Hulp met jong man se bok - Dankie Herman
Posted: Mon Jun 26, 2017 8:12 am
Nou ja, met aanleiding van die vorige post het Herman my laat weet ek kan saam met hom na BlinkWater gaan om te kyk of ons vir Dian ietsie kan kry om te skiet.
Ons het Herman en sy kinders 03:30 die oggend ontmoet en ons is uit plaas toe. Ek het nie vir Dian voor die tyd gese ons gaan nie, so die eerste keer wat hy dit gehoor het was toe ek hom die oggend net voor drie wakker maak en se hy moet kom - Ons gaan jag! Daai gesiggie was nog vas aan die slaap maar hy het net gemompel " Jiss like Pappa".
Ons het op die plaas gekom en het vinnig reg gemaak om die veld in te gaan. Ons het baie rooibokke gekry maar weereens was hy net te kort om oor die grasse en bossies te sien. So net voor tien die oggend sien ons toe 'n blesbok en begin bekruip. Ons kom om een bos en hier staan 5 varke en eet so tussen 40-60 meter van ons af. Omdat hy bietjie tyd nodig het om alles mooi te sien en steady te kom. Die skoot loop en die vark dop in sy spore om!!!
Daar is daai oomblik van ongeloof en Pa se hart spring behoorlik uit sy bors. Die trane sit naby en ek moet net keer om nie te wys ek huil binne my nie. Daai kind se gesig spreek die woorde wat niemand kan uitspreek nie. Gelukkig dink ek en neem gou photo's waar hy staan op die stokke.
By die vark sien ons hy het 'n baie mooi skoot geskiet mooi op die blad en die koeeltjie is mooi agter die oor uit aan die ander kant. Dit is nie die grootste vark nie (18.5kg), maar verseker die grootste oomblik in my lewe! My kind het 'n jagter geword. Die res van die dag kon jy nie sy glimlag af kry nie en hy was soos 'n hop ballietjie die res van die naweek.
Ek wil net groot dankie se vir Herman Huyser en sy kinders. Julle is wonderlike mense en het die naweek baie spesiaal gemaak vir ons. Ek kan nie genoeg dank aan julle bewys dat julle julle naweek met ons gedeel het nie. Julle is ysters!