Page 1 of 1

2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:08 pm
by Joubert778
Middag manne, hoop julle geniet die.

Hier net na die 2de Januarie is ons weer terug plaas toe na n lekker vakansie by die see. Daar word toe vinnig besluit dat ek nie vir n maand lank op die plaas kan werk en nie tog tenminste een of twee bokke te laat bakkie ry nie. Vinnig bel ek toe maar my pa ( aangesien dit tog sy bokke is ), en in die gesprek noem hy toe dat daar so n ram troppie is wat hy eintlik wil laat uitskiet. Ek vat toe maar n kans en bied aan om die ramme te koop per kilogram afgeslag en n ooreenkoms word bereik.

Vriende word gebel en planne gemaak om te help met die taak. My groot vriend Symmington (Symmas) spring op die geleentheid en se hy bring sommer al sy roere saam. Joost ons ander vriend se hy bring ook sy roere saam maar kan eers later deur kom. Darius vra sommer al klaar vir verlof, en Korkie se hys daar tot sy klasse weer begin.

Dinge loop redelik glad en die dag arriveer toe die eerstes van ons groepie trawante by die plaas opdaag. Jandre en Symmas het klaar bloed getrek op die grondpad met die .22 nadat Jandre n blou aap op n gestroopde land sien sit het. Ons mors nie tyd nie en ry direk skietbaan toe, die afpak kan maar vir eers wag net die noodsaaklike kom uit die klein silwer Ford Figo uit naamlik naamlik Jag stewels, ammunisie, kamaste, die koolerboks en ook die gewere (die afpak het toe eers die volgende oggend gebeur). Op die skietbaan maak ons seker dat die roere skiet raak en so ook skiet ons die .30-06 in met sy nuwe knaldemper. Na die skietbaan sessie word die vuur aangesteek en n plan van aksie word bespreek rondom die gloeiende sekelbos kole terwyl daar boerbok tjoppies en wildswors gebraai word.

Dou voor dag is ons veld toe maar met groot teleurstelling kry ons nie die troppie nie. Ons draai maar toe om en begin te stap na die huis se kant toe minwetend wat vir ons voorlĂȘ. Ons het nie 400 meter gestap nie toe daar n mooi ram deur die swarthaak bosse verskyn, hy was heeltemal onbewus van ons gewees. En daar maak ek toe die rekening oop vir die jaar, 36 kilogram uitgeslag op 130 meter met .30-06 CZ 550 American 180 gr PMP blou boks.
IMG-20180205-WA0023.jpg
Die bok gelaai en geslag besluit ons om weer n draai later te gaan ry want die hitte was drukkend. Later die middag vat ons toe die bakkie en soos wat ons in die hoofpad van die plaas indraai staan daar n mooi knypkop so duskant 200 meter. Jandre laat die ram toe val met die .222 Rem 50 gr.
IMG-20180125-WA0028.jpg
Die daglig draai toe tot n einde met plaaswerk wat keer dat ons kan verder uitskiet. Net voor son onder daag Ronald op met die nag jag toerusting. Na n vroee aandete word die toerusting uitgepak en vat ons weer die pad rondom 7 uur. Daar val toe 11 mooi ramme deur die nag met die laaste ram wat net voor 5 die volgende oggend val asook n jakkals wat besig was om n trop rooibokke te bekruip.
IMG-20180311-WA0006.jpg

Vir die res van die maand het ons nog so n klompie bokke geskiet. Ons finale getal bokke geskiet was 48. In daardie tyd het ek ook self my lisensie gekry vir my .308 win, en ek het hom goed ingewy met n vlakvark en n rooibok.

Vlakte Groete

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:14 pm
by Joubert778
Darius se 1ste rooibok ram 120 m .30-06 PMP 180gr
IMG-20180204-WA0023.jpg
Joost se ram 60m .308 win 150 gr Federal Premium
IMG-20180204-WA0019.jpg
Symmas 100m .308 win 150 gr Federal Premium
IMG-20180205-WA0029.jpg

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:20 pm
by Joubert778
Eerste bloed met die nuwe gun 120m .308win 150gr Federal Premium
27544682_2088740951152506_296242404383584914_n.jpg
Rooibok 280m .308win 150gr Federal Premium
27545150_2088740977819170_4715838329941905108_n.jpg

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:28 pm
by Geno
Lekker Franna!

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:54 pm
by Joubert778
Dankie Geno ! Jy moet maar volgende keer saamkom

Hier is nog so paar fotos :
My eerste Roer: .308win Tikka T3 Super Varmint met n Nightforce SHV 5-20X56
01.jpg
Ons het sommer die plaasbakkie gebruik
04.jpg
Die blesbok was bietjie parmantig gewees terwyl ons besig was om beeste te spuit. Hy maak toe die voet fout om binne skietafstand te kom. Ek het hom gerange op 260m en Symmas met sy .222 Rem 55gr punte het hom toe n loodpil gevoer.
03.jpg

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 3:55 pm
by Joubert778
So n laaste foto van die Sonsondergang op die Springbok Vlakte
02.jpg

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 4:20 pm
by Flip Nel
Baie Nice dankie vir die deel

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 5:09 pm
by ruaanb
Jissie dit lyk nou sommer ekstra lekker. Dankie vir die deel.

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 9:04 pm
by Tikka_25-06
Baie mooi rooibokke daai! Gewig?

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Wed May 30, 2018 11:46 pm
by Joubert778
Hulle het so gemiddeld tussen 34kg en 45kg uitgeslag met die swaarste bok wat 45 kg geweeg het. Die ligste bok was daardie jong knypkoppie en hy het 24kg uitgeslag. Die totale gewig vir die hele trippie was so 1.75 ton.

In retrospek was die n baie goeie leer ervaring. Die uitskiet stories is nie maklik nie al mag dit so voorkom, ek self het die hele storie defnitief onderskat. Maar dit is hoe n mens leer. Dis defnitief iets wat ek gaan aanpak en aandag daaraan gee, want dit is tog n baie lekker manier om ekstra sakgeld te verdien, en dit is belonend om te kan sien hoe jy as n skut verbeter in terme van spesie identifikasie en reaksie tyd. En om eerlik te wees, dis soos n nickerbol hard maar lekker.

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Fri Jun 01, 2018 5:13 pm
by Ben Remington
Hallo..

Julle lyk na paar lekker pelle....baie mooi bokke wat julle geskiet het en baie mooi fotos...
Ek hou die meeste van die oop slotte ....hou so aan....

Groetnis

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Sun Jun 17, 2018 10:21 pm
by Vlakvark Soldaat
Netjies, ek is sommer jaloers! Jus ek het al Roedtan plat gejag...

Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.

Posted: Mon Jun 18, 2018 6:56 am
by Willeboer
Baie netjies, hou van die pette op elke bok.


Sent from my iPhone using Tapatalk