Page 1 of 1

Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 7:57 am
by LeRoy
Watter grootte hael vir duiwe?

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 7:59 am
by gillie
Jy kan nie verkeerd gaan met 7.5 nie. Besig om tans met no 9 te "eksperimenteer", werk ook goed. Op einde van dag gaan dit oor die skut se vermoeë meer as die geweer/ammo ens.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 8:08 am
by tripodmvr
6-9 hael sal werk. Vir kransduiwe wat soms verder en hoër vlieg is 7 en 7,5 gewoonlik die norm.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 10:13 am
by Harambe
^goeie tip oor die swaarder korrels vir verder skiet.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 12:17 pm
by Forester
Ons het die afgelope seison baie sukses gehad met Eley se 6.5 op kransduiwe. Vir die ringnekduiwe kan jy enige iets gebruik, hulle val baie maklik.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 12:58 pm
by laurencexw@gmail.com
hallo ek is nuut op die forum. wil graag my twee seun vat om duiwe te skiet is daar dalk plek naby Krugersdorp.
naam is Laurence .

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 2:30 pm
by Monster
Ek het geskuif na no6 toe. Die 7.5 is lig in die broek as jy effe verder skiet

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 4:25 pm
by Dirkonius
Ons het verlede naweek gaan duiwe jag en hoofsaaklik kransduiwe geskiet. Vir meeste van die skote het die no.’s 7 en 7.5 @ 28 gm gewerk. Vir die hoër skote het ons goeie sukses gehad met no. 7 @ 32gm rondtes. Met die 32 greiners het die duiwe mooi geval, waar hulle nie altyd dadelik dood was met die 28gm nie. Hoop dit help.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Thu May 03, 2018 5:29 pm
by Rudi Fischer
Ek skiet 6’e 28gr
As ek 7.5 gebruik verander ek my chokes na 3/4 dan val die duiwe ook maar.

Re: Hael vir duiwe

Posted: Sun Aug 11, 2019 6:09 pm
by Piet375
Ek skiet gewoonlik 7,5 want dit is wat ek ook gebruik vir sporting clays. Een jaar het ek 29gr no6 gekry vir goedkoop.en toe somer baie gekoop. Dit werk vir my better op Rocky's as die 7,5 en as ek nou moet koop spesafiek vir duiwe sal ek dit koop.