Mid somer in die Kalahari...
Posted: Thu Nov 15, 2018 10:59 am
Hartlike goeie môre..
Ek en Myburgh het besluit om 'n slag 'n ander koers in te slaan, die keer so 400km noord oos van Kuruman , in die Brey en Tosca area. Dit is volgens my ook seker een van die mooiste dele van die Kalahari...dis ons eerste keer wat ons in die deel besoek aflê. Toe ons Tosca binne ry het 'n ander tipe gevoel ons gevat, 'n gevoel van rustigheid en tevredenheid...die teerpad het eweskielik opgehou en ons was op die grondpad, als het net rustig geword en Myburgh het paar kudu koeie opgemerk wat rustig in die veld wei. Die son was besig om te sak toe ons voor die boer se huis stil hou. Ek het dadelik die netheid op die werf opgemerk met die son wat nou begin proe aan die horison. Die boer en sy vrou het ons dadelik laat welkom voel , tipiese Kalahari vriendelikheid. Na 'n lekker koppie koffie en beskuit in die hitte het die boer ons na die jagkamp geneem en die sonbesies was nog lekker aktief net voor sononder. Toe ons die hek van die jagkamp oopmaak het 'n blou swembad ons gegroet en die Kameelhout was klaar gepak in die groot braai area...met die intrap hier kon ek sien die boer hou sy hand op hierdie spog jagplaas. My kinders en hulle se ma was in hulle element en ons het dadelik tuis gevoel. Myburgh was baie beïndruk met die buffels wat vrylopend was in die jagkamp, min het ons geweet hulle sal die volgende oggend vroeg hul opwagting maak. Ons was hier om 'n paar varke te skiet en die volgende oggend vroeg was ons op die skietbaan om te kyk of ons gewere reg is. Die boer het ons paar plekke gaan wys waar die varke aktief is, dit was hoofsaaklik 'n voorsit jag agv die buffels wat vrylopend is . Ek kon dadelik opmerk dat hier genoeg spesies en wild op hierdie plaas is vir die jagters. Hier is paar fotos...
Groetnis