Page 1 of 1

OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Tue Aug 14, 2018 11:47 am
by Wes261
Wil vir my OomMatt sĂȘ baie geluk met 'n uitsonderse Wildebees bul.

Re: OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Tue Aug 14, 2018 12:01 pm
by OomMatt
Goeie dag mede jagters
Ek het die (29.5" - 141.6kg) BWB gejag by my seun Wesley (PH) op Sekgweng Hunting Safaris.

Watse eer om so mooi dier te kon jag , en dit was nie maklik nie , veral as jou seun jou laat rond kruip in die gras soos n jong man en dit met n glimlag op sy bakkies , soort van "dis nou my beurt om jou te laat ou man" ook die geleentheid om dit te kon doen saam die familie.
Hulle het darem mooi wild en baie. Johan - eienaar , verstaan die behoeftes van die jagter.

Van Buffels , Sabels , Elande , Goue W/Beeste (een van +/-30") tot varkies. En as daar iets is wat jy soek en hulle het dit nie , kry hulle dit vir jou.

Groot voorreg gewees - Dankie aan Wesley , Cindy en eienaar Johan

Re: OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Tue Aug 14, 2018 11:09 pm
by theedge
Mooi gemaak baie netjies

Re: OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Wed Aug 15, 2018 7:14 am
by toelie
Bitter mooi bul oom, geluk

Re: OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Wed Aug 15, 2018 7:41 am
by FrancoisW
Sjoe, dis regtig 'n mooi bul. Baie geluk oom.

Re: OomMatt se Trofee Blouwildebees bul

Posted: Wed Aug 15, 2018 7:41 am
by Malan123
Sjoh daai Bees het 'n mooi skof. Geluk Oom Matt