Page 1 of 1
4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2018
Posted: Mon Sep 18, 2017 8:11 am
by jaracal
Ek het Darrell Holland van Oregon Amerika gekry om in Junie 2018 'n lagafstand skiet/jag kursus van 4 dae aan te bied. Hy is een van die beste instrukteurs in Amerika en doen skiet opleiding vir meer as 30 jaar. Die kostes sal ongeveer $400-$450 per persoon wees. Dit sal ook slaapplek en kos insluit.
Dit is redelik duur maar seker een van die beste geleenthede om vinnig op standaard te kom vir langafstand skiet/jag. Ek sal later inligting rakende die inhoud van die kursus deurgee.
Belangstellendes kan solank hulle name opsit of my skakel by 0824944060 of 'n WhatsApp boodskap stuur. Daar word 'n Maximum van 10 persone op die kursus toegelaat.
Groete
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Junie 2018
Posted: Wed Sep 20, 2017 7:43 pm
by LRLaubscher
Waar sal die kursus aangebied word?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 julie 2018
Posted: Wed Sep 20, 2017 8:54 pm
by ruaanb
phillippolis
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Julie 2018
Posted: Wed Sep 20, 2017 9:37 pm
by 1lum1nat1
Sal verseker wil gaan. Glo 1 of 2 van die ander manne van AMC sal ook wil.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Julie 2018
Posted: Wed Sep 20, 2017 9:47 pm
by jaracal
Dit gaan 'n uitsonderlike kursus wees. 'n Hele aantal van sy studente/kliente het al hier kom jag en dit is opmerklik hoeveel beter hulle as die gewone jagters vaar. Lees van wind, gadgets, ens wat gebruik word en dan die praktiese toepassing van die kennis.Sien self baie uit om daar te leer.
Sal julle op hoogte hou van verwikkelinge.
Groete
Heinrich
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Julie 2018
Posted: Thu Sep 21, 2017 6:27 am
by Capt. Yoda
Sou self geniet het om daar te wees
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Julie 2018
Posted: Wed Oct 18, 2017 7:32 pm
by Antondup
Ek sal graag wil kom, Kan sover my naam op sit asb
Re: 3-4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 1-4 Julie 2018
Posted: Thu Oct 19, 2017 7:16 am
by jaracal
Dit is reg Anton, daar is reeds so 6 manne wat bevestig het.
Groete
Re:4 dae Kursus Langafstand skiet 1-4 Julie 2018 Philippolli
Posted: Tue Mar 13, 2018 6:19 pm
by jaracal
Met die Rand wat so verterk het is die kursus nou baie bekostigbaar.
Ons het reeds 6 Persone wat bevestig het en ons gaan so tussen 10-12 wees.
Ons het reeds 'n 1000m skietbaan en sal dit moontlik na 1500m verleng.
Hou julle op hoogte
Groete
Re:4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 20
Posted: Thu Mar 15, 2018 9:28 am
by jaracal
Net 'n korreksie tov die datums. Die kursus is van 30 Junie - 3 Julie op Philippolis.
Inhoud van kursus sal eersdaags opgesit word. Darrell is tans in New Zealand.
Groete
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Thu Mar 15, 2018 11:11 am
by hierswolf
As daar nog plek is wil ek asb my naam op sit.
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Thu Mar 15, 2018 11:36 am
by jaracal
Dankie ek maak 'n nota
Groete
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Mon Apr 02, 2018 5:45 am
by JacoR
Ek sal graag wil bywoon as daar nog geleentheid is.
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Mon Apr 02, 2018 7:39 am
by jaracal
Ek sal gedurende April die depositos invorder en dan sal ek weet hoeveel plek beskikbaar is.
Groete
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Mon May 07, 2018 3:10 pm
by jaracal
Die kursus sal onder andere die volgende insluit:
We will be teaching ballistics, wind reading trick/tips, body position, b-pod deployment, energy transfers, head position, limitations and what PHs need to know when guiding LR shooters, WIND, MOA correction and when NOT to shoot.
Dit is 'n 3-4 dae kursus en die prys is vasgemaak op R4500-00 wat verblyf en etes insluit.
Plek word bevestig met betaling van deposito R2500-00 of totale fooi.
Indien tyd dit toelaat sal daar ook op Blesbok, springbok of vlakvark gejag word om tiere te voer- (ingesluit in prys)
Stuur my 'n e-pos, PM of whatsapp na 082vier94406nul
Groete
Heinrich
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Wed May 23, 2018 4:09 pm
by jaracal
Daar is nog so 4 x spots oop indien daar nog ouens is wat belang sou stel.
Die is 'n kans wat 'n ou nie kan misloop nie.
Groete
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Fri Jun 15, 2018 9:13 am
by 1lum1nat1
Die manne wat al iets soos hierdie bygewoon het en of lang afstand skiet, hierdie sal n eerstekeur wees vir my, buiten jou vuurwapen, ammunisie, papier en n skryf ding, wat moet ons nog saam vat?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: 4 dae Kursus in Langafstand skiet/jag 30 Junie-3 Julie 2
Posted: Fri Jun 15, 2018 6:44 pm
by jaracal
Indien jy bipod het bring dit.