Page 1 of 1

so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:44 am
by GreyGhostGear
Gejag in Beaufort Wes omgewing, almal met .308.

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:51 am
by Superdup
Baie netjies, dis 'n paar mooi bokkies daai :)

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:19 am
by henried
Geluk, daai eerste foto is iets besonders.

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:24 am
by BLOK
Baie mooi gedoen.

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:28 am
by Frikkiedbr
Sjoe baie mooi, ek het iets nuut geleer  ;)
Dankie vir die foto's.

Baie geluk !!!

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:33 am
by GreyGhostGear
ag dankie manne. die outjies is darem op die voet gejag op daai vlaktes - ek het so oor die laaste 4 jaar die plaas leer ken en daar is altyd 'n skelm ou ram of twee wat wegbreek van die troppe en dis altyd interessant om te kyk of jy sy plan kan lees en onderskep..

Frikkie, wat het jy geleer? eks nuuskierig..

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:36 am
by Frikkiedbr
Ek het nooit gedink mens kry swart sprinbokke nie.
Dit is soos 'n nuwe bok vir my Jagmaar.
En interessant. ;)

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:42 am
by GreyGhostGear
Frikkie, ek ook nie, tot hulle nou die aand die Wereld koppie groep aankondig :-X

Nee, hulle is taamlik algemeen en verskil geensins van die gewone Springbok nie. Net die kleur.
Ook nie duurder om te jag by die meeste ouens nie..alhoewel ek het al van plase gehoor waar hulle duurder is.

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:46 am
by Frikkiedbr
Hiehie  ;D goeie een  :D

Ooo ok, dit is goed om te weet. Dankie vir die meer inligting Jagmaar.

Lekker dag verder :)

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:46 am
by BLOK
;D ;D ;D ;D ;D Aitsa

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Sun Sep 04, 2011 9:47 am
by DawieKotze
Baie mooi ramme daai Jagmaar!! Het jy dalk horinglengtes?

Ek mag verkeerd wees, maar in my ondervinding het die swart springbok oor die algemeen bietjie laer karakas gewig as die gewone een?

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Sun Sep 04, 2011 10:21 am
by Christo
madako wrote:
Ek mag verkeerd wees, maar in my ondervinding het die swart springbok oor die algemeen bietjie laer karakas gewig as die gewone een?
Madako, ek het hulle die eerste keer op Jakkalsdans gesien en daar was hulle duidelik groter as gewone Springbokke. Hulle was ook volgens Nicolia (spelling) meer dominant en het die gewone Springbok ramme verjaag.

Op 'n geleentheid hulle ook gesien by Murruysburg en daar was hulle size nie so groot soos die eerstes nie. Hulle was maar dieselfde as die gewones gewees. Hulle lyk inpressive baar in die veld maar hulle foto's steek maar af by 'n gewone Springbok.

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Sun Sep 04, 2011 2:25 pm
by Ponkie
Jagmaar

Baie netjiese swart springbokke! Ek moes gisteraand paar springbokke uitskiet vir 'n boer in die distrik. (Boer ook in die karoo)
Het nou ongelukkig nie fotos van die ramme geneem nie, hulle het almal breinskote gehad, so dis maar nie mooi nie, maar van die ramme het afgeslag 30kg geweeg. Vir die karoo is dit vir my besonders goed!

Mooi gegooi
Ponkie

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Mon Sep 05, 2011 12:08 pm
by GreyGhostGear
hi Madako,

In my ondervinding kon ek nog nooit 'n verskil in grootte of karkas gewig agterkom tussen swart en gewone Springbokke nie. Ek het ook nie die horing lengtes gemeet nie.

Christo,

Ek stem saam met jou, ek verkies ook 'n gewone Springbok en hulle is vir my nogsteeds mooier as swart/wit/koper.

Ponkie,

Sjoe, daai is groot jong! 30kg, is dit vel en kop af en binnegoed uit. Rondom Beaufort dink ek average groot ramme seker 22-25kg as ek so die laaste 4 jaar vat.
Groete

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Mon Sep 05, 2011 1:00 pm
by Lourens
Mooi gedoen Jagmaar!!

Groete,
Lourens

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Wed Sep 14, 2011 10:18 pm
by Ponkie
Jagmaar

Hier is 'n paar van die laaste keer se ramme wat ons op daardie selfde plaas geskiet het. Hierdie ramme was bietjie ligter en het afgeslag 23kg gemiddeld geweeg.
Jammer vir die swak kwaliteit van die foto, ons het na sononder by die huis gekom.
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04329.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04327.jpg[/img]

Groetnis
Ponkie

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 15, 2011 7:46 am
by BLOK
Ponkie was jy op skool? ???

Ek het geleer n paar is twee, paar skoene, steenbok paar volstruis paar ens. Hierdie is k@kken baie nie n paar nie ;D ;D ;D

Mooi klompie ramme

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 15, 2011 11:02 am
by Monrique (SJ)
Blok


Dis net so 35 of so wat daar le. ;D ;D ;D ;D


Groetnis

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Thu Sep 15, 2011 12:45 pm
by Ponkie
SJ

Haha! Nee ons het 35 die laaste week daar afgehaal, maar hierdie was net 13 ramme wat ons die naweek afgehaal het.

Groetnis
Ponkie

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Sun Oct 02, 2011 8:42 am
by BLOUVALKIE
oom Jagmaar

mooi gedoen daar

groete

Re: so paar Karoo Springbokke..

Posted: Sun Oct 02, 2011 7:11 pm
by theedge
Netjies