Page 1 of 1

Wit Split Blesbok

Posted: Tue Aug 15, 2017 10:42 am
by Brno308 jagter
Manne ek het die voorreg gehad om die wit-split Blesbok ram te kom jag in Aliwal Noord, Oos-Kaap. Ek het die ram gejag te voet met my 25-06 Rem gelaai met 110gr Nosler Accubonds. Die skoot was 'n kopskoot en skietafstand was 220m. Die ram het 'n baie unieke vel en alhoewel hy 'n trofee was het ek besluit om 'n skull mount te maak met 'n flat skin van die vel. Die blesbok het 'n hele 40.7kg uitgeslag Wat 'n voorreg om te kan jag!

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Tue Aug 15, 2017 1:46 pm
by koos 2
Baie geluk aan die jagter, iets besonders

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Tue Aug 15, 2017 2:15 pm
by Brno308 jagter
koos 2 wrote:Baie geluk aan die jagter, iets besonders
Baie dankie Koos, dis inderdaad 'n voorreg en die goeie ding van die unieke diere is daar mark het geval so mens tel die bokke nou vir baie goedkoop op om te jag.

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:51 pm
by Bushwack
laat weet maar hoe sy vleis proe... ++>: splits was te duur om te jag en as gevolg daarvan n meer k.k smaak in my mond gelaat... :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:56 pm
by win270
Baie goed gevaar, veral dat jy hom bekruip het en op 220m kopskoot kon gee. Daardie vel is besonders. As ek mag vra, wat was die prys vir daardie bok?

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:59 pm
by Brno308 jagter
win270 wrote:Baie goed gevaar, veral dat jy hom bekruip het en op 220m kopskoot kon gee. Daardie vel is besonders. As ek mag vra, wat was die prys vir daardie bok?
Dankie, ja hulle was vrek wild gewees en ek moes die son en wind mooi gebruik om hulle te bekruip. Ek het R2,00 betaal vir hom. Sy prys was dieselfde as 'n Wit Blesbok. Die boer het my wel ingelig dat die spesifieke bok 2 jaar terug teen R35,000 aangekoop was.. :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 2:53 pm
by Born2Late
Baie goeie prys.....

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 2:56 pm
by Parker
Was daar nie nog teen daardie prys nie?

Re: Wit Split Blesbok

Posted: Wed Aug 16, 2017 3:48 pm
by Brno308 jagter
Sorry manne ek sien nou eers my tik fout, ekt R2,000 betaal vir hom. Die gewone Blesbokke was R1,500 en die Wit bokke R2,000 en toe sĂȘ die Boer ek kan maar daai split kry vir die prys van 'n Wit bok..