Bietjie laat... maar eerder laat as nooit
Oktober laasjaar het ek 'n vriend van my in Namibië naby Buitepos gaan "help" met 'n paar oorseese jagters wat daar sou kom jag. Help soos in help om ouens rond te ry, bokke te laai en daai klas van goed. Hulle was 3 jagters en 2 kykers.
Als het goed verloop en die Woensdag voor die Donderdag, wanneer hulle terug Windhoek toe moes om hulle vlug te vang, gaan sit ons by watergat en soek 'n mooi vark. Ons was so 15:00 in die skuiling. Gewag en gewag maar net jong varke wat ingekom het. Enigste ou vark wat ingekom het stomp tande gehad, so die jagter wou die nie hê nie. Lank daar gesit tot donker maar al wat ingekom het was wildebeeste, eland, rooihartbeeste ens.
Terug by die huis word ek gevra hoekom ons nie die ou vark geskiet het vir rantsoene nie? "Dan moes jy my gesê het ons kon" is wat ek toe antwoord.
Donderdag op pad terug van Windhoek en ek besluit ek sal weer die ou vark gaan sit en inwag. Ek is weer by die watergat en bo in die skuiling teen 15:00 Vrydagmiddag, maar nie voordat ek eers 'n klomp bobbejane die skrik op die lyf gejaag het wat wou kom water drink nie. Ok, hier moet ek eers stop en noem dat ons die Vrydag oggend 'n nuwe krip ingesit het by die betrokke pos. Terug na die storie... in die skuiling op my eie, selfoon en 300 WinMag, nou sit ek maar en wag ... Eerste paar varkies kom in, maar dis maar weer die jonges, hulle stap eers na die ou krip se posissie en dan baie versigtig na die nuwe krip toe... maar niemand drink nie. Nou moet ek ook net eers weer verduidelik, die skuiling se opening kyk noord, bobbejane wat geskrik het was oos van die krip en daar stoot so sagte weste windjie.
https://i.imgur.com/rgSRau4.jpg
Nou soos die varke inkom van onder die wind af, ruik ruik hulle so, aanvanklik gedink dit was net oor die nuwe krip. Die skuiling is van planke gemaak, en tussen baster kameelhoutbome staan gemaak, so jou uitsig is redelik beperk tot die opening wat op die pos uitkyk.
Nog 'n paar varkies kom in, baie huiwerig om te kom drink en ek skuif net om myself gemakliker te maak. Op daardie oomblik toe skreeu bobbejaan se kind baie naby en baie hard net effe voor en effe links van die skuiling. Teen hierdie tyd het ek al darem ook seker gemaak by die baas van die plaas dat ek bobbejaan se kind kan "verwilder" wat nou seker wil kom kyk wat kan hulle breek by die nuwe krip. Ek staan toe op in die skuiling terwyl ek besig is om die 300 se slot toe te maak en die skuldige in die teleskoop se visier te probeer kry. Ek volg hom in die wegdraf nadat hy vir my geskrik het, dis toe dat hy by die baas verby draf wat rustig op sy agterstewe geplant in die sand sit, soos net 'n bobbejaan kan. Hoe lucky kan ek wees dink ek terwyl ek die geweer se plastiek kolf teen die rand van die skuiling vasdruk en die kruis laat bedaar op die bobbejaan mannetjie se bors wat met sy agterstewe nog ge-anker in die sand sit. Die skoot klap en die bobbejaan val net vorentoe, ek haal vinnig oor en verwag ek moet dalk n skoot in die hardloop waag op die luitenant wat die aanvaklike inspeksie werk kom doen het. Die het egter omgedraai en kom kyk, tot my groot verbasing, wat gaan aan met sy generaal wat nou gesig in die sand le soos 'n wafferse partytjieganger op 'n Kaapstadse strand die oggend van 1 Januarie. Die luitenant vertou nie die vrede en dink dit goed om op sy agterpote te gaan staan en te kyk of hy iets kan sien. Nodeloos om te se dat dit my nie lank gevat het om hom ook meer gemakliker te maak en hy het ook sonder enige ekstra beweging net in die sand gaan le na die skoot geklap het.
https://i.imgur.com/OetaV2j.jpg
https://i.imgur.com/eiV51pj.jpg
Al bewend van al die aksie en adrenalien is ek af met die leer van die skuiling, ek los die geweer bo want hy het nie band aan nie en dis effort op hom op en af te dra. O hel, nou wat as die bobbejane nie heeltmal dood is nie... miskoek in die hand en gooi die mannetjie raak, geen reaksie. Dan n stuk stomp, geen beweging. Nou vir sy luitenant... nee wat, hy is ook nie lus om 'n Lazarus op homself te trek nie. Sleep ek die mannetjie aan sy reeds gebreekte sterk onder bos in, want dis nog vroeg, ek wil weer gaan wag vir die vark. Trek toe die luitenant ook langs hom in die skaduwee in om hom geselskap te hou.
Terug in die skuiling wonder of ek nie die bobbejane te naby gelos het nie, alhoewel dit 'n goeie 50m weg was van die krip. Die varke is steeds huiwerig om in te kom, is dit nou die dooie bobbejane wat hulle ruik of is dit die nuwe krip wat hulle skrikkerig maak. Ek besluit toe maar om die bobbejane te los en eerder net stil te sit en wag...
Nou begin dit al laat raak en die vorige dag het ek iets opgelet wat ek graag weer wil toets. Sodra die tarentale uit die bos kom, is dit asof daar heelwat meer varke aktief word en inkom water toe. Dit is ook toe amper onmiddelik so toe ek die eerste tarentale op die rand van die bosse sien rondkrap op pad water toe. Erens van links sien ek 'n vlakvark ingedraf kom, skuins, bly heeltyd net so aan die binnerand van waar die bos begin. Dis heelaas nie die vark wat ek soek nie, nog 'n jongetjie, dan nog 2 wat by hom aansluit en hulle staan en krap by die ou krip se nat sand.
https://i.imgur.com/gedSJhv.jpg
Ek kyk op my horlosie, 18:25, dit begin laat word en ek is besig om lig te verloor... Ek kyk regs en 'n aansienlike groter vark wat aangedraf kom vanuit die bosse... "DIS HY !" dink ek en hy is dors ! Hy kom vinnig ingedraf, ek maak die geweer weer reg... Die ander 3 jongetjies kom groet hom en speel-speel stoei met hom en hy draai om en draf saam met hulle in die bosse in... "WAT?!?!? NEE NEE NEE, KOM TERUG" skreeu ek in my gedagtes. Ek kan dit nie glo nie... heeldag se gewag om alles te bederf deur drie jong varke... Sit maar stil tot dat donker is dink ek, optimisties dat iets dalk kan verander en geluk weer in my guns kan draai. Niks, nie eers 'n tarentaal... Ek kyk weer regs, meer uit hoop en dink by myself dis nou of nooit... ek kan dit amper nie glo as die juiste ou vark weer terug gedraf kom uit die bos. Die jonges se geselskap het hom seker verveel. Reguit na die ou krip se staanplek... Hy gaan staan en rondkrap, die 300 is reeds reg en op die skietstokke... Die kruishaar sak tot net onder sy linkeroor en met die klap van die skoot eindig alles vir die vark. Ek sit eers vir n oomblik stil, dink vinnig terug aan wat als gebeur het vandag en neem dit net so beitjie in. Ek maak my goed bymekaar en klim af by die skuiling. Stap oor na die vark en neem n paar fotos...
Ingang
https://i.imgur.com/80vnft3.jpg
Uitgang
https://i.imgur.com/wrAwRBA.jpg
Stompies
https://i.imgur.com/Q1R5xkK.jpg
Skuiling in agtergrond...
https://i.imgur.com/dHQilfR.jpg
Perfekte einde tot die dag
https://i.imgur.com/sTBqmwN.jpg
Ek sit toe en wag op die ou plaasdam se baksteenmuur en wag vir my lift huistoe... die son het al gesak en terwyl ek doodstil sit en staar na niks waar die son gesak het... sien ek iets uit die hoek van my oog wat my aandag trek... my oë draai en daar 15m van my af staan n jong vark en bekyk my, sy grys kleur wat mooi saamsmelt met die sand wat met die swak lig nou ook grys verkleur het... hy draf met n boog om my... stop en kyk weer.... draf toe weer verder en toe hy weer gaan staan het hy seker my reuk gevang en is daar weg met 'n vaart... ek kon net glimlag en by myself dink dit was n goeie dag...
Namibië, Oktober 2017
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Namibië, Oktober 2017
Last edited by gillie on Thu Apr 26, 2018 4:01 pm, edited 1 time in total.
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: Namibië, Oktober 2017
Heerlike storie... verlang ek nou die plaas
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Namibië, Oktober 2017
Jy het goed gevaar . . . plaas gerus die foto's. Dis lekker om so op 'n man se eie hulle in te wag en met goeie skote hulle te klits sonder enige lyding van die dier.
