Page 1 of 2
Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Tue Aug 15, 2017 9:28 pm
by Ben Remington
Goeie naand...
Ek en pel is gou vinnig vanoggend Kalahari se kant toe...hy wou 'n mooi Kalaharibul skiet. Ons was lekker vroeg in die veld en die veld was vol lewe..die tweespoor sandpaadjies was vol spore van die naglewe wat sopas verby was. Kuduspore van die vorige nag was oral sigbaar by die krippe en ons het twee mooi kuduversies naby die water gekry waar hulle doodstil in die weste skadu van 'n Witgat gestaan het. Kort kort het 'n duiker of twee voor ons opgespring en Neushorings was oral sigbaar op die droë Kameelhoutstompe. Ek het my op 'n stadium verbeel ek sien beweging aan die skadukant van 'n Witgat en toe ek mooi kyk sien ek daar staan 'n mooi bul met sy nek en horings wat laag hang terwyl hy na ons loer en skielik staan daar nog twee bulle...al drie het mooi vertoon , hulle spring toe weg en hardloop toe net so entjie en gaan steek vas met die grootste een van die drie wat effe skuins na ons kant toe staan. Tussen ons en hom is toe op daardie oomblik paar droeë Bessiebos takke en gelukkig druk hy toe sy bors effe links uit en toe klap die skoot. Die bul hardloop toe reg weg van ons af met 'n lekker stofwolk wat so vyftig meter vanaf sy wegspringplek opslaan bo die bosse. Ons het so paar minute gewag en toe stadig begin stap na die plek waar hy gestaan het, daar was geen bloed nie en ons het die hond losgemaak en so entjie verder het die mooi bul gelê met 'n baie mooi hartskoot. Die kaliber was .243 met 87gr Berger VLD. Die punt het mooi bo deur die hart gegaan en aan die anderkant net onder die hartvlies vasgesteek.
Groetnis
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Tue Aug 15, 2017 9:29 pm
by Ben Remington
...
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Tue Aug 15, 2017 9:34 pm
by JPS
Baie mooi bul Ben,
Wil jou vriend nie uitgeken word nie?
Groete
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Tue Aug 15, 2017 9:39 pm
by Ben Remington
JPS wrote:
Wil jou vriend nie uitgeken word nie?
Groete
JPS...
Ons haal niks meer van ons koppe af nie...ons het al te veel keppe en hoedens so gelos in die veld, ons jag baie en sal skade ly op die manier.

Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Tue Aug 15, 2017 10:17 pm
by tripodmvr
Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! Wys maar dat die groter kaliber en swaarder projektiele ekstra versekering gee.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 6:51 am
by Ashley
Baie mooi bul daai julle. Geluk!
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 7:25 am
by JPS
Ben Remington wrote:JPS wrote:
Wil jou vriend nie uitgeken word nie?
Groete
JPS...
Ons haal niks meer van ons koppe af nie...ons het al te veel keppe en hoedens so gelos in die veld, ons jag baie en sal skade ly op die manier.

Daai is slim ja

Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 8:13 am
by Carl
Baie mooi bul (en mooi hond). Dis darem lekker as jy vroeg oggend in die veld kom en die tekens is so warm en die veld lewe!
tripodmvr wrote:Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! Wys maar dat die groter kaliber en swaarder projektiele ekstra versekering gee.
Ek stem met oom, as ek kyk hoe lyk harte wat die 9.3 geskiet het.

Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 8:22 am
by Flip Nel
Mooi Bul, dankie vir die deel
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 8:43 am
by joe rocket
Mooi bul daai Bennie en n baie mooi skoot. Sê vir jou vriend hy moet bietjie loer na 82gr lrh krieke. Hulle penatreer iets verskrikliks, werk mooi op die groter bokke.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:04 am
by tripodmvr
Het self al kudus laat val met my 243 en monos. het 'n bul in die Ooskaap op 300m + geskiet van bo uit 'n krans. Daardie 80gr koeël is skuins van bo in die rug in en het in die brisket vasgesit. Perfekte "X" soos met al die Barnse.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:15 am
by Springkudu
Baie mooi Bul, voorreg!! Party manne sal deur die loop van hulle jag loopbaan nooit die kans kry op so 'n bul, ek wag ook nog vir myne.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:51 am
by win270
Korrekte skootplasing . . . dis maar die ding.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:56 am
by Plaashaas
Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 2:01 pm
by koos 2
prag bul
Baie geluk aan die jagter
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 2:03 pm
by heywillie
baie mooi !
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Wed Aug 16, 2017 2:45 pm
by FHM
Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Baie geluk Ben - pragtige bul daai.
Kom ek is stout en skat daai bul uitgeslag 160 Kg...?
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Thu Aug 17, 2017 9:27 am
by FHM
Gaan ons nou nie hoor wat die bok uitgeslag het nie Ben...
Jy jag seker weer erens - party mense het darem maar net
die lewe!

Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 7:37 am
by Ben Remington
tripodmvr wrote:Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! .
Ek stem 100 persent saam...in ag geneem dat die skoot heelwat oor die 250m was. Dit sou heel moontlik anders uitgedraai get as die punt bv nie deur 'n dik been kon kom nie.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 7:41 am
by Ben Remington
win270 wrote:Korrekte skootplasing . . . dis maar die ding.
Win270...
Ek stem saam met jou...ek het die afgelope winter heelwat kwesbokke gesien wat met swaar kalibers geskiet was....maar ons het hulle darem almal gekry met hulp van die honde.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 7:41 am
by Ben Remington
Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Plaashaas hy was 210kg.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 7:43 am
by Ben Remington
FHM wrote:Gaan ons nou nie hoor wat die bok uitgeslag het nie Ben...
Jy jag seker weer erens - party mense het darem maar net
die lewe!

FHM..
Jammer vir die laat terugvoer...was die heel week in die veld.

Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 9:26 am
by tripodmvr
Ben Remington wrote:Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Plaashaas hy was 210kg.
Is dit karkasgewig alleen?
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 9:34 am
by Ben Remington
Dis reg ja....die area waar ons was is bekend vir swaar bulle....ook die swaarste waar ek nog by was...mens kan seker so 2kg aftrek vir die staalhakke wat deur die agtervoete was toe ons hom gehang het..dalk was die hakke effe ligter...nie heeltemal seker nie.
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Posted: Sat Aug 19, 2017 9:44 am
by tripodmvr
Swaarste wat ek al self moes help indra by die slagter was 185kg - naby Fochville geskiet.
Dit is 'n overdentelike bul daardie !!!!!!!!!