Page 1 of 1

Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 10:35 am
by Nico de Jager
Jis Manne
Hier is nog n groot eland wat ek laasweek geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... C07046.jpg[/img]
Groete
Ribbok

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 11:38 am
by Johan04
Ribbok

Ek is bly jy kruip nie daar ver agter hom weg nie.Nou kan ons mos sy werklike grote sien.
Baie mooi eland.Wat het hy uitgeslag?

Groete

Johan

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 3:27 pm
by GreyGhostGear
Sjoe Ribbok, baie mooi bul! Waar en met wat het jy gegooi daar?
Groete

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 4:00 pm
by 243Songdaug
Ribbok.

Dis regtig 'n mooi eland wat jy geskiet het - baie geluk.

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 6:17 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek weet nog nie wat die een uitgeslag het nie maar die vorige een het 448 uitgeslag. Ek het hom met met my 30-06 voor sy kop geskiet.
Groete
Ribbok

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 7:47 pm
by Theo E
Baie Mooi ribbok
Groete
Theo

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sat Sep 10, 2011 9:05 pm
by theedge
Nee nou maak julle manne regtig nie mooi nie.  Dit bly steeds my droom om Eland te skiet sal nog daar kom.  Baie netjies en ja baie netjies foto en bul

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sun Sep 11, 2011 8:36 am
by 300Winmag
Mooi !! Ek stem saam met Edge - julle maak mos nou nie mooi nie haha!! Maar eendag!

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sun Sep 11, 2011 9:09 am
by DWB
Baie mooi en baie geluk! Daai bul is MASSIEF!!!!

Nog 'n goeie slag vir die nulkwes!!!

As ek mag vra, watse koeelpunt (vir die van ons wat minder terminologies korrek is) het jy gebruik?

Maar ja, as jy hom reg in die kop slaan maak dit seker nie saak nie.

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Sun Sep 11, 2011 7:42 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Dankie vir julle mooi wense. Ek het JARE lank gesukkel om n eland gejag te kry, toe skiet ek sommer 2 vanjaar. Ons het eintlik vir Ooploop n eland gaan soek toe hierdie een hom in my vasloop en ek kon tog nie n gegewe eland in die bek kyk nie.
300Winmag en theedge ek hoop julle geleenthede kom gou. Ek wil net vir julle se dis grote ding.
DWB ek gebruik Swift A frame as ek sulke goed jag.
Groete
Ribbok

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:05 am
by BLOK
Mooi gedoen, soos gese is ek ook bly jy sit dat mens die bok teen jou kan vergelyk en nie ver agter hom dat dit soos n monster is nie. Veral sy mooi krulle bos voor op die kop is impressif.

Blok.

ps. of daai eland se skouer is m@er hoog of jy is maar soos ek n klein oukie ;D ;D

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:53 am
by G-force
Dit is n mooi voorbeeld van n regte Bul.Baie geluk en dis die regte manier om n foto te neem.
Dankie vir die post.

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:57 am
by herley
Mooi helmet hou daardie en bok

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Mon Sep 12, 2011 3:03 pm
by Lourens
Welgedaan Ribbok, baie mooi bul daardie!!

Groete,
Lourens

Re: Nog n Groot Elandbul

Posted: Mon Sep 12, 2011 7:50 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Blok, ek dink nie ek is te klein nie; ek het nog nooit enige klagtes gehad nie! ;D My geweer met silencer is 1.3m, ek sit op my hurke met my knie teen sy nek om dit regop te hou. Dit was n tamaaie ding.
Ek het al baie koedoes, gemsbokke en sulke goete geskiet, maar n eland is eenvoudig in n ander klas wat grootte aanbetref.
Groete
Ribbok