Page 1 of 1
Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 8:20 am
by Burger
More sê almal
Ek deel die artikel met julle. Dit lyk baie belowend en dink nou net as Ruger die kaliber kan uitbring in hule Ruger Precision platform.
Volgens artikel werk hulle al die afgelope 10 jaar aan die rondte. n 225 grain ELD Match teen 2900fps+ darem glad nie te versmaai nie.
https://www.ballisticmag.com/2018/10/16 ... irst-look/
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 8:31 am
by Arnold
300WM sonder die belt en 'n effe langer nek as die 300WM. Gebasseer op die 375 Ruger behoort hierdie nogal goed te doen maar dit lyk soos 'n kopie van die 300 Nosler?
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 8:47 am
by Burger
Arnold wrote:300WM sonder die belt en 'n effe langer nek as die 300WM. Gebasseer op die 375 Ruger behoort hierdie nogal goed te doen maar dit lyk soos 'n kopie van die 300 Nosler?
Met n dop basis van .532 ( selfde as 300 win mag ), 300 nosler se “parent case” is 404 Jeffrey. Ek vermoed die 300 PRC gaan heelwat meer ekonomies wees op kruit met dieselfde of selfs beter energie op teiken as 300 win mag.
300 Nosler sekerlik n trappie hoër
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 9:05 am
by Capt. Yoda
As Lapua doppe maak is ek in!
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 9:42 am
by Arnold
300 Nosler het 'n rebated rim so pas ook op 'n magnum slotgesig, die dopkapasiteit is soortgelyk aan die 300WM en dalk effe kleiner. 300 PRC gaan presies doen wat die 300 WM doen net sonder die belt.
So ja hier het Hornady wel iets nuut en wat kan posvat maar 'n klein verandering van die 30 Nosler en die baie gewilde 300 WM
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 10:04 am
by Wouter Roets
Hallo Arnoldus
Volgens my berekeninge behoort die 300 PRC so 5-7gr meer dopkapasiteit te he as die 300 WM wat hom in spoed terme so 75-150ft/sek vinniger sal maak afhangende van die koeelgewig. Hierdie kom nogal redelik handig in met die swaarder koeels(215-240gr) waarvoor die rondte eitlik ontwerp is.
Groetnis
Wout
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 10:37 am
by Arnold
Wouter Roets wrote:Hallo Arnoldus
Volgens my berekeninge behoort die 300 PRC so 5-7gr meer dopkapasiteit te he as die 300 WM wat hom in spoed terme so 75-150ft/sek vinniger sal maak afhangende van die koeelgewig. Hierdie kom nogal redelik handig in met die swaarder koeels(215-240gr) waarvoor die rondte eitlik ontwerp is.
Groetnis
Wout
Hi Wouter
Wat jy sê is heeltemal reg en dopkapasitiet behoort seker net onder 100gr H2O te wees, so ja daar gaan wel meer plek wees om 'n paar ekstra grein poeier in te gooi agter die swaar pille. Hierdie laat mens 2 maal kyk as mens hom met die 300 Norma vergelyk (waarvoor Lapua nou doppe maak).
So ek is hier saam met Capt. dat as daar goeie doppe gaan wees sal dit moeilik wees om die outjie te klop en dan is dit verseker 'n keuse om in ag te neem as jy 'n nuwe geweer bou.
Daar is al taamlik inligting op die net beskikbaar as mens soek vir die 30-375 Ruger

Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Oct 22, 2018 4:04 pm
by jankraay
Ek dink dit gaan n uitstekende jag kaliber maak soos Geno laas week vir my gese het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Sun Jul 14, 2019 6:18 pm
by Arnold
Weet julle al van iemand wat n 300 PRC skiet?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Hornady doen dit alweer. 300 PRC
Posted: Mon Jul 15, 2019 6:33 pm
by Arnold
Iemand wat dalk n 30 Nosler skiet?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk