Page 1 of 1
Eland vleis en slaghuis verwyssing
Posted: Thu May 10, 2018 9:24 am
by saswart
More almal,
Ek beplan om 'n eland koei te skiet vir vleis. Wat het julle manne al gedoen wat gewerk het? Ek beplan om die sirloins, rumps ens te sny, sosaties, maalvleis en wors(droe en braai).
Ook waar bewerk julle manne wat lekker is. Ek het al 'n paar slaghuise in Pta gebruik maar sommige in veral Pta Oos is onnodig duur.
Dankie
Re: Eland vleis en slaghuis verwyssing
Posted: Thu May 10, 2018 9:42 am
by Rasmus
JY kan Eland maar bewerk net soos bees!
Kontak gerus vir Robbie op die forum, Wildshoekie vleismark!
Re: Eland vleis en slaghuis verwyssing
Posted: Thu May 10, 2018 9:52 am
by Frederik
Rasmus wrote:JY kan Eland maar bewerk net soos bees!
Kontak gerus vir Robbie op die forum, Wildshoekie vleismark!
Ek kyk weer die jaar of dit moonltik is om weer eland te jag en dan na Robbie toe te vat.
Jy sal nie foutmaak nie.
Re: Eland vleis en slaghuis verwyssing
Posted: Thu May 10, 2018 9:52 am
by sako 30-06
saswart wrote:More almal,
Ek beplan om 'n eland koei te skiet vir vleis. Wat het julle manne al gedoen wat gewerk het? Ek beplan om die sirloins, rumps ens te sny, sosaties, maalvleis en wors(droe en braai).
Ook waar bewerk julle manne wat lekker is. Ek het al 'n paar slaghuise in Pta gebruik maar sommige in veral Pta Oos is onnodig duur.
Dankie
Sagste, lekkerste en beste vleis wat daar is.
Soos genoem, sny op soos bees. Eland koei vleis is sagter as beesvleis.
Moenie vergeet van die Ribeye steaks nie. Ek sit 10% brisket vet by die mince.
Robbie sal jou verseker mooi kan help. Al probleem is as jy eers die vleis proe gaan jy klaar beplan om nog een te skiet.
Re: Eland vleis en slaghuis verwyssing
Posted: Thu May 10, 2018 9:55 am
by saswart
Baie dankie - Pel van my laasjaar by Vleishoekie in gegee - baie in sy skik gewees. As almal hierop hul ook aanbeveel kan dit net goed wees!