Page 1 of 2

Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Thu Sep 03, 2009 4:29 pm
by Louis102
[align=center]Doelwitte / Die Pad Vorentoe[/align]


Lede van die Register

Vergewe die voorbaarigheid en langdradigheid, maar ek wil graag hierdie punt vir bespreking inlei (as die manne met name in DIK blou letters my sal toelaat)  Ter wille van Freek sal ek so bietjie beeldspraak gebruik om my beter uit te druk.  Ek sien die ding so:  Hierdie register is eerder die voertuig as die eindbestemming.  Ons het nou op hom geklim, sonder dat ons mooi weet waarheen hy ons sal vat.  Ek glo elkeen het ?n idee waarheen hy dink die ding moet gaan of ?n behoefte wat hy graag verwesentlik wil h?.  Dit is wat ek dink ons moet onder hierdie topic bespreek, asseblief.  Waarheen gehasie?

Eerstens wil ek by julle weet of ?n voorstel dat Taffie agter die stuurwiel inklim oraait is met julle?  M.a.w. kom ons maak hom die voorsitter.  Vergaderings het mos so iets nodig.  Aangesien dit sy inisiatief was, moet hy maar agter die stokke inklim vir die eerste skof ten minste.  Dan het ons ?n paar wyse manne nodig vir navigators (die bestuur).  Miskien moet ou Tafjak sommer so paar bymekaar skraap vir die begin ? hy ken die manne mos redelik.  Dis nou sodat ons net eers voertuig (sal dit ?n Landrover of Toyota wees Taffie?) aan die gang kan kry.  So op die pad sal daar mos genoeg tyd wees om ?n behoorlike bestuur te kies, of hoe?

Dan sal ek graag wil sien dat ons onder hierdie topic vir die volgende week of so, elkeen vir Tafjak en sy Raad van wyse manne sal s? waarheen hierdie lorrietjie waarop ons sit nou moet loop.  Want sien, as hy net hier gaan bly staan kan ons maar net sowel afklim, of hoe?  Dink ?n bietjie diep en innoverend wat ons kan alles kan vermag as ons aan die beweeg raak.  Doelwitte, visie, mikpunte, modus operandi, noem dit wat jy wil, maar aan die gang moet ons kom en waarheen hy moet loop sal Tafjak en sy Raad van Wyse Manne seker graag wil weet.

Dan is daar die klein probleempie van brandstof wat die lorrietjie gaan gebruik.  Ons kan seker nie ?rens heen ry as ons nie brandstof in die tenk het nie?  Aan die ander kant moet ons ook eers weet waarheen ons wil ry voordat ons sal weet hoeveel brandstof om in te gooi, of hoe?  In my opinie moet die roete vir die kort en medium termyn eers bepaal word sodat ons kan weet hoeveel geld vir brandstof (indien enige) nodig is.  Dan kan man mos beter begroot.  Dalk is die roete in die begin so skerp afdraende dat geld vir brandstof nie onmiddelik nodig is nie.  Of miskien kan iemand ?n hupstootjie verleen sodat die lorretjie momentum kan kry?

Wat ons dus hier bespreek is:
  • Voorsitter - Tafjak?
  • Bestuur - Is 'n verkiesing nou nodig of sal Tafjak vir die intrim die wyse manne inspan soos en wanneer benodig
  • Doelwitte, mikpunte, visie, werkswyse
  • Watter waarde kan die register vir my as lid inhou?  Wat is dit wat ons moet vermag om die ding te maak werk?
Laat die gedagtes inkom asb. menere.  Laat ons die lorrie opstart en op koers kry.  O ja, en vergewe my as ek uit orde is - hopelik sien julle dat die bedoeling goed is.

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Thu Sep 03, 2009 5:27 pm
by Louis102
Om die wiel aan die rol te sit wil ek die volgende gedagte in julle midde laat:

Een van die grootste voordele wat die Register vir die lede kan inhou is as dit goed bekend word aan die kleinvee boere landwyd, dat dit die plek is om 'n spesailis roofdierjagter op te spoor.  M.a.w. as 'n boer probleme met roofdiere het, weet hy waar om aan te klop om 'n jagter te kry wat aan 'n sekere minimum standaard voldoen.  Hiervoor sal daar in my opinie 'n geringe tot ernstige mate van slim bemarking moet plaasvind.

Indien Landbou Unies / Boereverenigings / boere kan inkoop in die idee dat Roofdierjagters aan sekere minimum standaarde moet voldoen om 'n meer professionele diens / waarde vir geld te lewer, het die Register doodseker 'n sekere mate van bemarkbaarheid wat inherent deel is van hom.  Ek is seker hier is 'n paar slimmer manne as ek wat aan voorstelle kan dink hoe om hiermee te werk te gaan.  Hoe kry ons die boodskap by die Kleinvee Produsent uit?  Ek dink:

Eerstens sal sekere mense getaak moet word om met 'n paar meningvormers in die Kleinvee Produsente geledere te begin gesels en saadjies te plant. 

Tweedens kan Lede van die Register 'n "Flyer" (wat laat druk is) aan relevante boereverenigings bekend gestel?  Ek sou dink dat dit vir 'n begin nie te slegte idee is nie.  Hierdeur kan die kritieke informasie vinnig en direk versprei word.  Kan die bestuur / wyse manne nie getaak word om 'n koste beraming vir so iets doen nie?  Wie wil en kan so 'n slim "flyer" ontwerp?

Derdens kan ons vir elke lid van die register sowel as vriende van die register vra om die boodskap uit te dra en om die positiwe beeld van die register te bevorder.  Aan die einde van die dag sal "word of mouth" in elk geval die beste bemarking wees waaraan ons kan dink.

So dink ek, maar help asb. manne, laat die idees vloei.  Ek is seker dat in ons geledere daar kundige manne op hierdie gebied is.  Ek sal graag wil sien dat die register aan die einde van die dag 'n finansie?le voordeel vir die lede sowel as vir die boerdery gemeenskap inhou.

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Fri Sep 04, 2009 11:56 pm
by tafjak
Ek sien ek is nog net voorgestel as voorsitter en nog nie gesekondeer en verkies nie. As ek verkies word sal dit die eerste voorsitter joppie wees in my lewe. Julle sal egter moet help en sal dit na die beste van my vermo? doen.

Ok, nou by die belangrikste deel van die bespreking naamlik die doelwitte, werkswyses en visie.

Ek sou graag die Lede wil sien as 'n span, lojaal teenoor mekaar en kli?nte, streef na die hoogste standaard van jag en uitrusting(betroubaarheid), beste moontlike dienslewering en eerlikheid.

Werkswyses moet julle my mee help, maar dink dat die idee is dat ons(lede) moet optree in die sin dat fooie, jagtye en verwagting(wat benodig word deur die jagter) aan kli?nte redelik eenvormig(sov?r moontlik) behoort te wees. Probeer om 'n kli?ntebasis te bou en as die area groot genoeg is, dan te konsentreer op net die gebied. Moenie te veel rondspring agter jakkalsgetalle aan nie. Die area sal later heelwat minder jakkalse en katte h? en dan kan omdat meer tyd aan jou kant sal wees, ander kli?nte bedien en miskien die gebied groter maak. Hou die gebied/area dig, nie die hele land vol nie. Dit gee jou net meer tyd om te jag en jaag nie net bakkies stukkend nie. Ek besef dat daar jagters is wat al lank(10jaar en langer) jag en daar is manne wat nie so lank jag nie, maar kan daar tog 'n tipe van eenvormigheid gekweek word. Daar is iets te leer van elke jagter, glo my. Ek is van die groot sondebokke as ek so na my eie skrywe kyk.

Doelwitte vir die span sou ek reken om sou gou moontlik mekaar te leer ken(by wyse van telefoon of iets gelyk) en so sal almal mekaar se grille en geite ken. Jy sal nie glo wat jy wys kan word met 'n foon oproepie nie of even 'n persoonlike boodskap op die forum!


Laat weet van julle idees.

Taffie
N.S. Jakes jy moet maar die byeenkoms begin re?l, lyk na 'n uitgemaakte sakie as ek die storie so kyk.

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sat Sep 05, 2009 11:55 am
by boeta
Sekondeer Oom Louis se voorstel

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sat Sep 05, 2009 10:48 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak / almal
tafjak wrote:...Werkswyses moet julle my mee help... ...Probeer om 'n kli?ntebasis te bou en as die area groot genoeg is, dan te konsentreer op net die gebied. Moenie te veel rondspring agter jakkalsgetalle aan nie. Die area sal later heelwat minder jakkalse en katte h? en dan kan omdat meer tyd aan jou kant sal wees, ander kli?nte bedien en miskien die gebied groter maak. Hou die gebied/area dig, nie die hele land vol nie. Dit gee jou net meer tyd om te jag en jaag nie net bakkies stukkend nie. Ek besef dat daar jagters is wat al lank(10jaar en langer) jag en daar is manne wat nie so lank jag nie, maar kan daar tog 'n tipe van eenvormigheid gekweek word.
Stem grootliks saam. Die oogmerk moet wees om (teen 'n ooreengkome vergoeding) die skade vir die kli?nt te verminder (oor tyd). Die basis waarop vergoeding bepaal word, mag deels op roofdiergetalle berus, maar verkieslik moet 'n ander wyse bedink word hoe "sukses" bepaal kan word. Laasgenoemde moet vir beide partye (jagter en kli?nt) aanvaarbaar wees. Dit is belangrik dat die jagters almal sover moontlik dieselfde norme nastreef. Leer by mekaar en ondersteun mekaar!

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sat Sep 05, 2009 11:24 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...die plek is om 'n spesailis roofdierjagter op te spoor...  ...'n boer probleme met roofdiere het, weet hy waar om aan te klop om 'n jagter te kry wat aan 'n sekere minimum standaard voldoen...  ...Aan die einde van die dag sal "word of mouth" in elk geval die beste bemarking wees waaraan ons kan dink.

...die register aan die einde van die dag 'n finansie?le voordeel vir die lede sowel as vir die boerdery gemeenskap inhou.
Die "word of mouth" sal uiteindelik die beste advertensie vir gehalte diens wees.

Daar moet gewaak word om nie bloot getalle na te jaag nie, maar eerder in 'n gebied (wat prakties hanteerbaar is en wat deeglik geken word) te vestig waar die impak op veeboerdery oor tyd wesentlik vir die kli?nte verminder word.

[kyk ook my antwoord elders aan Tafjak]

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:29 am
by Louis102
Ambessa wrote: Daar moet gewaak word om nie bloot getalle na te jaag nie, maar eerder in 'n gebied (wat prakties hanteerbaar is en wat deeglik geken word) te vestig waar die impak op veeboerdery oor tyd wesentlik vir die kli?nte verminder word.
Ambessa

Is dit egter in die praktyk haalbaar?  Ek hoor wat jy en Tafjak s? t.o.v. getalle najaag maar wil graag 'n paar gedagtes by julle toets. 

Sal dit vir 'n jagter ekonomies lewensvatbaar wees om slegs opvolgwerk by 'n boer te doen as die groter deel van sy probleem uitgeskakel is?  Miskien bly daar net een of twee moeilike jakkalse oor wat baie tyd en moeite verg om uit te haal.  Watter jagter sal dan nie eerder (om ekonomiese redes) op 'n plaas gaan jag waar hy verseker is van goeie sukses nie?

Dit bring my by Tafjak se punt van 'n eenvormige prys vir jagters op die Register.  Vir my is hierdie 'n taai toffie met meer as een regte antwoord. Ek dink (help my reg as ek ek iets miskyk) dat dit kan werk vir iets soos reiskoste, miskien.  'n Eenvormige prys per kop (jakkals doodgemaak) is volgens my dalk nie heeltemal die roete om te gaan nie.  Dit gaan juis getalle jaag aanmoedig, wat geensins ideaal is vir die groter prentjie nie.  Ek sal so 'n eenvormige prysstelsel ook nie as prioriteit bestempel nie, alhoewel ek die rede vir die gedagte gang en wat Tafjak daarmee wil bereik, kan raai, dink ek.  Is die rede vir jou denkrigting die volgende Tafjak:  Sodat jagters op vernuf kompiteer vir die klant se guns, eerder as om met goedkoper pryse mekaar te ondersny en sodoende die markprys af te druk?

My onsekerheid oor 'n vasgestelde prysstelsel spruit uit die volgende voorbeelde: 

Gestel ek is 'n jagter wat spesialiseer daarin om probleem jakkalse uit te haal en my dienste is meer volledig/tydsaam as net 'n roetine/normale "roep en skiet".  Dit sluit bv. heelwat spoorsny gedurende die dag in, ook die stel van slagysters/ hokke en/of 'n moeilike dagroep prosedure in.  Die proses is dus baie meer tydsaam en intensief.  Gepaardgaande hiermee is my kanse op sukses is baie kleiner omdat die teiken reeds te slim is.  Ek voel dat jy nie so 'n jagter kan beperk tot 'n vasgestelde prys nie.

[align=center]of[/align]

Ek jag by 'n boer wat se plaas regtig onherbergsaam is.  Die slytasie en breekskade risiko's op so 'n plaas is wesentlik ho?r.  Hier glo ek weereens dat 'n jagter nie verbind kan word tot 'n vasgestelde prys nie.

[align=center]of[/align]

Die boer doen sy huiswerk t.o.v. spore, kerngebiede ens. 100% voor die tyd.  Verder gee hy jou eksklusiwiteit as jagter op sy plaas.  Groot sukses is omtrent verseker.  Weereens dink ek dat die oordeel in hierdie situasue aan die jagter oorgelaat moet word om miskien die aan te moedig vir sy goeie samewerking met 'n effe beter prys.


Uit die bo-staande voorbeelde het ek probeer illustreer dat, afhangend van die situasie, daar tog rede vir 'n prys differensiasie mag wees.  Dit bring my tot die slotsom dat 'n prys aanbeveling, eerder as 'n prys vasstelling, dalk die roete lede van vir die Register mag wees.  Ek hoor graag wat julle s?

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 11:10 am
by tafjak
Louis
Is dit egter in die praktyk haalbaar?  Ek hoor wat jy en Tafjak s? t.o.v. getalle najaag maar wil graag 'n paar gedagtes by julle toets. 

Sal dit vir 'n jagter ekonomies lewensvatbaar wees om slegs opvolgwerk by 'n boer te doen as die groter deel van sy probleem uitgeskakel is?
... ja, dit is haalbaar as die "billing" reg toegepas word. M.a.w. die groep kli?nte betaal dan 'n fooi/versekering dat na die werk gedoen is, om die area dan "boerbaar" te hou. Daar sal tog tye beskikbaar wees om wyer te werk en tog "getalle" te skiet. Die idee is om program vir die gebied daar te stel en streng daarvolgens te werk byvoorbeeld; jaggebied/kli?nte groep se grond van 150 000 hetaar word vir sekere afgespreekte tye per jaar gejag om beheer toe te pas en onder beheer te hou. Die gebiede wat dan tot 3 sulke kli?nte groepe mag wees sal dan die inkomste van die jagter verseker om dan so ook die jagter te ondersteun in die meilike tye. Wen-wen situasie.

Taffie

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 11:34 am
by tafjak
Louis

Jammer dat ek nuwe pos skep vir elke punt, dit help my net om beter te antwoord en te dink.
Dit bring my by Tafjak se punt van 'n eenvormige prys vir jagters op die Register.  Vir my is hierdie 'n taai toffie met meer as een regte antwoord. Ek dink (help my reg as ek ek iets miskyk) dat dit kan werk vir iets soos reiskoste, miskien
...ek glo nie die prys per kop, per kilometer en jagfooi sal dieselfde in alle gevalle wees nie, maar dat daar tog 'n prys per kop, prys per kilometer en nagfooi gevra word. Nie net betaal vir jakkalse geskiet of net jagfooi nie. Dit sal die stelsel tog eenvormig hou as die kli?nte weet hulle betaal 'n fooi vir kliometers, jakkalse geskiet en jagfooie.

Ek sien waarheen jy werk en ek glo nogal daarin ook. Die area in die land waar boerdery lyne geskommel word(vee vreet ge-oeste lande of waar van graan oorgeskakel word na kleinvee ens.) is jakkalse volop en nog nie regtig gejag nie. Probleme is dan natuurlik aan die orde van die dag en om dan daardie boere met 'n fooi te faktuur gelykstaande aan boere wat jare al jakkalse en katte jag sal onredelik wees totdat gebied/plaas onder beheer is. Ek glo daarin om daardie kli?nte per geval te hanteer en dan teen ooreengekomste pryse te jag. Maak net seker dat almal verstaan met die aanvang van die beheerpoging wat dit alles behels en die pad vorentoe daarvandaan.

Taffie

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 11:51 am
by Louis102
tafjak wrote: Louis
Is dit egter in die praktyk haalbaar?  Ek hoor wat jy en Tafjak s? t.o.v. getalle najaag maar wil graag 'n paar gedagtes by julle toets. 

Sal dit vir 'n jagter ekonomies lewensvatbaar wees om slegs opvolgwerk by 'n boer te doen as die groter deel van sy probleem uitgeskakel is?
... ja, dit is haalbaar as die "billing" reg toegepas word. M.a.w. die groep kli?nte betaal dan 'n fooi/versekering dat na die werk gedoen is, om die area dan "boerbaar" te hou.
Taffie

Dankie, verstaan nou beter.  Jou manier van dink ondersteun ek, dis die kersie op die koek, jy is alreeds weer verder gevorderd in jou planne as ek.  Is jy naby daaraan om met jou huidige klante oor te skakel na so 'n stelsel?  Het jy al so 'n tipe stelsel by hulle getoets en indien wel, hoe te vinde is hulle daarvoor?  Wil jy hierdie jagter nog steeds beperk tot 'n vasgestelde fooi-stelsel? (sien jy het sopas gedeeltelik geantwoord)

Ek en Jakkie 735 het nog 'n bietjie oortuigings werk om te doen sodat die "full volume Hi-Fi op die dak, Brandewyn en Coke, doen dit vir die fun"-tipe jagte uitgeskakel kan word.  Geloofwaardigheid word mos oor 'n tydperk verdien en ons is nog maar in die kinderskoene van die proses.  Ek dink egter meer en meer boere begin egter nou die voordele sien, alhoewel ek suksesse soms gemeng is weens wanpraktyke van die verlede.

Louis

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 12:05 pm
by tafjak
Louis
Ek en Jakkie 735 het nog 'n bietjie oortuigings werk om te doen sodat die "full volume Hi-Fi op die dak, Brandewyn en Coke, doen dit vir die fun"-tipe jagte uitgeskakel kan word.
... daarvoor is die "Jagfooi" daar. As die kli?nt sy grond op pas, sal die jagfooi net daar wees vir info doeleindes, m.a.w. die jakkals sal deur 'n bekwame jagter geskiet word. As ek die jakkals misskiet, verbeur ek (jagter) die jagfooi. Verduidelik ook aan die kli?nt hoekom hy nie die jagfooi moet betaal nie as jy die jakkals mis geskiet het, dit help ook dat ek nie wille skote na jakkalse behoort te skiet nie.

Taffie

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 7:25 pm
by tafjak
Kruger

Ek sien jy lees die topic mooi, kan nie wag vir jou insette nie. Weet dat opbouende insette sal wees.

Groete

Taffie

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 9:46 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Is dit egter in die praktyk haalbaar?  Ek hoor wat jy en Tafjak s? t.o.v. getalle najaag maar wil graag 'n paar gedagtes by julle toets.
Baie geldige vrae wat jy stel.

Die groep behoort 'n stel riglyne te skep wat as basis kan dien sodat die voorbeelde wat jy genoem het (en dalk nog meer) almal gedek word. Dit sal nodig wees om groot samehorigheid binne die groep te verseker.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:06 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak / Louis102
tafjak wrote:...as die "billing" reg toegepas word. M.a.w. die groep kli?nte betaal dan 'n fooi/versekering dat na die werk gedoen is, om die area dan "boerbaar" te hou. Daar sal tog tye beskikbaar wees om wyer te werk en tog "getalle" te skiet...  ...150 000 hetaar word vir sekere afgespreekte tye per jaar gejag om beheer toe te pas en onder beheer te hou. Die gebiede wat dan tot 3 sulke kli?nte groepe mag wees sal dan die inkomste van die jagter verseker om dan so ook die jagter te ondersteun in die meilike tye. Wen-wen situasie.
Goed gestel. Die groter "werk" is om in 'n gebied (per vaste ooreenkoms met 'n groep kli?nte) die impak so laag as moontlik (natuurlik binne realistiese perke) te hou. Die stelsel laat toe om nog op ad hoc versoeke vir vinnige beheer elders te reageer.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:11 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak / Louis102
tafjak wrote:...glo daarin om daardie kli?nte per geval te hanteer en dan teen ooreengekomste pryse te jag. Maak net seker dat almal verstaan met die aanvang van die beheerpoging wat dit alles behels en die pad vorentoe daarvandaan.
Dit (my onderstreep) is die kruks van die saak. Die groep kan baie meewerk om hierdie beginsel onder die boerevolk te vestig.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:16 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Dankie, verstaan nou beter...  ...Ek en Jakkie 735 het nog 'n bietjie oortuigings werk om te doen sodat die "full volume Hi-Fi op die dak, Brandewyn en Coke, doen dit vir die fun"-tipe jagte uitgeskakel kan word.  Geloofwaardigheid word mos oor 'n tydperk verdien en ons is nog maar in die kinderskoene van die proses.  Ek dink egter meer en meer boere begin egter nou die voordele sien, alhoewel ek suksesse soms gemeng is weens wanpraktyke van die verlede.
Net so. Dit is op die weg van hierdie groep 'n goeie beeld te vestig en daadwerklik die swakhede van die verlede ongedaan te maak en verhoed dat dit weer gedoen word.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:20 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
tafjak wrote:...As die kli?nt sy grond op pas, sal die jagfooi net daar wees vir info doeleindes, m.a.w. die jakkals sal deur 'n bekwame jagter geskiet word. As ek die jakkals misskiet, verbeur ek (jagter) die jagfooi. Verduidelik ook aan die kli?nt hoekom hy nie die jagfooi moet betaal nie as jy die jakkals mis geskiet het, dit help ook dat ek nie wille skote na jakkalse behoort te skiet nie.
Wyse woorde! Die begrip behoort baie wyer toegepas te word.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 10:28 pm
by Louis102
Ambessa
Ambessa wrote: ...Die groep behoort 'n stel riglyne te skep wat as basis kan dien sodat die voorbeelde wat jy genoem het (en dalk nog meer) almal gedek word. Dit sal nodig wees om groot samehorigheid binne die groep te verseker....
My opinie is dat ons gaan vasdraai as ons te veel "riglyne" te probeer skep, alhoewel "riglyn" vir my klaar 'n beter woord as "re?l" is.  Samehorigheid gaan nie deur riglyne t.o.v. hoe en wat op jou rekening aan die kli?nt staan, bevorder word nie.  Deur manne se vryheid in hierdie verband te veel in te perk, mag ons juis die teenoorgestelde van samehorigheid bewerkstellig.

Ambessa gebruik die regte woord.  "Samehorigheid" is die presiese woord wat op hierdie stadium belangrik is in proses vorentoe.  Ons moet uitvind en definieer wat presies is dit wat ons "saam laat behoort" aan hierdie Register en daarop voortbou en konsentreer.  As ek moet s? is daar 'n groot gevaar/moontlikheid om fokus te verloor en in 'n klomp rompslomp betrokke te raak.  Ek dink ons moet daarteen waak.

Tafjak se verduideliking maak sin.  Dit is 'n ideaal waarheen ons kan werk.

So dink ek.
Louis    

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Sun Sep 06, 2009 11:01 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...dat ons gaan vasdraai as ons te veel "riglyne" te probeer skep, alhoewel "riglyn" vir my klaar 'n beter woord as "re?l" is...  ..."Samehorigheid" is die presiese woord wat op hierdie stadium belangrik is in proses vorentoe.  Ons moet uitvind en definieer wat presies is dit wat ons "saam laat behoort" aan hierdie Register en daarop voortbou en konsentreer.  As ek moet s? is daar 'n groot gevaar/moontlikheid om fokus te verloor en in 'n klomp rompslomp betrokke te raak.  Ek dink ons moet daarteen waak.
Korrek. Die aanslag moet beslis "lean and mean" wees om te werk. Hou so aan. Trim die onnodige goeters af - al is dit net om die regte woordkeuses te maak.

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Mon Sep 07, 2009 9:35 am
by JACQUES BOTHA
Mr. T
Dalk kan ons n tipe vorm dokument opstel met n omvattende inhoud waar alles uiteengesiot word
nl brandstof (per km)  , jagfooi, jakkalsfooi, rooikatfooi,luiperd(die wat nie aaan die landmarkfoundation se gps gekoppel is nie) ,
die voorwaardes, datum waarop jag  begin en eindig, verblyf, advies(noemdit eerder konsultasie fooi) klink meer prof. ens.
Ek weet motor tegnikus werk per uur, plumber werk per uur (met uitroep fooi) ens.
EK wonder of n per uur tarief lewensvatbaar is al dan nie of moet ons settle by n nagtarief ( wat intree as niks gehoor gesien of geskiet word nie al dan nie).
voorbeeld:

Sakkie bel verlede week en ek se hom ek ry vanaand boshoff toe na dr x se plaas, Hy se sterkte hy was al daar en niks gesien of gehoor nie,Onmiddelik wil ek nie eers gaan nie, maar n man se woord is jou woord...Dalk skrop ek iets uit.....Heel nag boggerol nie n geluid nie, nie n oog nie...Die oggend voor ek terugkom se die seun die buruman het hom gese hy het 3 geskiet op hulle grond, die dr kom net sommige naweke daar en die burman en sy seuns het vrye toegand soontoe.. en heerlik rond daar in die nag....op soek na "jakkalse" Ek kon dit sien toe my lig op n mooi springbok ram val en hy dadelik op volspoed is en ek vra of dit trekbokke is en die seun se nee sy pa het hulle ingekoop n paar jaar terug en hulle skiet nog nie op hulle nie ..Sakkie se opmerking  dit voel of mens in iemand anders se stof skiet sny soos n lem deur my gedagtes....Dankbaar vir die jagfooi....maar besef ek moes liewer n konsultant gewees het en net konsultasie gedoen het vir dieselfde geld en minder werk.
Ma MR. T ons nuwe en eerste VOORSITTER...DIS N TAAIMAAI ISSUE.. Hoe gaan ons dit hanteer?
Sterkte en geluk aan ons eerste voorsitter...

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Mon Sep 07, 2009 10:19 am
by Ambessa
Hallo Jacques
JACQUES wrote:...die dr kom net sommige naweke daar en die burman en sy seuns het vrye toegand soontoe.. en heerlik rond daar in die nag....op soek na "jakkalse" Ek kon dit sien toe my lig op n mooi springbok ram val en hy dadelik op volspoed is en ek vra of dit trekbokke is en die seun se nee sy pa het hulle ingekoop n paar jaar terug en hulle skiet nog nie op hulle nie ..Sakkie se opmerking  dit voel of mens in iemand anders se stof skiet sny soos n lem deur my gedagtes....Dankbaar vir die jagfooi....maar besef ek moes liewer n konsultant gewees het en net konsultasie gedoen het vir dieselfde geld en minder werk...  ...Hoe gaan ons dit hanteer?
Dit bly 'n tammeletjie. Hoe kan hierdie "sports" gestop of dan net baie verminder word? Ek glo dit is wat CN met hulle permitte beoog?

Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Mon Sep 07, 2009 5:05 pm
by katjak
Manne.   As jy vir die boer se seuns s? hulle jaag aan en hulle s? dan vir jou " dit is ons grond en hier maak ons wat ons wil", wees gewaarsku. As die boer dan nog bel en vra jy moet help en wanneer jy niks kry nie s? jy is vrek sleg. boetie ,,,,,, laat ek liewer stilbly. Praat help niks. die manne is super slim. As jy wel die jakkie se ogie op 300m optel , is hy klaar op volspoed weg van jou af. Van nou af weier ek onmiddelik as hy bel en vra hom vir wat soek hy nou weer die sleg ou. Jammer ek stel nie belang nie. die man is al moedeloos gevreet. Ongelukkig is dit die bure wat lei want "slim" jakkie eet nou by hulle. hoe nou gemaak.       Japie

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Wed Sep 09, 2009 9:25 am
by Louis102
Jacques
JACQUES wrote: ... tipe vorm dokument opstel met n omvattende inhoud waar alles uiteengesiot word ...
M.a.w. 'n tipe Logboek wat ons sommer kan "Download" hier van die register af.  Met 'n goed ontwerpte logo / briefhoof om dit meer amptelik te maak.  Kan sommer ook dien as 'n kontrak tussen jou en die kli?nt wat details van die transaksie uiteensit in die fynskrif agterop sowel as 'n tipe "Job card" of selfs 'n faktuur kan wees.  Goeie idee.  Weet jy van 'n rekenaar bedrewe persoon met goeie insig wat so iets kan ontwerp?

Nog iets waaraan ek gedink het is 'n eenvormige lidmaatskapskaart / besigheidskaart.  Kan so iets ook oor die forum gedoen sodat dit afgelaai kan word sodat die jagter dit sommer self lamineer?  Net 'n gedagte, want as ons die besigheids kaartjies begin versprei kan dit miskien ook as goeie advertensie dien?  Belangstelling prikkel?  Daarop moet staan dat jy 'n geakrediteerde roofdierjagter van die Jaracal Register is.

Wat my dan bring by die volgende belangrike punt.  Wat is die minimum standaarde waaraan 'n geakrediteerde roofdierjagter op hierdie register aan moet voldoen?  M.a.w. tel 'n skietraam of is net skietsoele aanvaarbaar?  :)  Ens. ens. Jakes.

Hoor graag wat julle s?.

Louis

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Wed Sep 09, 2009 7:13 pm
by Christo
Louis

Op myne moet asseblief iets soos CEO of MD staan. Dan lyk ek dalk ook belangrik, ek sien "boer" issie meer 'n cool titel nie  ;D LOL

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Posted: Wed Sep 09, 2009 7:29 pm
by Louis102
Christo wrote: ... ek sien "boer" issie meer 'n cool titel nie ...
Ek weet darem nie Christo.  Ek dink dan juis dat "Boer" een van die koelste titels wat jy vir my kan gee.  Ek is nogal trots op daai titel.  Maar as jy dan aandring daarop is dit reg so.  In Tafjak se "army" kan jy mos ook titels soos Generaal, Korporaal of Comrade oorweeg - dis nou as as jy hom mooi vra en hy sal seker darem ook verwag dat jy nabehore moet optree?  Comrade Christo - Polities is dit lekker korrek, dit val lekker op die tong en dalk kan dit jou verder vat as MD of CEO.

Hoes daai?
Louis