Page 1 of 1
waterval safaris jag foto
Posted: Tue Aug 14, 2018 8:04 am
by william007
Goeie dag
Hier weer so paar manne biltong en trofees kom jag hier op die plaas. Was net lekker koud gewees en die wind het ons dood gewaai.
Manne het mooi geskiet en het lekker saam die manne tyd in die veld spandeer.
calibers was van 7x57 tot 300win mag,308,30-06.
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Tue Aug 14, 2018 8:27 am
by william007
Hier is vir die manne wat meet biekie op die trofees tyd spandeer het.
daai Sable het vir ons laat werk , maar carel het met n super skoot van die stoke af hom mooi plat geskiet met daai 7x57.
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Tue Aug 14, 2018 12:23 pm
by Carel Kolesky
Baie dankie vir n puik jagervaring Boetie!Vir die wat hom nie ken:hy kan skiet,jag en jou klaar stap.Iets wat ek nooit sal vergeet.
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Tue Aug 14, 2018 11:08 pm
by theedge
Baie netjies
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Wed Aug 15, 2018 8:03 am
by OomMatt
Mooi gedoen daar , en daai Sable is besonder , taai dier daai
Het julle hom gemeet
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Wed Aug 15, 2018 9:08 am
by william007
Ja nee hy het ons besig gehou Oom Matt. paar km agter hom aan gestap.
Ja hy meet 41 duim.
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Wed Aug 15, 2018 10:23 am
by OomMatt
Mooi , het hom so 40" geskat.
Het julle hom gevolg vir n paar kilo's nadat hy geskiet was.
Indien wel , maak sin , was by n paar wat al gejag was , self ook een gepiets , en hulle gaan nie sommer le nie
Myne geskiet met 9.3 x 62 en 250gr Barnes TSX in die hart op 120m , en nog 400m gehardloop voor die dier gaan le het.
Maar goed gedoen
Geluk
Re: waterval safaris jag foto
Posted: Thu Aug 16, 2018 6:59 am
by william007
Oom matt Carel het hom net daar plat geskiet met daai 7x57 hy het daar op die plek geval , het soos n hond op sy boude gaan sit en agter oor geval.
Ons het net ver agter hom aan geloop om onder skoot te kry, maar toe ons hom kry toe val hy in sy spore.