Loop vervanging goedkeuring

Post Reply
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

More Manne,

So na 15 maande (na ongelooflike gesukkel en stoei) is my loop vervanging uiteindelik goedgekeur. Ek het die papiere ontvang van die geweersmit om in te gee sodat hul die nuwe lisensie net kan print en vir my kan gee.

So die lisensie kan blykbaar net in Pretoria geprint word. Ek het die vorms laas maand die 26/07 ingegee en het nog geen sms'e ontvang nie. Niks. Nie n "in process" sms of enigsins n aanduiding waar die lisensie huidiglik is nie (dis my 4de lisensie aansoek so ek ken nou al die sms'e en hoe hul werk).

Ek het nou al die afgelope 4 dae Bellville polisie stasie gebel, en niemand kan my help nie. Die dame wat die vorms ingedien het is nie daar nie (en niemand weet of sy op verlof is nie? hoe weet niemand nie?)en die ander dame se sy sien dit nie op die sisteem nie. Ek is besig om my kop te verloor want alles is klaar goedgekeur en dis letterlik net die print van die lisensie!!

My vraag is, kan iemand vir my se wat dalk deur dieselfde was hoe lank dit hul gevat het vir die print van hul lisensie? Het julle sms'e gekry van die vordering van die proses, of word dit nie dieselfde hanteer as n gewone lisensie waar jy sms'e kry nie?

Ek luister graag.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Jaktrap »

More.
Ek sou se bel Kol Visser en hoor wat se hy.

Hoop jy kom gou reg.
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

Dankie Jaktrap,

Het jy dalk vir my kontak besonderhede, en is hy by bellville?
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by ruaanb »

Jaktrap is reg vra vir Kol Visser daar by Bellville.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Hercules Louw »

Rem, ek het slegte nuus vir jou. Twee jaar na die aanvanklike goedkeuring en die loopvervanging het ek nog steeds nie die regte lisensie kaartjie uit die sisteem kon kry nie, al was die verandering toe al op die stelsel aangebring. Dit was eers met die herlisensiëring dat ek 'n nuwe kaartjie met die korrekte besonderhede daarop gekry het.
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

Dankie Hercules,

Hierdie is vir my n treursaak.

Dit maak n geweer bou darem nie meer n plesier nie.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Yogi »

Wat ek nie verstaan nie, die manne wat baie kompetisie skiet of dalk net vrek baie uitdun/jag moet byne elke jaar 'n loop vervang. Met die proses neem jy een jaar deel en sit 2 jaar uit voor jou loop weer reg is? Glo dit nie, tensy daar dalk ander maniere is wat die manne volg.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Hercules Louw »

Jy skiet met meer as een geweer en koop gereeld nuwe Howa's. ;)
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

Yogi,

Ek myself dieselfde vraag oor en oor gevra. Die proses moet eintlik 2 weke neem. Jy het klaar competency, lisensie en dis slegs die loop wat hul nou moet verander.

Gaan my verstand te bowe.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

Yogi,

Ek myself dieselfde vraag oor en oor gevra. Die proses moet eintlik 2 weke neem. Jy het klaar competency, lisensie en dis slegs die loop wat hul nou moet verander.

Gaan my verstand te bowe.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

More manne,

Ek het die land warm gebel en my lisensie is nou al geprint en kom volgende week af na my DFO toe.

Ek sal die infomasie van die manne by die polisie deurgee met wie julle moet praat om die bal aan die rol te kry sodra alles klaar is (behoort nog in die maand te wees).

Dit bleik my die groot probleem le by die kommunikasie tussen die DFO en CFR, dit is waar dinge verlore gaan of baie lank vat. Het direk met die CFR gepraat en my lisensie was van daaraf binne 3 dae verwerk en gedruk.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Jake1 »

As lisensie goesgekeur is en kaartjie draai te lank hoekom nie aansoek doen vir duplicate nie?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Harambe »

Jake1 wrote:As lisensie goesgekeur is en kaartjie draai te lank hoekom nie aansoek doen vir duplicate nie?
Jy kan dit doen. Maar party DFO's se net vir jou "nee meneer, jy moet maar wag vir jou kaartjie".
Of so iets
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Christo »

My hernuwing ingegee in Januarie 2017. Toe op aanbeveling van die DFO in April hernuwing ook maar gedoen om te voldoen aan hulle wette. Hoor van die hernuwing is by DFO. Dit help my NIKS!!!!!!. Geweersmit wil l8ksens sien met nuwe loop nommer. Ek tik en delete al vir 5 minute. Frustrerend is polities korrekte woord. Eish.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Hein M. »

Hercules Louw wrote:Jy skiet met meer as een geweer en koop gereeld nuwe Howa's. ;)
Moontlik die beste raad... Maar wat doen ek dan nou met my geliefde RSA-aksie?

Groetnis!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Frikkie Coetzee »

Jake1 wrote:As lisensie goesgekeur is en kaartjie draai te lank hoekom nie aansoek doen vir duplicate nie?
Dis wat ek gister gedoen het met myne staan op 3 jaar. Die kaartjies word blykbaar net in Pretoria geprint her loping.
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by Rem »

Middag Manne,

Ek is nie seker of ek n nuwe onderwerp moet skep en of ek net die informasie hier moet sit nie, maar glo die nodige persone sal dit kry.

Ek het vandag my lisensie by Bellville DFO gaan optel vir my kaliber verandering.

Het volgende stappe gevolg:

1. CFR gekontak (cfrenquiry@saps.gov.za, 012 353 6000) met my afskrif van my 521(g) "notification of incorrect information", wat ek n maand vroeer ingedien het by my DFO en toe voor betaal het (R70).

2. Hul het terug gekom na my toe binne die eerste dag en my besonderhede aangestuur na Col Wepener (wepenercj@saps.gov.za. 012 353 6111) ek het direk met hom gepraat en hy het my laat weet dat die lisensie verwerk is.

3. Col van Schalkwyk (VanSchalkwykE@saps.gov.za) was die finale man met wie ek gepraat het. hy het die print van die lisensie finaal goedgekeur en laat print. n Week later het ek die lisensie gaan optel by my DFO.

* Indien Bellville jul DFO is sou ek voorstel dat jul met Briget praat. Sy verstaan die storie die beste.

Dit is wel makliker gese as gedaan, oor baie van die mense nie altyd beskikbaar is nie, en jy ook nie seker is waar jou lisensie in die sisteem al vorder nie.

Ek het die lisensie binne 2 weke gaan optel vanaf ek begin rondbel het en vrae begin vra het. Ek het wel n maand gewag voor ek begin rondbel het, en dit lyk my in daardie tyd het daar niks gebeur met my aansoek nie.

* Hierdie is wel net vir die re-print van die nuwe kaliber, die goedkeuriing van die bou ens, moes eers voor die gebeur voordat ek op die punt kon kom wat +- 14maande gevat het.

Die punt wat ek wil maak is dat met hierdie lisensies (veral met gewere wat gebou word/loopvervangings) moet mens maar op die manne bly en sekermaak hul weet van jou, en dit is ook hoekom ek al die informasie hier wil deurgee, dat jul van die begin af die regte manne kan kontak. Stuur my n PM as jul meer vrae het waarmee ek dalk kan help.

Hoop dit help, en lekker skiet.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Loop vervanging goedkeuring

Post by MJK »

Wel manne

Ek moet seker een van die gelukkigste aansoekers wees. Het 2 loop vervangings aansoeke ingedien in Paarl op 4 Julie 2017 en het magtiging vir albei gekry die 31e Aug! Is nou bietjie gesnoeker want daar is nog paar 100 skote looplewe oor... Het verwag om eers volgende jaar die tyd te vervang :o

My vorige aansoek so 2 jaar gelede het my 4 maande gevat van versoek tot die kaartjie in my hande. Dit nadat die goedkeuring vir maand op iemand se lessenaar gelê het in Pretoria en 2 weke gewag vir die druk van kaartjie...
Post Reply