge nie , meskien is daar van julle wat dit sal verstaan hoe ek voel , ek kan dit self nie mooi beskryf nie
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 5:55 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het met my eerste regte Kudu poging, sukses behaal.
Was uit 'n hide uit, met 'n pyl en seker naby een van my beste ondervindings in my 7jaar jag loopbaan.
Tog voel ek dat Kudu se kind, 'n goeie walk en stalk regverdig en dit is my beplanning vir volgende jaar.
As ek enetjie oppie voet kan kry, sal ek 'n gelukkige man wees.
Oomblike voor die skoot loop.
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 6:28 pm
by Meteor
Ek het nog nooit iets groter as n ystervark geskiet maar ek wil nes julle ook eendag se "ek het die yskas vol gemaak".
Aan die een kant dink ek mense wat baie jag gaan 'n Springbokkie voorstel maar aan die ander dink ek baie daaraan dat jag dalk nie vir my sal wees en my eerste jag kan my laaste ook wees.
Glo julle dis regverdig vir iemand wat nog nooit gejag het om so n bok op sy eerste jag te skiet?
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 8:16 pm
by spekieries
Jy vat wat die veld jou gee.Ek jag ook al n rukkie.Ek het by Kendrew naby Graaf Reinet my eerste koedoe geskiet.Mooi Oos-Kaap bul 48 duim.Laas jaar Bosveld bul 58 en n kwart.Ek weet nie of ek weer groot bul wil skiet nie.Eerder koeie en vleisbulletjies.Miskien word ek ook n pissie.
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Fri Jun 23, 2017 9:20 pm
by Jurgen Visser
spekieries wrote:Jy vat wat die veld jou gee.Ek jag ook al n rukkie.Ek het by Kendrew naby Graaf Reinet my eerste koedoe geskiet.Mooi Oos-Kaap bul 48 duim.Laas jaar Bosveld bul 58 en n kwart.Ek weet nie of ek weer groot bul wil skiet nie.Eerder koeie en vleisbulletjies.Miskien word ek ook n pissie.
Stem , daai groot bulle is so graseus , ek skiet ook liewer deesdae 'n penkop , voel net nie meer reg vir my om daai ou grote te skiet nie
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Sat Jun 24, 2017 9:32 am
by Krobb
Ek voel presies die selfde. Het ook al n paar groot bulle geskiet.
Verkies deesdae een tot een en n half draai bulletjies.
Die skrywer Pieter Pieterse het ook n baie mooi huldeblyk aan koedoes geskryf in een van sy boeke wat my en ons almal hier se gevoel opsom.
Kan net nie onthou watter boek nie.
Re: Koedoe die Prins van die veld, 'n huldeblyk
Posted: Tue Jun 27, 2017 4:12 pm
by Willie007
Ek het vir 6 jaar elke jag seisoen geloop en koedoe soek. Manne, ek het myle geloop! Op verskillende plase, en als. Verby blouwildebeeste, rooibokke, enige ding, want ek wou 'n koedoe walk en stalk. En die dag toe ek dit reg kry, skrik ek my g@t af! But I did it! Ek het 'n mooi 50 duim bul in 'n reservaat geskiet vir die trofee, maar dit was sommer goor. Dit was skiet, nie jag nie. Ek wil nog één mooi bul skiet, dan sal ek ook liewer die jonger bulle kap vir die beter vleis.
Ek ken 'n oom wat iets soort gelyks oorgekom het nadat hy 'n groot eland bul geskiet het. Hy het langs daai bok gesit en huil tot hy nie meer kon nie. Hy sê hy het gewens hy kon daai bok se lewe terug gee, die dier was te mooi om so te sterf. Dit was die laaste ding wat hy ooit gejag het.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk