Page 1 of 1

Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 11:55 am
by LoopSoosStroop
Blykbaar Saterdag by Irene Skietbaan gebeur. Lyk soos 'n Howa(/Webley&Scott/Weatherby) aksie. Ek weet nie wat gebeur het nie, was nie daar nie.
IMG-20170624-WA0001.jpg

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:05 pm
by Pvdw
Wonder of hulle hom kan red?? :o :o 8)

Daai ia lelik. Ek is dankbaar ek was nog nooit naby so iets nie.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:08 pm
by tripodmvr
Synde die loop ongeskonde lyk, wil dit voorkom asof die verkeerde deusnee koeël die loop afgeblok het en die aksie toe oopgekraak het weens die drukking. Die dop is nog in die kamer en het geheel agter weggeblaas. Eina pyn.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:14 pm
by LoopSoosStroop
Wat vir my skokkend is, is hoe gereëld dit gebeur, as mens so op die ander draad luister.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:17 pm
by Flip Nel
Hoop die person is ok

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:20 pm
by andre007
Hulle sou die bruin van my met n WAP moes afspuit. Dit het n klompie terug by 1 van on SAJ skiete ook gebeur. Die skut se snellerhand het lelike houe gevat en sy gesig het ook skrapnel gekry.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:21 pm
by joe rocket
Hoop die skut is ongedeerd, maar ai dit is so onnodig. Veiligheid, Veiligheid en weer Veiligheid dit is van kardinale belang.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:22 pm
by andre007
Ek sit maar altyd n hele ent weg van die manne wat opdie skietbaan kom sit met meer as 1 geweer en n roomys bak gemengde ammo!

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:22 pm
by Pvdw
LSS ek is al snaaks aan gekyk as ek sê dat deel van veilig herlaai is om net 1 soort slagdoppie en 1 blik kruit op jou tafel te hê. Die res word weg gepak. Lyk my ek moet die reël aanpas na net 1 kalibber se ammo op die skietpunt, die res in die skietkrat??

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:51 pm
by Gawie(13mm)
Ouch, kwadraat.
Ek het hope empatie met die skut, maar geen simpatie.
Jy kan soveel verskonings uitdink as wat jy wil, maar daar is nie een wat vir jou vrou gaan oortuig dat jy nie 'n poephol is nie. :P

...as ek my hand, of my mond kan waag aan 'n rede, sou ek bespiegel dat daai man 'n 308 rondte in sy 243 probeer afvuur het.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 12:55 pm
by neef
Dit lyk glad nie lekker nie. hoop ook maar die bestuurder is ok, en hulle weet wat hulle verkeerd gedoen het om dit in die toekoms te voorkom

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 4:10 pm
by vossie1
Ek was ook amper in so gatslag betrokke twee weke terug, by Sa jag oopvisier skiet oefening waar jy drie skoet in 30sec moes skiet, man skiet maar geen boom herlaai en slot maak nie toe nie stamp die slot so paar keer maar ons stop hom en doen inspeksie, koeel sit vas in bek van loop net primer geen kruit, nou as daai koeel net 20mm verder die loop in was het daai man my en homself met daai 9.3 opgeblaas. Kry nounog koue rillings, primer kan maklik n koeel tot helfte van die loop indruk as die kamer mooi styf seel. Gebeur maklik ma as jy nie n mooi boom hoor en voel en jou dop kom sonder sy koeel uit dan probeer jy nie n slot toeslaan om daai 30sec spertyd te maak nie.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 4:17 pm
by Jake1
Kan n 243 se slot toemaak met n 308 rondte? Ek sal nogal wil weet wat regtig gebeur het?

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 4:33 pm
by savage(P Coetzer)
Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 5:14 pm
by tripodmvr
savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.

Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 5:39 pm
by Flip Nel
tripodmvr wrote:
savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.

Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.
Ken 'n oom wat sy eerste 270 so opgeblaas het met weermag ammo, sy vriend sin wat dit aangegee het inplaas van 270.

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 7:43 pm
by Jacques van Eeden
Flip nel wrote:
tripodmvr wrote:
savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.

Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.
Ken 'n oom wat sy eerste 270 so opgeblaas het met weermag ammo, sy vriend sin wat dit aangegee het inplaas van 270.
Weet ook van so 308 deur 'n 270. Koedoe is dood maar geweer ook.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:21 pm
by JJV
Ek het eendag terwyl ek gesels het probeer om 'n .308 rondte in my Steyer M se rotary .243 magesyn te fit, gelukkig was die koeel se gap te smal om die 308 te vat, of hy sou pas in die kamer ??


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaboom

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:42 pm
by tripodmvr
My grap was tydens 'n jagtog naby Drie Susters. Kry vroegoggend terwyl ons aanry jagplek toe, 'n klomp kudus wat in die son staan en bak. Bakkies word met groot spoed verlaat en ek gryp geweer en probeer die 375 laai. Na groot gesukkel sou ek sien dat ek 'n medejagter se 7x57 beet het en dat die dik en lang 375 nie naby aan inpas kom nie. Bokkoors op sy ergste.

Re: Kaboom

Posted: Tue Jun 27, 2017 7:05 am
by Klein Chris
Dit gebeur met die "rook" gewere ook veral as jy nie fokus nie. Vriend praat baie tydens die skiet en op n stadium gaan die laai stok net so half pad in die loop af. Met groot oe vra hy my wat nou? Nee ek weet nie. Trek toe die koele - 3 koele en ladings. Hy bewe so daarna pak geweer skoon weg nadat ek hom 2 keer verseker het geweer is leeg

Re: Kaboom

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:10 am
by LoveHenties
Kennis vertel my een maal die vir die waarheid, alhoewel ek in my stilligheid gewonder het daaroor... Vertel sy Oom het 'n 270 gehad, 'n plaasgeweer wat in die bakkie gelewe het en net PMP bruinbokse gevoer is. Toe hy oud word gee hy hom vir 'n familielid persent, en die is meer begaan oor groepe ensomeer. Die ding skiet maar erg bont, en hy sukkel.

Kom toe met 'n skok agter dis eintlik 'n 30-06. Handelaar het oorspronklik 'n fout gemaak en die geweer as 270 geregistreer...

Re: Kaboom

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:20 am
by DawieKotze
LoveHenties wrote:Kennis vertel my een maal die vir die waarheid, alhoewel ek in my stilligheid gewonder het daaroor... Vertel sy Oom het 'n 270 gehad, 'n plaasgeweer wat in die bakkie gelewe het en net PMP bruinbokse gevoer is. Toe hy oud word gee hy hom vir 'n familielid persent, en die is meer begaan oor groepe ensomeer. Die ding skiet maar erg bont, en hy sukkel.

Kom toe met 'n skok agter dis eintlik 'n 30-06. Handelaar het oorspronklik 'n fout gemaak en die geweer as 270 geregistreer...
;D ;D ....en die oom het nooit agter gekom hy skiet alles mis of kwes skote nie?? :): :):

Daai doppe sou dan lekker gefire form gewees het!

Re: Kaboom

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:23 am
by LoveHenties
DawieKotze wrote: ;D ;D ....en die oom het nooit agter gekom hy skiet alles mis of kwes skote nie?? :): :):

Daai doppe sou dan lekker gefire form gewees het!
Dis presies daar waar ek ook begin ::) het... Gesê hy het net bladskote geskiet. Wys my 'n boer wat net bladskote skiet...

Re: Kaboom

Posted: Wed Jun 28, 2017 10:23 am
by swc-tr
Het iemand nou al enige feitelike inligting oor die voorval in die foto hierbo?