Page 1 of 1
Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Thu Jul 06, 2017 9:41 pm
by Meteor
Goeie naand aan almal, ek is van plan om baie ver te ry en baie ammunisie te koop so ek wil net graag seker wees voor ek reis.
Sal die bogenoemde winkel my toelaat om meer as 200 rondtes met 'n toegewyde status sertifikaat, of slegs met 'n S16, te koop?
Al die beste
U
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Thu Jul 06, 2017 9:47 pm
by Jurgen Visser
Hier is redelik geweer winkels in die kaap / Bellville , kraaifontein en Stellenbosch , ry sommer by elkeen om en koop die maks wat hulle toelaat , seker jy gaan met meer as 200 hier weg ry

Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Thu Jul 06, 2017 10:01 pm
by Meteor
Dis 'n meester plan Oom

maar ek weetnie asof ek oral sal kan stop.
Ek is net bang dat hulle iets sal he wat ek baie graag wil aanskaf en op die stadium is slegs 'n .22 lisensies op S16.
Jammer as dit lyk asof ek onnodige goed vra maar ek was te skaam om dit oor die foon vir hulle te vra. As enigiemand my hier kan se sal dit my bietjie trots spaar.
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Thu Jul 06, 2017 11:45 pm
by Jurgen Visser
Guns and bows , dan sit Wildman net so maks 10Km van Hulle af en dan van Wildman na Safarie Outdoor Stellenbosch toe weer so 15 Km , dit is vinnig na al die plekke toe
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 8:43 am
by Wouter Roets
Meteor
Sien hierdie Vrydag as karakter ontwikkelings dag. Bel hulle weer en vra hulle of jy meer as 200 rondtes kan koop op n slag. Se vir hulle dit is Meteor wat praat, of as daai naam te na aan die huis le se vir hulle dit is Ur-anus wat praat.
Groetnis
Wouter
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:06 am
by ruaanb
lol Uwe se as ek kan help. VGK is ook nog naby Guns en Bows
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:06 am
by ruaanb
En Parow Arms
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 11:11 am
by Meteor
Dankie darem het ek nou n lekker lag ook gekry. Die lys van winkels is gaaf, ek dink oom Jurgen het dit nou te mooi verduidelik om nie te gebruik.
Dankie vir al julle hulp.
Groete
U
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 1:41 pm
by Louis Kriel
Ek koop by Guns&Bows hulle gaan nie meer as 200 gee nie.
Re: Guns and Bows 200 limiet?
Posted: Fri Jul 07, 2017 5:04 pm
by Meteor
Louis baie dankie.
Ruaan ek het goeie nuus. Ek email asap.
Groete
U