Page 1 of 1

Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 6:56 pm
by Mellies
Dagse menere.

Verlede week het ons jaggroep weer in die K'roo gekuier. Een dag is opsy gesit vir trofee springbokke wat 'n vriend se buurman uit die pad wou he.

Gedurende die oggend het ek heelwat ramme gelos omdat ek geweet het daar is 'n klompie groter bokke. Ander manne het elk hul gewone springbokke geskiet.

My bok is eers na middagete, nader aan 15:00 geskiet. Die ou ram het 'n sweer aan sy regterbeen gehad en die eienaar het gevra dat ek hom moet skiet indien ek 'n kans kry. Die meneer het seker geweet iets/iemand is op sy spoor en het amper nooit stilgestaan nie.

Omdat ons vooraf gesĂȘ is dat die jagkamp ruig is het ek my bosroer oor my skouer gehad. 'n 30-06 met 200gr Partitions @ 2500 voete.

Die ram het amper reguit weg van my af geloop. Ek het my staan gekry oor 'n boomstomp en die 06 laat praat. Die partition is net voor die linkerboud agter die ribbes in en voor by die bors uit. Minimum vleisskade.

Dit is sover my grootste springbokram. Ek het nie gemeet nie, maar hy sal 15" maak. Hy gaan 'n spesiale rusplek in ons huis kry.

Met n vleisie...

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 6:57 pm
by Mellies
Die ander manne se bokke...

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 6:58 pm
by Mellies
Nog een...

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 7:00 pm
by Mellies
Laaste een...

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 7:02 pm
by ruaanb
sjoe wat 'n mooi ram!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 7:18 pm
by tripodmvr
Mooi ramme daardie met baie simmetriese horings.

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jun 24, 2017 7:25 pm
by Springkudu
Jou ram is die grootste, maar die res is regtig net so mooi!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Springbok Trofee

Posted: Wed Jun 28, 2017 8:17 am
by Hammansdans
Dis 'n baie mooi trofee bok ... baie geluk!

Re: Springbok Trofee

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:03 am
by sako 30-06
:): , baie mooi bok.

Geluk.

Re: Springbok Trofee

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:09 am
by DawieKotze
Baie netjiese ramme daai!

Wat was die gewigte?

Groetnis

Re: Springbok Trofee

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:16 am
by tau
Baie mooi bokke!!

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jul 29, 2017 9:34 pm
by BSniperEM
Mooi bokke wat die groep daar laat val het Mellies!

Re: Springbok Trofee

Posted: Sat Jul 29, 2017 10:25 pm
by Mellies
Mellies wrote:Die ander manne se bokke...
Nou kan die ander ook sien hoe lyk BSniperEM. 8)

Met n vleisie...

Re: Springbok Trofee

Posted: Sun Jul 30, 2017 6:21 am
by neef
Mooi bokke, baie geluk

Re: Springbok Trofee

Posted: Sun Jul 30, 2017 7:47 am
by honda2
Baie mooi!

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Springbok Trofee

Posted: Sun Jul 30, 2017 11:45 am
by BSniperEM
Janee... mens kan sien wies die mooiste neef! :laugh: :laugh: :laugh:

Leke Mellies, ons maak weer so!

Re: Springbok Trofee

Posted: Mon Jul 31, 2017 8:35 am
by OupaZA
Baie mooi bok Mielies!!!