Another bad day in Zululand
Posted: Sun Jul 02, 2017 5:27 am
n Week of twee terug sit ek die dinsdag en gesels met ons plaaslike slagter oor bosvark jag. Die gesprek is ietwat vreemd, seinde ons om n teatertafel sit en ek besig is om die man se vinger te amputeer nadat hy en die Octo bandsaag slaags geraak het, en soos dit maar gaan is daar gewoonlik net een wenner in daardie stryd. Ieder geval, die man beweer sy varkworsies en Salami is die beste in Natal, en sê as ek weer n bosvark skiet moet ek dit bring vir hulle om te verwerk.
Ek besluit toe daar en dan my werksweek was lank genoeg, en n uur en twee oproepe later is ek en n vriend oppad na die oewers van die Tugela. Op pad suid het ek my bedenkinge uitgespreek oor of ons geluk sou draai - ek het sedert November 2016 seker 15 of 16 onsuksesvolle aande gehad by vark voerplekke en loop en bekruip in maanlig. Met twee ure se lig oor het ons die noord oewer van die rivier begin werk met die hoop om dalk n mooi bosbokram of per toeval n vark raak te loop. Skaars 45 minute se jag later het ek na n 2 hektaar oopte beweeg, en met die son agter my het ek begin soek vir wild. Daar was nie minder as drie bosbok ramme in die area nie, almal salig onbewus van ons en rustig aan die wei in die dag se laaste sonlig. Ek het opgemerk die ram naaste aan die oopte se rand is mooi donker, en het die beste kans op n skoot gebied na n kort bekruip. Ek kon so 100m van hom af kom, en moes toe n skoot uit die vuis uit neem met die .416 Ruger. Die bosbok het vir my gekyk en die 350gr A-frame is sonder moeite deur die lengte van sy lyf, en hy het net daar neergesak.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/da271f4e0f9a26f1c1450e577828afc5.jpg
Ek kon natuurlik nie vir n mooier bok vra vir die geweer se eerste bloed nie, en met dit was die dag gemaak. Ons het egter gekom vir bosvarke, en met die bosbok gelaai is ons op na die voerplekke toe om te kyk wat die wind maak, en te besluit waar ons gaan sit. Soos genoem was my dag reeds gemaak, en het ek nie veel omgegee of n vark gaan inkom nie. Na sowat twee ure op die voerplek was ek vas oortuig ons gaan weer nie n vark sien nie. Ek het witkwas jakkalse, muishonde en n ystervark deur die nagsig dopgehou op die voer, en was teen die einde vermaak deur n musseljaatkat wat self kom eet het. Na n wyle het ek ingesluimer, toe n enkele macadamia wat klap my terugruk realiteit toe. So stil soos ek kon het ek die ou nagsig aangesit en n enkele vark op die voer gesien. Op 60m lyk hulle maar klein deur die 2,5x vergroting, en ek het eers gedink dis n jong beer. Die verligte kruis het vanself op die vark se blad te ruste gekom en die skoot uit die ou Winchester .308 het ast ware as n verassing gekom. Ons kon hoor die vark is swaar getref, en hy het so 60m in die suikerriet gehaal voor hy dood is. By hom aangekom het ek eers besef hoe groot hy is. Ek is spyt ons kon hom nie weeg op die hoef nie, maar sy skoon karkas was 57kg en spekvet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/f45eec8dc19c80e4ea2570feeb557d8b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/6f12ccb3803c82a3fd045f15b91aec06.jpg
Die .308 was gelaai met bruinboks phillemon 180gr koeëls teen 2200fps, en die koeël het utstekend gevaar:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/cf2ada1da405db54534038d2e4dfa06a.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/f515b82506fd6b23f5990f7d0054a30a.jpg
Ek is mal daaroor om beide hierdie twee species te jag, en n beter dag se jag kry mens nie sommer in KZN nie. En ja, die varkworsies, salami en kaasworsies is beslis so goed soos wat belowe is...
Sent from my iPhone using Tapatalk