Page 1 of 1

Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:12 am
by DanieDegenaar
Nou ja, met aanleiding van die vorige post het Herman my laat weet ek kan saam met hom na BlinkWater gaan om te kyk of ons vir Dian ietsie kan kry om te skiet.

Ons het Herman en sy kinders 03:30 die oggend ontmoet en ons is uit plaas toe. Ek het nie vir Dian voor die tyd gese ons gaan nie, so die eerste keer wat hy dit gehoor het was toe ek hom die oggend net voor drie wakker maak en se hy moet kom - Ons gaan jag! Daai gesiggie was nog vas aan die slaap maar hy het net gemompel " Jiss like Pappa".

Ons het op die plaas gekom en het vinnig reg gemaak om die veld in te gaan. Ons het baie rooibokke gekry maar weereens was hy net te kort om oor die grasse en bossies te sien. So net voor tien die oggend sien ons toe 'n blesbok en begin bekruip. Ons kom om een bos en hier staan 5 varke en eet so tussen 40-60 meter van ons af. Omdat hy bietjie tyd nodig het om alles mooi te sien en steady te kom. Die skoot loop en die vark dop in sy spore om!!!

Daar is daai oomblik van ongeloof en Pa se hart spring behoorlik uit sy bors. Die trane sit naby en ek moet net keer om nie te wys ek huil binne my nie. Daai kind se gesig spreek die woorde wat niemand kan uitspreek nie. Gelukkig dink ek en neem gou photo's waar hy staan op die stokke.

By die vark sien ons hy het 'n baie mooi skoot geskiet mooi op die blad en die koeeltjie is mooi agter die oor uit aan die ander kant. Dit is nie die grootste vark nie (18.5kg), maar verseker die grootste oomblik in my lewe! My kind het 'n jagter geword. Die res van die dag kon jy nie sy glimlag af kry nie en hy was soos 'n hop ballietjie die res van die naweek.

Ek wil net groot dankie se vir Herman Huyser en sy kinders. Julle is wonderlike mense en het die naweek baie spesiaal gemaak vir ons. Ek kan nie genoeg dank aan julle bewys dat julle julle naweek met ons gedeel het nie. Julle is ysters!

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:18 am
by henried
Te lekker, baie geluk.

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:28 am
by Springkudu
Baie geluk!!! Voorwaar iets wat julle twee vir die res van jul lewens sal onthou!!!

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:33 am
by ruaanb
daarsy baie geluk! pragtige gebaar Herman!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:42 am
by DWB
Baaaaie geluk! Welgedaan!

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:51 am
by Plaashaas
Baie geluk Danie en Dian. Baie mooi van jou Herman

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:00 am
by Flip Nel
Baie geluk, bly dit het uitgewerk

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:19 am
by Frederik
Netjies baie geluk aan die jong jagter.

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:23 am
by tripodmvr
Baie dankie aan altwee die pa's wat 'n klein mannetjie se dag gemaak het.

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 1:06 pm
by neef
Baie geluk hoop jy en jou seun skiet nog baie reguit skote saam.

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 1:47 pm
by Herman Huyser
Danie, dit was 'n groot plesier.Ek is bly ek kon die plaas (en kamp) deel waar my seun ook laas jaar sy eerste bok geskiet het. En ja, dit is 'n baie groot oomblik vir 'n pa en jy is beter as ek. My trane het openlik geloop,veral terug by die kamp toe die oupa en ouma's gebel is.

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 6:31 pm
by Spanner
Pragtig mater, bly vir julle man

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:14 pm
by koos 2
Baie geluk. Dankie vir die deel

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Tue Jun 27, 2017 9:58 am
by Brno308 jagter
Baie geluk aan die jong man!

Re: Hulp met jong man se bok - Dankie Herman

Posted: Tue Jun 27, 2017 10:06 am
by FrancoisW
Baie geluk. Altyd lekker om te lees