Page 1 of 2

Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:09 pm
by Ben Remington
Goeie dag....

Paar van my pelle het hier kom draai en ons het weer soos altyd goeie tye saam geniet in die veld. Paar mooi bokke is geskiet en daar is lekker gekuier om die vuur. Kalibers wat gebruik is was .308, .270 en 243. Elke jaar kry ek meer en meer respek vir 'n .270, dis heel moontlik my volgende kaliber. Hier en daar het 'n skoot nie mooi geloop nie maar met die hulp van die brakke is als opgespoor. Ek het net weer gesien hoe belangrik dit is om eers op papier te kyk waar die skote sit voordat daar op bokke geskiet word.

Hier is paar kiekies.

Groetnis

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:11 pm
by Ben Remington
...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:12 pm
by Ben Remington
....

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:13 pm
by Ben Remington
...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:14 pm
by Ben Remington
....

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:18 pm
by Ben Remington
...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:18 pm
by ruaanb
paar mooi bokke daar Ben!

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:20 pm
by Ben Remington
...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:26 pm
by Supacow
270 genot!
Lekker dik kuru

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:27 pm
by Springkudu
Sjoe, daai Koedoe se horings, ma se tjops!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:43 pm
by Ben Remington
...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 3:46 pm
by Frederik
Lekker jag gewees geluk julle.

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 4:07 pm
by Flip Nel
Jy kannie sê die 270 werk mooi nie, paar manne gaannie slaap vannaand nie

Mooi bokke soos gewoonlik dankie vir die deel

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 4:31 pm
by Leon Crous
Blism Ben!
Baie mooi bokke en hul kondisie is erg mooi. Wil nie oom Kudu uitsonder nie...maar hy is darem 'n MENEER!
Baie mooi foto's. Dankie dat jy altyd jou jagte vaslê en deel.
Altyd lekker as lekke pèlle saam kan jag en kuier.
Cheers.

ps. O ja, dan die vraag.... Is dit jong Rooibok wat nie oor die draad kon kom nie en wat sou daai bene so mooi afgevreet het?

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 4:40 pm
by Stephan86
Daai maak my groen, maar baie geluk aan almal met die mooi bokke.

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 7:22 pm
by honda2
Baie mooi jag - geluk.

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Tue Jul 17, 2018 7:51 pm
by willers
Flip hou by 308

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 7:53 am
by Dolf014
Baie mooi Ben.

Heel toevalligheid; ek het net gister oggend vir ons jag groep camo caps bestel waarop staan "PELLE JAG 2018"

Groete.

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:02 am
by joe rocket
Netjies Ben, altyd lekker om saam met die regte pelle te mag jag.

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:29 am
by Carl
Baie mooi fotos Ben en 'n paar mooi trofee bokke. Daai rooster so op die kole in die rooi sand, ai dis lekker herinneringe.

Net terloops, ek sien die een Ford se registrasie nommer is uitgevee. Is die man onwettig daar - sonder mamma se toestemming?

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:39 am
by joe rocket
Net terloops, ek sien die een Ford se registrasie nommer is uitgevee. Is die man onwettig daar - sonder mamma se toestemming?[/quote]

Het oom Frikkie het opgradeer na n Ford?

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 11:39 am
by FHM
Ben Remington wrote:...
Hel Ben mooi gejag ou maat - prag diere.

PS: met watse kaliber het jy daai laaste bok by die draad geskiet dat net die voorbene oor is...

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 12:05 pm
by jooste
Baie mooi fotos.

Jou opmerking dat dit belangrik is om geweer eers op papier te toets voor bokke geskiet word is uiters belangrik.

Sien n paar skote het wyd geloop, soos byvoorbeeld die eland hierbo se skkot. As dit 2 duim laer was sou julle baie hard gesoek het.

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:46 pm
by airhunter
Lekke Ben. Mooiman.

Jy weet, nes ek oor die ergste van my liefdes teleurstelling is dan plaas jy weer fotos van daardie hondjie. Damnit!

Re: Pelle Jag Julie 2018

Posted: Thu Jul 19, 2018 8:03 am
by Ben Remington
Leon Crous wrote:
ps. O ja, dan die vraag.... Is dit jong Rooibok wat nie oor die draad kon kom nie en wat sou daai bene so mooi afgevreet het?
Hallo Leon...

Dit was 'n kudu wat gespring het.

Dit kan luiperd, jakkals, bojaan en bruin hiëna wees wat daar gevreet het asook kraaie.

Groetnis