Page 1 of 1

Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 11:44 am
by Wimpie le Roux
My elandbul wat ek verniet geskiet het na ek geskei is, my eerste kill na ek vrye man geword het.

Ek het die bul by Oom Tom Laas net buite Roetan geskiet en hy het regtig mooi diere by hom.

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:06 pm
by PRIVATE RYAN
Wimpie le Roux wrote: My elandbul wat ek verniet geskiet het na ek geskei is, my eerste kill na ek vrye man geword het.
Ek het die bul by Oom Tom Laas net buite Roetan geskiet en hy het regtig mooi diere by hom.
fixed

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:09 pm
by Hugo
PRIVATE RYAN wrote:
Wimpie le Roux wrote: My elandbul wat ek verniet geskiet het na ek geskei is, my eerste kill na ek vrye man geword het.
Ek het die bul by Oom Tom Laas net buite Roetan geskiet en hy het regtig mooi diere by hom.
fixed
Like.

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:10 pm
by Beretta
Private Ryan
Ek sien die vrye man storie het n streep deur is hy nou weer getroud lyk my net soos tipex op die screen ;D ;D ;D ;D
Beretta

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:15 pm
by 300Winmag
Geluk. Mooi bul daai. (Ek het self lekker by Oom Tom gejag - mooi vark daar
met die 6.5x55 geskiet)

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:58 pm
by Wimpie le Roux
Dankie dat ek reg gehelp is, ek het die eland vir die Kerk op Roetan geskiet en ek het die trofee gekry.

En nee LOL die man gaan nie gou weer in die huwelik tree nie so ja ek is vry.

Help my asb reg indien ek verkeerde dinge se PM my asb, baie dankie

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 4:07 pm
by Boesman
Hallo Wimpie

Ek dink nie daar's iets verkeerd nie, behalwe dat 'n paar van ons jaloers is op daai vryemangedagte. Behalwe as mamma gaan saamskiet.  ;D

Groete

Re: Elandbul

Posted: Wed Sep 14, 2011 6:18 pm
by Wimpie le Roux
Mense die wat jaloers is op die "vry" man glo my met mammie aan jou sy al is sy meeste van die tyd kwaai is jy nogsteeds beter af. Ek raai geen man of vrou aan om te skei tensy daar geweld in die huwelik is nie.

Onthou al is mamma/pappa kwaad in jou bed is hy/sy nogsteeds daar om teen in te kruip as dit regtig koud word!