Page 1 of 1

Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 10:53 am
by PWV
My handwapenlisensie (selfverdediging) verval oor 6 maande. Kom vanoggend by die polisiekantoor aan vir 'n aansoek om vernuwing. Vertel die DFO vir my ek sal ook moet heraansoek doen vir 'n bevoegdheidsertifikaat. (Ek het reeds die wit-papier-bevoegdheidsertifikaat waarop daar geen vervaldatum is nie.)
Ek vra toe 'n afskrif van hierdie "nuwe" toevoeging tot die wet. Hy se toe hy het dit nie. Hulle is mondeling ingelig.
Ek se toe ek gaan nie aansoek doen vir 'n nuwe bevoedheidserftifikaat voordat hy dit nie vir my op skrif wys nie.

Wou by hom weet of my bevoedheidsetifikaat net op die handwapen van toepassing is. My ander handwapen verval nog nie. Wat 'n belaglike storie.

My aansoek ingedien en geweier om my bevoegdheid te hernuwe.

Wie is op die hoogte van hierdie uitspraak van die DFO? Kan iemand lig op die saak werp?

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 11:04 am
by Ratel
Dit klink vir my na die ou storie van onbevoegde amptenare wie ook graag hulle mag misbruik.
Die slegte deel is dat hy hoef nie bewyse te gee vir jan alleman oor hoekom hy so 'n bevinding maak nie. Wat 'n sirkus.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 11:29 am
by JPS
Oom Pw, ek praat onder koreksie maar as oom nie nog handwapen lisensie het wat later verval nie moet bevoegheid vir handwapen hernu word. Indien oom een het wat later verval is die bevoegdheid geldig tot die laaste handwapen lisensie verval.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 12:00 pm
by Springkudu
Ek moes ook my bevoegdheid hernu met my handwapen lisensie oom

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 12:01 pm
by PWV
JPS wrote:Oom Pw, ek praat onder koreksie maar as oom nie nog handwapen lisensie het wat later verval nie moet bevoegheid vir handwapen hernu word. Indien oom een het wat later verval is die bevoegdheid geldig tot die laaste handwapen lisensie verval.
Dis wat ek vir die MENEER gese het. Ek het nog 'n handwapen waarvan die lisensie eers in 2021 verval!
Dit sulke stommiteite wat my so nederig maak!!!

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 12:03 pm
by PWV
Springkudu wrote:Ek moes ook my bevoegdheid hernu met my handwapen lisensie oom
Springkudu, lees mooi wat ek se. Ek het twee handwapens. Een se lisensie gaan verval. Die ander eers in 2021. Moet ek elke keer as 'n lisensie verval 'n nuwe bevoegdheidsertifikaat kry? :confused:

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 12:33 pm
by JacquesT (Stompe)
Oom Pieter,

Is die spesifieke wapen onder seksie 13 gelisensieer?

Ek het ook 2 handwapens, een verval eers 2027 en is onder seksie 16 gemotiveer. Ek moes egter ook toe ek einde laasjaar my seksie 13 hernu vir 'n nuwe bevoegtigheid aansoek doen. Ek kon dit ook nie verstaan nie, maar het maar net so gestaan en smile en my kop geskut. Op die ou einde het alles darem vlot verloop en is my nuwe kaartjie in my besit.

Groete

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 12:55 pm
by tripodmvr
My gewere verval tot laat in die 2020's, maar toe ek verskeie verlede jaar moes hernu het hulle my ook die bevoegdheid laat doen. Skelmstreke om die R70 in te palm.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 2:14 pm
by OosKaapJagter
Die is maar problematies.
Gaan ek nou vir 'n prokureur 'n paar duisend rand betaal om in 'n hof te bewys ek is reg en hoef nie daardie papiere in te vul en die R70 te betaal nie?
Die polisieman wat verkeerd is kan ook maklik 'n kantaantekening maak dat hierdie 'n moeilike kalant is wat aggressiewe gedrag toon en dalk eerder nie 'n wapen moet besit nie.
Ten spyte van die R70 en die rompslomp sal ek dan maar "verkeerd" wees en de beampte laat glo hy is "reg".

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 3:19 pm
by Gawie(13mm)
OosKaapJagter wrote:Die is maar problematies.
Gaan ek nou vir 'n prokureur 'n paar duisend rand betaal om in 'n hof te bewys ek is reg en hoef nie daardie papiere in te vul en die R70 te betaal nie?
Die polisieman wat verkeerd is kan ook maklik 'n kantaantekening maak dat hierdie 'n moeilike kalant is wat aggressiewe gedrag toon en dalk eerder nie 'n wapen moet besit nie.
Ten spyte van die R70 en die rompslomp sal ek dan maar "verkeerd" wees en de beampte laat glo hy is "reg".
Jammer, maar hier verskil ek met jou. Geen persoon is bo die wet verhewe nie. Nie ek, as wapen eienaar nie en ook nie die beampte wat my aansoek moet administreur nie. 'n Mens kan op jou regte staan sonder om aggresief te wees. Ek dink nie Oom P.W. sal sy speelgoed uit die "cot" gooi nie. Daarvoor is hy darem al 'n ou jakkals. >:D

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 3:32 pm
by Supacow
Ek is ook deel van die stats
Selfde storie!

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 3:55 pm
by JohanvB
PAY DA MONEY!!!!

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 4:02 pm
by Viking
PWV is reg!!

Artikel in die HERALD vroeg verlede jaar.

The Firearms Control Act (FCA), Act 60 of 2000, stipulates that a person should firstly obtain a competency certificate in terms of Section 9 before he/she may apply for a firearm license. In the past competency certificates were issued for a period of 5 years. The problem then arose that firearm licenses for hunting/sport shooting purposes were issued for a period of 10 years. What now? A competency certificate is only valid for 5 years while one’s firearm license for hunting/sport shooting is valid for 10 years?

A directive regarding this was issued by Lieutenant General B C Mgwenya on 7th January 2011 in which he addressed the situation around the validity period and competence certificate and amongst others the Firearms Control Amendment Act (Act 28 of 2006) referred to. I quote certain portions of the said Directive:

“It needs to be made clear that possession of a firearm without a license is criminalized and that the validity period of the competency certificate does not determine the lawfulness of possession of a firearm. The issuing of a license is dependent on the possession of a competency certificate, but possession of a firearm only becomes unlawful upon expiry of the license and not expiry of the competency certificate.

If a license was issued in respect of self defence, the competency certificate will be valid for five (5) years. If, however, the license had been issued for hunting/sport shooting, the validity of the competency certificate is now for a period of 10 years. In view thereof that all competency certificates were previously valid only for five (5) years, persons who are in possession of licenses issued for a period of ten (10) years need not renew their competency certificates in respect of that category of firearms before ninety (90) days before the expiry of the relevant competency certificate, but ninety (90) days) before the expiry of the said license.

In the case of a person who has a license and competency certificate for a handgun for self defence as well as a firearm for hunting/sport shooting, the view is held that the existing competency certificate remains valid for the period of the license with the longest period of validity and when the license for self defence is renewed, the applicant would be in possession of a valid competency certificate and need not apply for renewal of the competency certificate. The fact that the date printed on the competency certificate has lapsed becomes irrelevant in view of the fact that the validity of the competency certificate has been aligned from 10 January 2011 with the period of validity of the license.

It is not an offence in the Act or amended Act not to renew a competency certificate within the stipulated period. The validity of the competency certificate is also not a requirement for lawful possession of a firearm, although the possession of a competency certificate is a prerequisite for the issuing of a firearm license. No prosecution can therefore be instituted for not renewing a competency certificate within the prescribed period or at all. A valid license is, however, required for lawful possession and a person may be prosecuted for being in possession of a firearm without being in possession of a valid license.
It is realized that numerous competency certificates have been issued to persons, but no firearm license had been issued to the person. In these cases there is technically no expiry date for the competency certificate. In view of the fact that no license is granted for a period exceeding 10 years, a competency certificate issued without the issuing of a license can only be accepted for a period not exceeding 10 years from the date of issuing of the competency certificate.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 4:09 pm
by PWV
JacquesT (Stompe) wrote:Oom Pieter,

Is die spesifieke wapen onder seksie 13 gelisensieer?

Ek het ook 2 handwapens, een verval eers 2027 en is onder seksie 16 gemotiveer. Ek moes egter ook toe ek einde laasjaar my seksie 13 hernu vir 'n nuwe bevoegtigheid aansoek doen. Ek kon dit ook nie verstaan nie, maar het maar net so gestaan en smile en my kop geskut. Op die ou einde het alles darem vlot verloop en is my nuwe kaartjie in my besit.

Groete
Jacques
Die een is onder seksie 13 en die ander onder seksie 16.
Ons het toe darem ooreengekom dat hy die aansoek om hernuwing sal deurstuur sonder dat ek aansoek hoef te doen vir 'n nuwe bevoegdheid - omdat hy nie die regulasie/wet in swart en wit vir my kon wys nie!

Verder het ek op 13 Nov 2017 aansoek gedoen vir 'n .22-lisensie. Dit is op 29 Des 2017 toegestaan. By die aansoek het hulle 'n inspeksieverslag van my kluis ingesluit. Nou, met die hernuwing van my lisensie vir die handwapen, moet hulle weer inspeksie kom doen - net 'n maand later!! So 'n mors van tyd!

Viking
Baie insiggewende artikel. Hoop dit is nog van toepassing!

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Mon Jan 08, 2018 5:32 pm
by Jake1
Is oom se Competency vir handgun apart van die gewere haelgeweer ens? bedoelende is dit net 'n competency vir Handgun?

Indien wel verstaan ek hul verwarring (nie dat ek daarmee saamstem nie.)

Die probleem is dat, tot die hoofkantoor ook hierdie verwarring kan he.....

Ek sou dan inelkgeval maar die competency hernu het, R70, en dan keur hulle nie my hernuwing af nie (al is daar net n 5% kans dat hulle n fout gaan maak.) Ek is nie lus vir appelering net om te wys eks reg nie.

As hull die selfverdediging hernuwing aansoek afkeur oor 3 maande het oom se lisensie wat hernu moet word self dan al verval? Indien wel is dit dan n probleeeeempie.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 10:24 am
by spekieries
Verstaan ek dit reg dat "to be competent" beteken volgens die SAP register dat jy nie intussen bv. geweldmisdade gepleeg het nie, nie vir huismoles gearessteer is nie nie dwelms begin gebruik het nie, nie nalatig was met 'n vuurwapen nie ens.

Nou of dit seksie 13 of seksie 16 is dit gaan oor bevoeg om 'n wapen te besit. Ek verstaan die wet is geskryf, maar die logika byt my aan die agterent. Of redeneer ek soos agterent.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 10:47 am
by tripodmvr
Competency = nodige vaardigheid om die wapen te kan gebruik.

Volgens my is dit soos fietsry of om jou matriek te slaag. Jy het dit verkry. Punt. Hoekom nog daarmee karring.

Dat jy moontlik 'n kriminele rekord in die tussentyd gekry het word met elke lisensie aansoek nagegaan. Daarom jou vinger afdruk/ke.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 11:44 am
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote:Competency = nodige vaardigheid om die wapen te kan gebruik.

Volgens my is dit soos fietsry of om jou matriek te slaag. Jy het dit verkry. Punt. Hoekom nog daarmee karring.

Dat jy moontlik 'n kriminele rekord in die tussentyd gekry het word met elke lisensie aansoek nagegaan. Daarom jou vinger afdruk/ke.
Marius, ek glo ook soos jy, dat jy bevoeg bly totdat daar andersinds bewys kan word. Die regsgeleerdes moet my hier reghelp, maar slegs 'n "hof" kan jou onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit?
'n Vriend van my het nou amper 8 jaar gesukkel om sy bevoegtheid terug te kry nadat 'n SAPD kaptein dit goed gedink het om hom onbevoeg te verklaar en dit so op die stelsel aan te bring na sy vuurwapens uit sy kluis gesteel is.
Na 'n lang hofsaak is die besluit omgekeer en op die stelsel verander.

Toe wil die DFO in Bellville hê dat jy sy bevoegdheid weer moet oordoen omdat sy wapenlisensies in tussen tyd verval het.
Hy het geweier en sy lisensies is afgekeur. Hy het dmv 'n prokereur apel aangeteken en die besluit is ook omgekeer sy lisensies is goedgekeur. Hy wag nou dat sy kaartjies gedruk word.

Hy het laasweek 65 geword en is nie meer lus vir jag nie, maar hy hou van 'n goeie "fight" en het die geld om die sisteem aan te vat. Met 8 jaar se stoorgelde vir sy wapens by die plaaslike geweerwinkel, kon hy al 'n nuwe wapen of twee aangeskaf het.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 1:08 pm
by tripodmvr
Die howe moet begin kostes toewys aan die onbekwame polisielede dan sal hulle nie so maklik sulke dinge aanvang nie. Die stoorgeld moet deel daarvan wees.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 3:18 pm
by Jake1
Hier is baie geldige menings ens waarmee ek saamstem maar vra jouself af wil jy fokus op die oplossing of die probleem....? Gaan jou mening vir jou n lisensie in jou hand gee? Indien wel dan "stick" jy daarby, indien nie doen wat die ander ouens doen wat weet wat werk.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 4:41 pm
by spekieries
Lyk my my interpretasie was krom. Bekwaamheid en bevoegdheid verstaan ek heeltemal. Wat is die engelse terme. Bekwaamheid = Competentcy
Bevoegdheid = ????

Sover ek dit verstaan as jy by SASETA jou bekwaamheid sertifikaat kursus gedoen het. hoef jy nie te hernu nie. Die polisie moet met elke nuwe aansoek of ten tye van jou laaste ansoek se vervaldatum nog bepaal of jy bevoegd is.

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 6:10 pm
by Viking
spekieries wrote:Lyk my my interpretasie was krom. Bekwaamheid en bevoegdheid verstaan ek heeltemal. Wat is die engelse terme. Bekwaamheid = Competentcy
Bevoegdheid = ????

Sover ek dit verstaan as jy by SASETA jou bekwaamheid sertifikaat kursus gedoen het. hoef jy nie te hernu nie. Die polisie moet met elke nuwe aansoek of ten tye van jou laaste ansoek se vervaldatum nog bepaal of jy bevoegd is.
Spekieries - hier krap jy nou die "can of worms" oop!!!

Ek het verlede jaar meegaande gelees dat SAPD die "competency" sertifikate van sekere nie geakrediteerde instansies....en daar was heelwat wat destyds hand opgesteek het as opleidingsentrums....nie wou erken of aanvaar nie.

Die feit is dat dit nie ordentlik gekommunikeer is aan die wapeneienaars daarbuite nie!
Firearm Training Certificates SAPS 30 march 2015.pdf

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Tue Jan 09, 2018 6:13 pm
by scheffere
PWV wrote:My handwapenlisensie (selfverdediging) verval oor 6 maande. Kom vanoggend by die polisiekantoor aan vir 'n aansoek om vernuwing. Vertel die DFO vir my ek sal ook moet heraansoek doen vir 'n bevoegdheidsertifikaat. (Ek het reeds die wit-papier-bevoegdheidsertifikaat waarop daar geen vervaldatum is nie.)
Ek vra toe 'n afskrif van hierdie "nuwe" toevoeging tot die wet. Hy se toe hy het dit nie. Hulle is mondeling ingelig.
Ek se toe ek gaan nie aansoek doen vir 'n nuwe bevoedheidserftifikaat voordat hy dit nie vir my op skrif wys nie.

Wou by hom weet of my bevoedheidsetifikaat net op die handwapen van toepassing is. My ander handwapen verval nog nie. Wat 'n belaglike storie.

My aansoek ingedien en geweier om my bevoegdheid te hernuwe.

Wie is op die hoogte van hierdie uitspraak van die DFO? Kan iemand lig op die saak werp?
Dis nie die enigste DFO wat dit doen nie. Hulle doen dit nou ooral.

Sent from my SM-J700F using Tapatalk

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Wed Jan 10, 2018 10:21 am
by PWV
scheffere wrote:

Nee! Ek en my seun het saam bevoedheid gedoen in die Paarl. Alles presies identies. Hy het later na Vryburg verhuis. Toe myne verval (die oorspronklike kaartjie-uitreiking), moes ek myne hier hernuwe. Hy is na die kantoor in Vryburg waar hulle hom adviseer het dat dit nie nodig is nie, want dit verval na die datum waarop sy laaste vuurwapen se lisensie hernuwe moet word.
Hy is nog steeds in besit van die oorspronklike kaartjie-uitreiking. Het verlede maand aansoek gedoen vir 'n ander vuurwapen en hulle het sy oorspronklike bevoegdheid aanvaar. Hoe kan jy se hulle doen dit nou orals dieselfde?

Re: Chaos!!! Elke DFO maak sy eie Ordonansies/Wette?

Posted: Wed Jan 10, 2018 11:18 am
by spekieries
Firearm Training Certificates SAPS 30 march 2015.pdf [56.27 KiB] (Soos bo deur Viking gegee)

Paragraaf 5 P.2 is baie relefant. Alle SASETA sertifikate voor 2015 uitgereik word aanvaar mits die sertifikaat ingesluit word as 'n gewaarmerkte afskrif.

Bekwaam - Proffeciency
Bevoeg - Competency

Dus is my vorige aanname wel korrek. Eenmaal bekwaam altyd bekwaam voor 2015. Bevoegd word op polisie register gekontroleer. Maar weereens my vraag, as jy bevoeg is om een te besit, sê nou maar seksie 13 pistool, hoekom nie bevoeg om seksie 16 te besit nie.

Enigste rede is moontlik dat sportskut status of toegewyde jagter status verander het.(Ek dink ek het my eie vraag geantwoord)