Page 1 of 4

Raven se jagfotos

Posted: Wed Sep 02, 2009 7:36 pm
by Raven
Image

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Wed Sep 02, 2009 7:52 pm
by Raven
Ek trek hulle plat met my CZ 300WinMag

Image

Die blesbokkie laas jaar geskiet, darem 'n kopskoot. Daai .270 VOERE het ek ge erf by PA. 30 jaar oud al.

Image


Junie maand se springbokke, .270 het darem nou 'n LYNX PRO3 2.5-10x56IR gekry vir sy jare van goeie diens
Image

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Thu Sep 03, 2009 12:04 am
by boeta
Raven

mooi bokke ;)

Daai bakkie se kleur is ook 100% vir nag roep

Boeta

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Fri Sep 04, 2009 8:01 pm
by Janjak
Raven
mooi bokke en ek hou van jou kaliber (300).
Met watse kaliber gooi jy die jakkalse?

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Mon Sep 07, 2009 9:00 am
by Raven
Janjak,
Sorry man ek sien hou eers jou boodskap..

Ek het 'n .270 ge-erf by my PA, kyk op die foto waar ek die blesbok en springbokkies gejag het.
Die geweer is al 30 jaar oud, maar hy gooi nog sy lood reguit. Ek moet se my PA het seker 3 jaar met 'n pakkie 20 patrone rondgeloop. Hy het nooit geglo aan baie jag of skiet. SO toe ek begin jakkals jag, was die erf stuk my eerste gedagte vir silencer en goeie scope.

Ek moet nou eers my FX3 by Francois Marais koop, dan weer geld spaar vir Tikka3 Super varminter.
Ek herlaai ook nie my patrone nie, skiet maar nog altyd met ProAmm al die jare.
My gewere:
.270 Voere met Lynx Pro3 2.5-10x56IR(jakkals, springbok, blesbok ens)
.300 CZ met Swarofski 6x42(gemsbok, kudu...groot wild)
12 gauge Franchi pump action( Ek het al 'n jong kudu bul op 50 meter plat getrek met 'n slug...pure geluk skoot sou ek se)

Groete Raven

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Tue Jun 08, 2010 10:07 am
by Raven
Ek sit sommer hier by. Dit was die naweek met buitelandse jagter. Na vele gesukkel.

Image

Image

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Wed Jul 14, 2010 5:30 pm
by Raven
Ek sit sommer hier by!!
Vanaand hang ek my biltong op, die jagtog het 15 bokke gelewer na vele gesukkel. Die wind was bietjie onsmaaklik en die bokke wild.

Image


Groete Raven

Re: My Jagtrippie vroer die jaar

Posted: Wed Jul 14, 2010 6:28 pm
by frinam
Mooi bokkies Raven, wind was maar rof hier ook. Mooi week, glo weer erge koue op pad, gaan gou vanaand kyk of ek nie 'n jakkie of wat kan kry voor ergste koue weer hier is nie. Groete-Frinam

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 3:20 pm
by Raven
Ons het die naweek 4 bulle uitgehaal, hier is een van hulle, baie ou Bul.

[img width=560 height=373]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... /OuBul.jpg[/img]

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 4:02 pm
by Arnold
Jislaaik maar daai springbokke lyk mooi ... wat slag hulle uit?

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 4:03 pm
by Jagtersdok
Eish Raves

Jou lekwa deng.

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 4:28 pm
by Jaco Swart
Raves.

Daai is regtig 'n ou bul.

Waar is daai Springbokke gejag?

Groetnis

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 5:59 pm
by Raven
Armold/Jaco,

Die springbokke was laasjaar naby Dordabis se wereld hier in NAM geskiet, so gemiddeld 30kg as ek reg onthou.

Die bok met die buitelandse jagter was by my, en het 28kg uitgeslag as ek reg kan onthou.

Raves

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 23, 2011 7:39 pm
by Arnold
Sjoe ...  :o

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Jun 07, 2011 9:56 am
by Raven
Hier is 'n paar fotos van ons jag die naweek.

Ons het van die grootste Koedoebulle nog ooit gesien, maar nie op hulle geskiet nie, slegs 'n jong koedoebul en koei.
Die groot bulle was min, en ons jag vir biltong vleis, so die jong bulle en verse se vleis is tog lekkerder.

Ralph se GemsbokBul - 80m ver - skoot deur die oog.

Image

Die springbok het ek die nekvelle gesny en Ralph het opgevolg met nog 'n mooi nekskoot.

Image
Image

Die springbok het ek op so 450m gekry
Image

En dis my Springbok wat op 800m geval het, met my Swarov se Ballistic Turrets kon ek net tot 600m opstel, die res moes ek byskat .
Image

Raves

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Jun 07, 2011 1:49 pm
by Rooies
En dis my Springbok wat op 800m geval het

BREGGATT... Skiet net so ver soos jy met n visstok gooi, lyk my. :o :o

groete
reds

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Jun 07, 2011 2:47 pm
by Raven
Reds  ;D  ;D

Eintlik meer geluk as enigiets anders, sal dit nie gou weer probeer nie, maar dit wakker nogals iets binne 'n man aan om bietjie die lang afstande te oefen op papierbokke en meer in diepte dit te bestudeer.

Ek het die meeste gesukkel met asemhaling, voor ek die skoot kon afdruk.
Dink ook om verstellings of 'n beter sneller vir my Tikka te kry.

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Jun 07, 2011 3:11 pm
by shabba
Hi Raven

Die veld en bokke is in n mooi kondisie aai bly maar n mooi wereld daar by julle

Re: Raven se jagfotos

Posted: Fri Jun 10, 2011 9:07 am
by Ralph
Ek kon self nie geglo het toe die skoot klap en die bok val. Norton het nog gedink dis dalk 'n blad hou maar ek het geweet dit kon nie wees omdat die bok onmiddelik geval het.

Weereens Norton, geluk! Dit doen mens nie aldag nie.

Re: Raven se jagfotos

Posted: Fri Jun 10, 2011 9:22 am
by Ralph
Norton

Ek dink daai gemsbok was so 50m ver en ek het vryhand geskiet.

Ralph

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Jun 15, 2011 10:46 am
by PITSMIT
raven

met watter kaliber het jy geskiet jou 300 of 270

dis n bef@kte skoot maak nie saak wat jy se van geluk nie

mooi geskiet my maat

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Jun 15, 2011 5:09 pm
by Raven
Pitta,

Dankie ou maat, ek het geskiet met my Tikka T3 Varminter 25-06.

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Thu Jun 23, 2011 5:57 pm
by .::Alwyn-U::.
so ja! mooi gegooi

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon Aug 22, 2011 2:41 pm
by Raven
Bradley het my die naweek genooi vir 'n springbokjag, die wind was rof, maar ek kon darem 2 bokkies plat kry.
Saterdagaand het ons afgerond met 2 Jackoltjies. Bradley het 'n lekka ou Teef geskiet, sal nog later fotos by OTAV bysit, ek het die kamera vergeet in plaasbakkie  :P

Dankie Bradley dit was 'n lekker naweek.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 011160.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 011162.jpg[/img]

Raves

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Aug 23, 2011 3:34 pm
by DawieKotze
Baie netjies Raven! Mooi bokke - net in Duits Wes!

As ek mag vra - hoekom haal julle nie die pense in die veld uit nie?