2 times lucky.
Posted: Mon Jun 04, 2018 12:59 pm
Vriende.
Ek het die naweek weer 'n draai geloop.
Was die oggend net na 7 in die veld, son was nog nie eers op nie. Het toe een kamp deurgeloop en niks gekry nie. Toe ek by die bakke kom het ek tot by die grensdraad grery. Sien toe 'n nuwe paadjie wat boer al langs die grens draad gemaak het en besluit toe om te verken. So n entjie gery en toe besef die veld en koppie het te min bos/boom vir koedoes.
Draai toe om en stop stop. So staan ek hande in die sak voor my bakkie en wonder; is dit nou die moeite werd om hier so 'n entjie te stap. Aag wat; ek is nou hier en besluit ek sal sou kort draaitjie loop want daar voor raak die veld effens meer bebos.
Na so 10 minute se stap sien ek n koedoe koei so teen die rantjie, sy kyk toe al reeds vir my. Ek gaan staan toe agter n haakbos tot sy kalmeer en verder vreet. Deur die verkyker sien ek toe nog 2 koeie en ek wil toe glo daar moet n bul ook by wees. EN wragtag; onder op die koppie se voet staan en vreet n mooi bul aan n wag n bietjie bos.
Hy staan toe buite my gemaklike skiet afstand en toe kruip ek maar op my kniee tot op 205m. Slaan skiet stokke op, kry 308 reg vir aksie en toe begin die groot wag; want hy staan met sy gat na my toe. So wag ek omtrent 5 minute (vir my meer gevoel soos 30minute) dat hy moet dwars draai. Uitendelik draai hy effens en kry ek "quater away" skoot. Die 150gr SST loop toe in sy regter rib in. Na ek die "doep" hoor, spring hy 180grade om en stap met so n krom rug teen die bult af. Dadelik weet ek; sy tyres gaan nou pap raak en dan parkeer hy.
Die koeie het geen idee waar die skoot vandaan kom nie ek kyk verbaas rond. Ek het al baie gesien dat n geweer met 'n silencer die bokke "confuse".
Die volgende dag het ek nog n bul teen dieselfde koppie geskiet.
Toe ons die bok slag besef ons die ou groot man het 'n fight of 2 verloor. Hy het 3 gebreekte ribbes gehad en 2 bloederige kneus plekke op sy boude gehad.
Altwee karkasse was 170kg.
Groete.