Page 1 of 1

Help Asseblief: Lisensie vir Semi Auto 12 Gauge Haelgeweer

Posted: Mon Mar 05, 2018 2:45 pm
by Smittie86
Goeie middag Mede Forum Lede,

Ek het aansoek gedoen rondom Seksie 15(1) van die Vuurwapen wet vir 'n Semi-Sutomatiese Haelgeweer.

My lisensie is afgekeer vir seksie 15 (1) omdat seksie 15 (1) nie toelating maak vir Semi Auto Haelgeweer nie. (Eerlikwaar, ek het daardie NIE raakgesien nie en die DFO het ook nie my adviseer rondom dit en dit onder my aandag gebring nie. Dan sou ek mos nie aansoek gedoen het nie?)

Nou die vraag?
1. Is daar 'n manier om te appeleer en die besluit omgekeer te kry suksesvol en vinnig?
of
2. Wat is die maklikste en vinnigste manier om "Dedicated" status te verkry? Hetsy Sport of Hunter.

Enige raad sal waardeer word.

Groete,
Smittie86

Re: Help Asseblief: Lisensie vir Semi Auto 12 Gauge Haelgewe

Posted: Mon Mar 05, 2018 3:18 pm
by Viking
Smittie86,

Lyk vir my jy poep teen donderweer en niemand hoor jou nie!

Dit wil vir my voorkom of die verskil tussen Sportskiet en Toegewyde sport skut net 2 patrone is....dis totaal onsinnig!!

Art 15 laat die SAP nie toe om vir jou 'n semi automatiese haelgeweer goed te keur nie....wel Art 16 en dit beteken 'n HEEL NUWE aansoek.

Sluit so gou moontlik aan by Clay Target Shooting Association of South Africa en doen aansoek onder Art16 vir daai haelgeweer.

Terwyl jy wag vir die lisensie besoek jy hulle skietdae en laat jou log teken - as hulle dan jou aansoek afkeur appelleer jy met die log as bewys van toegewydheid.

Ek glo jou bevoegdheidsertifikaat sal dieselfde mag wees. Sover ek kennis dra was daar nie verskillende klasse bevoegdheid gewees toe ek myne gekry het nie, behalwe vir die tipe handwapen, jaggeweer en haelgeweer.

Sterkte!

Re: Help Asseblief: Lisensie vir Semi Auto 12 Gauge Haelgewe

Posted: Mon Mar 05, 2018 6:14 pm
by Meteor
Ek het semi bevoegdheid maar saam met my haelgeweer bevoegdheid ingegee. Ek weet daar is al lank gestry oor asof dit nodig is maar ek het nie tyd vir rondspeel en wou elkgeval myself 'n semi .22 kry.
Nou kan ek ook nie bevestig asof dit sou werk sonder dit maar dit sou ook maar nie veel meen as dit het want te veel mense het al die en daai gekry met hul onvoldoende/verkeerde aansoeke om dit as aanvaarbaar te sien.

Volgens my...as jy kon semi langgeweer doen en 'n semi haelgeweer, nie semi haelgeweer, semi langgeweer en nie semi haelgeweer kry op net daai een bevoegdheid sou daar nie 'n standaard wees met die naam Haelgeweer Bevoegdheid of Langgeweer Bevoegdheid. So vir semi haelgeweer stem ek jy kort semi bevoegdheid en haelgeweer bevoegdheid en vir semi langgeweer semi bevoegdheid en langgeweer bevoegdheid.

Re: Help Asseblief: Lisensie vir Semi Auto 12 Gauge Haelgewe

Posted: Mon Mar 05, 2018 8:17 pm
by Ds J
Die vinnigste toegewyde status waarvan ek weet is deur NHSA.

Sover ek weet het jy nie semi-outo bevoegdheid vir n haelgeweer nodig nie.

noem in jou nuwe motivering se aansoekvorm dat n aansoek afgekeur is weens n tegniese fout, of so iets.