Page 1 of 3
Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 01, 2018 9:40 pm
by likweD
Naand julle,
Ek het op 11 Junie aansoek ingedien, sec 16 22LR. (my eerste sec 16 aansoek)
Raai wat dis steeds by die stasie vir voorbereiding voor Provinsiaal, wat nog te praat van Pretoria... Is daar enige salf te smeer?
Hulle verseker my die aansoek is nie weg nie, hulle is net besig om op te vang... Enige ander raad as om die 90 werksdae uit te sit en dan ernstig kapsie te maak?
Groete,
Halvar
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 01, 2018 9:45 pm
by alecjohnson
sit in selfde boot myne le nog by die stasie... 22 Junie ingegee en stakings in kimberly het veroorsaak dat my aansoek eers later weg gaan, hoop maar vir die beste anders gaan ek storingskostes moet begin betaal... niks lus vir daai nie!
ek luister saam
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 01, 2018 9:52 pm
by JJV
My Ar aansoek is nou 113 dae uitstaande, erns gelees dat dit nie 90 werksdae is nie maar wel kalender dae, vandag vir sajagter epos gestuur dat hul moet help, dalk werk dit! JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 01, 2018 9:55 pm
by Pappabeer
Retardsbaai is pateties tans. Empangeni het nou n hernuwing in 10 dae gedoen vir my en n lisensie in 3 weke. KwaMbonambi is ook vinnig. Kry maar n adres hier en gee hier in
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Sun Aug 05, 2018 9:32 pm
by likweD
Pappabeer wrote:Retardsbaai is pateties tans. Empangeni het nou n hernuwing in 10 dae gedoen vir my en n lisensie in 3 weke. KwaMbonambi is ook vinnig. Kry maar n adres hier en gee hier in
Het jy 'n kamer met plek vir 'n kluis te huur?
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Sun Aug 05, 2018 10:39 pm
by Barry Loock
likweD wrote:Pappabeer wrote:Retardsbaai is pateties tans. Empangeni het nou n hernuwing in 10 dae gedoen vir my en n lisensie in 3 weke. KwaMbonambi is ook vinnig. Kry maar n adres hier en gee hier in
Het jy 'n kamer met plek vir 'n kluis te huur?
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Richardsbaai is die probleem.
Die DFO is onbevoeg om sy werk te doen.
Ek het navorsing gedoen in KZN streek en die meeste wapen eienaars is te vrede met hulle plaaslike DFO.
Ek het beeld material dat hy nie eers kan inlock op die stelsel nie. Hy is pateties.
Hit the road running
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Mon Aug 06, 2018 7:20 am
by Joe13
Barry Loock wrote:likweD wrote:Pappabeer wrote:Retardsbaai is pateties tans. Empangeni het nou n hernuwing in 10 dae gedoen vir my en n lisensie in 3 weke. KwaMbonambi is ook vinnig. Kry maar n adres hier en gee hier in
Het jy 'n kamer met plek vir 'n kluis te huur?
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Richardsbaai is die probleem.
Die DFO is onbevoeg om sy werk te doen.
Ek het navorsing gedoen in KZN streek en die meeste wapen eienaars is te vrede met hulle plaaslike DFO.
Ek het beeld material dat hy nie eers kan inlock op die stelsel nie. Hy is pateties.
Hit the road running
Kêrel ek is bevrees die meeste plekke het swak diens. Sommiges net erger as die ander.
Myne 18 April ingedien en wag nou nog...
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Mon Aug 06, 2018 7:47 am
by Hein M.
My aasoek vir 'n pompaksie haelgeweer is in April afgekeur weens foutiewe werk deur amptenare. Weer aansoek gedoen. Hy is van Mei af by die CFR. Weetnie of dit ooit goedgekeur gaan word nie...
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Mon Aug 06, 2018 5:28 pm
by Hein M.
Hein M. wrote:My aasoek vir 'n pompaksie haelgeweer is in April afgekeur weens foutiewe werk deur amptenare. Weer aansoek gedoen. Hy is van Mei af by die CFR. Weetnie of dit ooit goedgekeur gaan word nie...
Olraait... Het vanoggend 11:00 die magic SMS gekry dat hy goedgekeur is

Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 12:15 pm
by airhunter
Dit lyk my die "Luck of the Draw" speel n groot rol.
Ek het ingedien by ons DFO 22 Junie 2018. SMS vir goedkeuring gekry 22 Augustus 2018.

Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 2:39 pm
by Harambe
Onthou ook net dat almal en sy oupa nou die dag gespring het om hul lisensies the hernu, so as 'n ding lank vat EN die DFO doen sy werk, gaat jy in ek geval moet aanvaar jy gaan dalk lank moet wag. As ek nou 'n aansoek indien, sal ek maar sommer van die begin af aanvaar hy gaan dalk eers Januarie goedgekeur word. En as hy vroeer is, dan kom spog ek hier daaroor.
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 6:22 pm
by Barry Loock
JJV wrote:My Ar aansoek is nou 113 dae uitstaande, erns gelees dat dit nie 90 werksdae is nie maar wel kalender dae, vandag vir sajagter epos gestuur dat hul moet help, dalk werk dit! JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
My AR is geweier nadat dit 127 dae (werksdae) by CFR gele het.
Na ek die brief gekry en dit bestudeer het was daar verkeerde inligting alreeds op hul register. Die frabrikaat het sommer na n ander naam gegaan maar ten minste was die reeks no vd wapen reg gewees.
Die rede vir die afkering was n patetiese, dat ek wel verskeie ander wapens het wat dieselfde diens kan doen.
Ek het nie eers n .223 rem kal op my naam nie.
Toe worstel ek met die vraag van appel of nuwe aansoek van voor af.
Ek het verskillende opinies gekry en einde laaste het ek maar die appel roete gegaan.
Kom ons kyk maar wat gaan volgende gebeur.
Hit the road running
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 6:40 pm
by JJV
Ek is net bang met Gosa en SA jagter forseer jy hulle om jou aansoek af te handel, om hom bloot te weier is ook afgehandel......
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 7:53 pm
by likweD
likweD wrote:Naand julle,
Ek het op 11 Junie aansoek ingedien, sec 16 22LR. (my eerste sec 16 aansoek)
Raai wat dis steeds by die stasie vir voorbereiding voor Provinsiaal, wat nog te praat van Pretoria...
Opdatering: geen verdere sms'e ontvang nie, bel vandag Pta nommer een hulle bevestig dit het gister darem in Pta aangekom...
Hopelik is als gedek, selfde wapen is geweier omdat ek nie in motivering aangedui het WAAR ek die wapen van gebruik nie.. Ek het maar sec 16 aansoek roete geneem na toegewyde status toegeken is.. So die horlosie loop, ons kyk hoe Pta se effektiwiteit teen Retardsbaai opweeg..
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 7:55 pm
by likweD
Barry Loock wrote:JJV wrote:My Ar aansoek is nou 113 dae uitstaande, erns gelees dat dit nie 90 werksdae is nie maar wel kalender dae, vandag vir sajagter epos gestuur dat hul moet help, dalk werk dit! JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
My AR is geweier nadat dit 127 dae (werksdae) by CFR gele het.
Na ek die brief gekry en dit bestudeer het was daar verkeerde inligting alreeds op hul register. Die frabrikaat het sommer na n ander naam gegaan maar ten minste was die reeks no vd wapen reg gewees.
Die rede vir die afkering was n patetiese, dat ek wel verskeie ander wapens het wat dieselfde diens kan doen.
Ek het nie eers n .223 rem kal op my naam nie.
Toe worstel ek met die vraag van appel of nuwe aansoek van voor af.
Ek het verskillende opinies gekry en einde laaste het ek maar die appel roete gegaan.
Kom ons kyk maar wat gaan volgende gebeur.
Hit the road running
My skoonpa se appèl is binne 2 maande afgehandel. Kaartjie toe 2 weke na suksesvolle appèl gekry.. Maar hy is in Pta...
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 8:26 pm
by Barry Loock
Daars dalk hoop
Hit the road running
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Wed Aug 22, 2018 8:47 pm
by JJV
More kry Gosa my R500 om op te volg, 90 Workingdays is verby, en as hul weier gn dit my meer geld kos!! Sal jul laat weet hoe dit vorder......
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Thu Aug 23, 2018 8:53 pm
by JJV
Manne, vandag my R500 betaal vir Gosa om my AR aansoek op te volg, ek belowe julle 6 minute nadat ek epos met bewys van betaling en die magtiging vorm vir hulle gestuur het toe het ek antwoord van hulle gekry dat hul reeds CFR gekontak het en wag vir terugvoering, dit is diens.....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Thu Aug 23, 2018 8:58 pm
by Krobb
JJV wrote:Manne, vandag my R500 betaal vir Gosa om my AR aansoek op te volg, ek belowe julle 6 minute nadat ek epos met bewys van betaling en die magtiging vorm vir hulle gestuur het toe het ek antwoord van hulle gekry dat hul reeds CFR gekontak het en wag vir terugvoering, dit is diens.....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek kontak ook nou en dan die cfr en wag ook vir terugvoering en dit is waar dit bly. As ek bel lui die telefoon net. E- posse kan jy net sowel maan toe stuur.
Ek is gatvol en die ergste is ek is magteloos.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Thu Aug 23, 2018 9:00 pm
by Fanta300
Bel na agt in die aand
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Fri Aug 24, 2018 8:59 am
by Krobb
More almal
Ek voel soos n nuwe mens, my vreugde ken geen perke nie.
Gisteraand lê ek in my bed en braak gal oor my lisensie en vanoggend 06H52 kry ek n sms die apél het geslaag lisensie is goedgekeur.
Nou net vir die kaartjie.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Fri Aug 24, 2018 9:40 am
by Springkudu
Ek het vanoggend gebel om op te volg op my applikasie, toe lig hulle my in dat hy is "provisionally" goed gekeur is. Ek vra toe wat beteken dit in my taal, toe sê hy dat dit beteken die kanse dat my lisensie goedgekeur gaan word is beter as die kanse dat hy afgekeur sal word. Wierd, maar ek aanvaar dit is provisionally goeie nuus.
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Fri Aug 24, 2018 5:12 pm
by Geno
Krobb wrote:More almal
Ek voel soos n nuwe mens, my vreugde ken geen perke nie.
Gisteraand lê ek in my bed en braak gal oor my lisensie en vanoggend 06H52 kry ek n sms die apél het geslaag lisensie is goedgekeur.
Nou net vir die kaartjie.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Jou .204?
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:13 pm
by Barry Loock
Baie geluk.
Hoe lank het die appel geneem
Hit the road running
Re: Lisensie aansoek sloer - Enige raad?
Posted: Fri Aug 24, 2018 9:09 pm
by Krobb
Geno wrote:Krobb wrote:More almal
Ek voel soos n nuwe mens, my vreugde ken geen perke nie.
Gisteraand lê ek in my bed en braak gal oor my lisensie en vanoggend 06H52 kry ek n sms die apél het geslaag lisensie is goedgekeur.
Nou net vir die kaartjie.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Jou .204?
Ja, uiteindelik.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk