Page 1 of 1
Lisensie Herdruk
Posted: Wed Oct 18, 2017 6:52 pm
by Philip J
Hallo almal
Enige idees oor hoe lank dit deesdae vat om n lisensie herdruk gedoen te kry?
Ek moes vandag een ingee nadat my beursie gister deel geword het van die misdaad statistiek in die land
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Thu Oct 19, 2017 8:27 am
by Rem
Philip,
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=94&t=59952
Lees daardeur, aan die einde raak ek aan lisensie herdruk. Kontak besonderhede van die regte mense is ook daar om dinge bietjie aan spoor. Hou maar hul lyne warm.
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Thu Oct 19, 2017 8:40 am
by Philip J
Dankie Rem. Ek waardeee.
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Thu Oct 19, 2017 8:55 am
by JacoW
More Philip,
Hier in Limpopo het dit my net oor n jaar gevat, elke keer as ek DFO toe gaan tel hy net sy skouertjies op en se "Eish die mense kry nie reprint nie..."
Tot wanneer ek heeltemal my m#@r gestrip het en hulle my n nommer gegee het wat ek kan bel by die printers in Pietersburg. Met die nommer het ek binne n week my lisensies gekry...
So wees maar geduldig en hou jou bewyse dat jy aansoek gedoen het.
Sterkte.
Jaco
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Thu Oct 19, 2017 11:58 am
by Philip J
Manne en maninne!
Nog n vragie, wat nou redelik swaar op my gemoed lê.
Hoe nou gemaak as ek vêr moet ry?
Mag ek of mag ek nie my rewolwer saamry nie.
Al wat ek kan toon is die printout van die DFO, die kwitansie van die aansoek vir die herdruk van die lisensie, my ou groen lisensie en n fotostaat van die gesteelde lisensie.
Help asb!!!
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Thu Oct 19, 2017 10:23 pm
by Meteor
O gattas Philip. Het jy nog 'n groen lisensie vir die wapen?
Hoekom reprint jy dan? Die groene is geldig tot jy verkoop of sterf.
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Fri Oct 20, 2017 10:20 am
by Philip J
More more
Die dae van wonderwerke en barmhartige Samaritane is nog nie verby nie. Ons het vanoggend n oproep gekry van iemand wat my vrou se handsak opgetel het!
Die "knapie" wat hom gesteel het, het net kontant gesoek en toe die handsak met my beursie en haar beursie in, langs die spruit weggegooi.
Die Vader is goed vir ons.
Re: Lisensie Herdruk
Posted: Fri Oct 20, 2017 10:24 am
by ruaanb
Sjoe wat 'n geluk!