Page 1 of 1

Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 10:41 am
by Cois
Image
n Kietsie wat voor my 243 ingeloop het. 20kg.

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 11:57 am
by Freek
Cois baie geluk! Mooi kat daai. :o

Mannetjie of wyfie? Hoe ver was hy van jou 243 af? Kleur bietjie in jong, watter area is die kat geskiet, tiepe terein, tyd etc.etc.etc... 'n Man wat sulke kaliber katte plat trek mag maar praat. ;)

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 1:25 pm
by Dawie
black-sam! Dis 'n mamoewiese kietsie,  seker nie moeilik om te mis as hy so groot is nie ;D...Moenie so snoep wees met die info nie,  vertel die storie ook...dik sommer so bietjie aan ;)

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 2:16 pm
by tafjak
Cois

As daar nie og so 'n kat is as ek daar kom kuier nie, skiet ek op jou! Ag moenie so suinig wees met velletjie nie, maak sommer 'n jagsuit vir jou. Pragtige kat en geluk, dit is tog regtig die rede hoekom mense jag.

Taffie

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 2:23 pm
by JACQUES BOTHA
Cois
Ma smile n bietjie man, jys mossie kwaad vir die kat nie....Ek sien hy is geskeit net so voor die kou front inbeweeg het, of was die reen al op pad....
Dit laat my wonder of daar nie tog n tendens is met weer en katte nie, dalk kan iemand met n wetenskaplike calcultor ons die antwoorde gee...
geluk met n GROOT KAT  is dit felix caracal damara damara of is dit felix oorlede carcacal?

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 2:40 pm
by Cois
Middag manne

Dit was n mannetjies kat wat hier in die randjies rond beweeg het en nie die kos klankie kon weerstaan nie. Hy was darem nie te ver toe hy geskiet is nie en die vel kon heel bly sodat ek hom kan laat bry. So Taffie as jy kom kuier kan die koue ene ma op die outjie se rug staan.

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 2:55 pm
by Cois
Image

Hier is n ou wat ek al amper n jaar lank soek en nou die aand toe kry ek vir pappa, mamma en n ekstra. Was self n mooi kat maar het hom ongelukkig nie geweeg nie

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 3:35 pm
by JACQUES BOTHA
COIS
JY MOET DAREM JOU GPS DATA OOK SAAMSTUUR MET DAAI MOOI KAT IETS SOOS : X: 26.9337  Y: -30.4914
DAN KAN AMBESA AANTEKENIGE MAAK HOE VER IS EK UIT MET JOU WILLEMSFONTEIN?

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 3:57 pm
by Cois
Jacques

Sal dit nog moet opsit vir hom ja maar die outjie is nie van Willemsfontein af nie, moes hom bietjie verder gaan soek as op my werf. Maar lyk my jy ken my adres so kom drink koffie man

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 4:26 pm
by JACQUES BOTHA
SAL SO MAAK DANKIE VIR DIE UITNODIGING
WAAR IS HY GESKIET DAN KAN EK JOU SOMMER DAAI PLAAS SE GPS DATA OOK GEE..
JOE REGAL HET OOK N DEP IN BLOEM DIE MAN DAAR IS PAUL VAN BILJON 0824193728 (TAXIDERMIS)

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 6:20 pm
by tafjak
Cois

Lyk my net die 243's kan sulke katte skiet. Het nog nie een gesien wat 'n Bonzai 243(22-250) kon skiet nie, in elk geval nie op die forum nie. Seker aan die ligte kant.

Ek hoor Bonzai 243's word gebruik om kleintjies om neste te skiet, naby en klein.

Taffie

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 7:27 pm
by Ja3
:D :D

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 9:04 pm
by Ambessa
Hallo Cois
Cois wrote:...n Kietsie wat voor my 243 ingeloop het. 20kg.
...jy mag maar oorweeg om na die ene as 'n katsie te verwys. Met so 'n gewig is dit beslis nie meer 'n kietsie nie... ;)

Ambessa

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 9:19 pm
by Ambessa
Hallo Cois
JACQUES wrote:...JOU GPS DATA OOK SAAMSTUUR MET DAAI MOOI KAT IETS SOOS : X: 26.9337  Y: -30.4914
DAN KAN AMBESA AANTEKENIGE MAAK HOE VER IS EK UIT MET JOU WILLEMSFONTEIN?
Luister maar bietjie wat Jacques gooi... ;) Hoop hy is reg?

Ambessa

Re: Groot rooikat

Posted: Fri Aug 28, 2009 9:22 pm
by Ambessa
Hallo Cois
Cois wrote:...moet opsit vir hom ja maar die outjie is nie van Willemsfontein af nie, moes hom bietjie verder gaan soek as op my werf.
...oops, amper was die Katsie op verkeerde plek geskiet. Regte rondloper... ;) :D

Ambessa

Re: Groot rooikat

Posted: Sat Aug 29, 2009 10:36 am
by katjak
Hallo Cois.
  Ek sien jy het darem reg gekom met die fotos laai. Baie mooi kattie daai. Hou so aan. Jy moet laat weet waneer jy volgende week of die week net daarna daai dagroep wil gaan doen dan gaan ek saam. dan kan ons die aand so n vleisie braai na die tyd. Een van daai vet tjoppies van jou waar die vet wat van die vleisie afdrup sommer die vuur aan die gang hou. Kyk hoe water Taffie se mond nou. Ons sal vir jou ook enetjie uithou my maat. kom gebruik hom.   

                                      Katjak

Re: Groot rooikat

Posted: Sat Aug 29, 2009 11:41 am
by Cois
Hallo oom Japie

Daai klink vir my soos n plan, n goeie plan. Kan n middag roep doen en dan lekker lag en speel en weer n oggend roep doen. Die werk hoop op met die wind wat so woel. Sal sommer gaaf wees om van daai gesonde wit vleis op die kole te gooi. Taffie sal moet plan maak om in die geweste te kom draai want hie raak dit lekker ;) ;) :o

Cois

Re: Groot rooikat

Posted: Sat Aug 29, 2009 2:49 pm
by Francois Marais
Cois

Baie mooi kat, baie lekker eet wat hom so groot laat word het.

Mooi loop
Francois