Page 1 of 1
Duiwe skiet Gauteng
Posted: Tue Dec 05, 2017 8:06 pm
by Baas Rudi
Naand almal,
Is daar moontlik so uur binne JHB/PTA 'n duiwe skiet geleendheid?
Ons is 'n paar ouens wat net bietjie wil uitkom met die haelgewere vir die dag.
Dankie
Rudi
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Tue Dec 05, 2017 9:20 pm
by Cobus(Cobb)
Praat met Beesbreedt hier oppinforum..hulle het duiwe issues..kyk sy post daaroor.
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Tue Dec 05, 2017 10:03 pm
by Rudi Fischer
Ek kan jou ook help ... hoeveel ouens is julle ?
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Wed Dec 06, 2017 7:17 am
by Baas Rudi
Ons is 5 manne wat wil kom skiet.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Wed Dec 06, 2017 11:25 am
by Rudi Fischer
Baas Rudi
Pm my jou kontak details
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Thu Dec 07, 2017 9:54 am
by johannvdg
Onthou maar net dat die slim manne besluit het om kransduiwe toe te maak van einde Augustus tot einde Februarie.
Ek gaan more probeer om hulle te kry om hierdie totaal irrasionele en ongestaafde besluit te verander en terug te gaan na die heel jaar seisoen, soos dit die afgelope 30 jaar was.
In die tussentyd het hulle wel te kenne gegee dat hulle skadepermitte sal uitryk waar kransduiwe 'n probleem is.
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Thu Dec 07, 2017 1:02 pm
by heywillie
[quote="johannvdg"]Onthou maar net dat die slim manne besluit het om kransduiwe toe te maak van einde Augustus tot einde Februarie.
Wanneer het hulle dit verander ?
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Thu Dec 07, 2017 2:31 pm
by johannvdg
heywillie wrote:Wanneer het hulle dit verander ?
In die 2017 proklamasie, m.a.w. die een wat nou van krag is
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Thu Dec 07, 2017 2:36 pm
by tripodmvr
Gaan jag in die Vrystaat. Kransduiwe is heeljaar oop.
Re: Duiwe skiet Gauteng
Posted: Thu Dec 07, 2017 6:02 pm
by jankraay
tripodmvr wrote:Gaan jag in die Vrystaat. Kransduiwe is heeljaar oop.
En hier is baaaaie.
Sent from my iPhone using Tapatalk