Page 1 of 1

Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 5:18 pm
by Mellies
Ons jaggroep het einde Mei die geleentheid gekry om Waterbokke wat teveel is teen n baie goeie prys te jag.

Dag een het ons hope waterbokbulle gesien, maar was onsuksesvol. Van die ander manne het wel Eland en Koedoebulle geskiet. Ek was op die spoor van n massiewe waterbokbul, maar die slim meneer het heeltyd saam met vier of vyf koeie beweeg wat dinge baie moeilik gemaak het. Beide sy horings en lyf was in uitstekende kondisie. Ek kon hom darem op so 60m met die kyker dophou waar hy saam die dames onder die bosse gelê het.

Dag een: Waterbok 1 - Mellies & Buks 0

Vroeg op dag twee is ek met Eskom se sementpad teen die berg uit. Gensbok, blesbok, eland en volwasse waterbokbulle en koeie gesien.

In die een hoek van die 2500ha kamp het blesbokram en n stokhoringoue waterbokbul mekaar geselskap gehou. Lg. het plat op die grond gelê met sy ken voor hom uitgestrek met horings amper teen sy rug. Die afstand was 451m.

Agter die ou grote, aan my regterkant, was n rantjie so paar meter hoër as die bul. Omtrent 20minute later het ek plat op my maag tussen die karoo se ronde klippe, oor die rant geloer. Die bul was steeds baie rustig. Op die radio gou die ander laat weet ek gaan skiet. Afstand het gekrimp na 160m.

Gou n ‘before’ foto geneem, n 150gr Accubond in Buks se keel gedruk en die brh se eerste merkie laat rus waar die kop en die nek bymekaar aansluit.

Buks het gesels en die ou grote het sy bes gedoen om op te staan maar sy poeier was op en het stil gelê.

Dit was n genuine trofee volgens my. Sy skof en heupe duidelik sigbaar, met n groot skeur/sweer onder sy regteroor. Hy het verseker al beter dae geken.

Na my pa en vriende by my aangesluit het, het ons paar prentjies gevat en begin dra....

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 6:22 pm
by Nella
Daai is n duk waterbok bul mielies...mooi gegooi daar geluk.

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 7:18 pm
by henried
Wow, baie geluk.

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 7:40 pm
by Flip Nel
Baie Geluk, dankie vir die deel

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 8:25 pm
by Ashley
Baie netjies. Geluk, daai horings lyk mooi.
Het jy hulle gemeet?

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 8:44 pm
by Tampie
Bly jy geniet Buks meneer!

Groete

Re: Buks se Waterbok

Posted: Fri Jun 29, 2018 8:54 pm
by Doepie
Baie dankie vir die deel Mellies , dis lekker om dit te lees...Baie geluk met 'n prag bok!

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sat Jun 30, 2018 5:36 am
by ruaanb
baie geluk met 'n prag bok!

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sat Jun 30, 2018 7:24 am
by DWB
Baie geluk! Baie mooi!

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sat Jun 30, 2018 7:33 am
by jdpretorius
shoe ! daai is 'n mooie, baie geluk

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:14 am
by Geno
Geluk Pel! Bitter mooi bok!

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:33 am
by PWV
Is dit eties om iemand te skop as hy lê? :confused: :o :police:

Mooi trofee!

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sun Jul 01, 2018 12:06 pm
by BSniperEM
Leke Mellies! Daai was n smart bok en ek like daai "before" pic!

Ekt daai bok gesien, dink dit was die mees etiese ding wat mens vir daai bul kon doen!! ;)

Sien jou oor 2 weke... kannie wag!

Chorts

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sun Jul 01, 2018 12:19 pm
by Mellies
Dankie almal.

Met n vleisie...

Re: Buks se Waterbok

Posted: Sun Jul 01, 2018 12:26 pm
by Mellies
Ashley wrote:Baie netjies. Geluk, daai horings lyk mooi.
Het jy hulle gemeet?
So twee clicks kort van 28” Ashley.

Met n vleisie...

Re: Buks se Waterbok

Posted: Tue Jul 03, 2018 9:08 pm
by Mellies
Tampie wrote:Bly jy geniet Buks meneer!

Groete
Skiet soos n droom!!

Dankie.

Met n vleisie...

Re: Buks se Waterbok

Posted: Wed Jul 18, 2018 2:53 pm
by koos 2
Well done
Baie geluk

Re: Buks se Waterbok

Posted: Wed Jul 18, 2018 2:57 pm
by joe rocket
Baie geluk. Baie mooi bok. Die bok het glad nie van jou geweet nie. Great stalk.

Re: Buks se Waterbok

Posted: Mon Jul 23, 2018 1:58 pm
by ZKK
Ek sien Miellies is so bly oor die bok hy het skoon van die vleisie vergeet in sy eerste post?

Re: Buks se Waterbok

Posted: Mon Jul 23, 2018 2:02 pm
by Supacow
Was seker voor die post by Spur

Re: Buks se Waterbok

Posted: Mon Jul 23, 2018 3:32 pm
by Mellies
ZKK wrote:Ek sien Miellies is so bly oor die bok hy het skoon van die vleisie vergeet in sy eerste post?
++>: ++>: ++>:

Met `n vleisie...

Re: Buks se Waterbok

Posted: Mon Jul 23, 2018 3:33 pm
by Mellies
Supacow wrote:Was seker voor die post by Spur
Noooooit gesien nie!!

Met `n vleisie...

Re: Buks se Waterbok

Posted: Mon Jul 23, 2018 3:47 pm
by toelie
Baie geluk, dit is n mooi bul