Page 1 of 1

Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 12:45 pm
by KnifeOfWar
Goeie dag manne

Ek vra raad van die meer geleerdes asseblief.

Ek het n rooibok ram plat getrek die laaste naweek, en moet dit Donderdag by die slagters kry. Ek laat gewoonlik slegs biltong en droewors maak, maar ek voel dit is n mors van die rug fille'tjies.

Die vraag is, watter ander snitte stel julle voor ek uithou vir die rooster/pot?

Baie dankie

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 2:00 pm
by DawieKotze
Ek hou gewoonlik die twee sirloins (rugbiltonge) en fillets uit. Dan ook miskien een heel boud en natuurlik die nek! Daai nekke is bitter lekker in 'n pot of slow cooker!

Die res is biltonge en worsvleis.

Dit is alles ook afhanklik van hoe die bok geskiet is, uitgebloei is en hoe vinnig hy in die koelkamer kom kom. Bokke wat heeldag rondgehardloop het, se vleis is gewoonlik vol adrenalien en smaak nie lekker nie - hulle is als maar biltong en wors (vir my altans)

Groete

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 2:16 pm
by win270
Hier is 'n goeie beskrywing deur Cassie Nienaber van snitte wat jy ook handig behoort te vind.

Wildsvleisbewerking - Cassie Nienaber.pdf

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 2:27 pm
by KnifeOfWar
Dankie Dawie

Die bok was hoog in die nek geskiet, so 2 duim onder die oor. Die bokke het nog niks gehardloop vir die dag nie, en is seker 30min na sy val geslag. Ek sien vreeslik uit!

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 2:31 pm
by sako 30-06
Ek sny altyd die skenkels ook op, dis vir my die beste vleis vir n pot.

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 2:36 pm
by DawieKotze
KnifeOfWar wrote:Dankie Dawie

Die bok was hoog in die nek geskiet, so 2 duim onder die oor. Die bokke het nog niks gehardloop vir die dag nie, en is seker 30min na sy val geslag. Ek sien vreeslik uit!
Klink reg!

Wat ek vergeet het om te sĂȘ, is dat ek al die bene afkook na die bok bewerk is. Dit maak die lekkerste pasteivleis. Google maar - daar is baie resepte daarvoor.

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 4:23 pm
by Boesman10
Ek persoonlik dink om biltong te maak van wildsvleis is 'n mors. Die biltong halveer in gewig met die droog proses dus jou kostes verdubbel. Maak eerder biltong van beesvleis. Ek laat my wildsvleis verwerk as volg:
- Nek in skywe gesny (maak mees lekkerste pot hiermee)
- Skenkels opgesny (kook dit saam met 30% skaap en sit wortels by vir pasteie)
- Rug fillets uitgesny (vir daardie spesiale geleentheid)
- Ribbes heel of ontbeen (maak fantastiese rib rol met 'n ontbeende rib)
- 1 x Boude heel (kan vir baie disse gebruik)
- 1 x Boud laat maal vir maalvleis (ek sit niks vet by nie)
- Enige vleis wat oorbly word van die been afgesny vir braai wors met 15% skaapvet bygevoeg
- Bene wat oorbly word opgesny vir sopbene

Ek glo nie jy kan meer uit 'n karkas uitkry as die nie (behalwe vir die afval natuurlik)

Re: Rooibok snitte vraag

Posted: Tue Apr 03, 2018 4:33 pm
by DawieKotze
Boesman10 wrote:Ek persoonlik dink om biltong te maak van wildsvleis is 'n mors.
Nee wat Boesman - ek weet smaak verskil, maar 'n lekker stukkie koedoe of springbok biltong wat jyself gemaak het, is baie lekkerder as bees biltong.

Jy praat nou ekonomie terwyl ons van lekker eetgoed praat! :laugh: