Page 1 of 1

Oorbietjie

Posted: Sat Oct 22, 2011 3:59 am
by JoevR
Ek het hierdie Oorbietjie in 2005 op my swaer Pieter Steenkamp se plaas naby Oshoek in Mpumalanga gejag. Die plaas is nie omhein met wildwerende heining nie, en die Oorbietjies kom natuurlik voor. Ek het 'n permit by Mpumalanga Natuurbewaring op Ermelo gekry. My swaer het sy veld gebrand, en al die Oorbietjies van die omgewing was daar om die groen uitloop te vreet. Ek het na 5 ramme gekyk voordat ek hierdie een geklop het. Geweer is 'n Brno ZKK 601 in .223 kaliber. Koeel was 'n Barnes X "Gen 1" 52 gr.

                                         [img width=334 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... -1-1-1.jpg[/img]

In 2005 was die minimum vir Oorbietjie in Rowland Ward se rekordboek 5 7/8 duim. Die rammetjie het 5 1/2 duim gemeet, en ek het 'n volmontering deur Highveld Taksidermie laat maak. In 2010 het Rowland Ward die minimum vir Oorbietjie verlaag na 5 duim. Ek kan nou my trofee in Rowland Ward registreer. Sien http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=3 vir die volledige storie.

Wat dink julle van so 'n "by die agterdeur in" Rowland Ward trofee? Moet ek hom laat inskryf in Rowland Ward of nie?

Re: Oorbietjie

Posted: Sat Oct 22, 2011 7:38 am
by Gerhard
Netjies Joe,

Die boek en registrasie van trofee is n persoonlike keuse.

Vir my gaan dit oor data wat bymekaar gemaak word.

Vir baie jagters en ek het baie van hulle al gesien so deur die jare is dit om se "NAAM" in die boek te kry teen enige onkoste.

Dit was altyd van die moeilikste jagters om mee te jag as hy met n SCI en RW boek onder sy arm by die vliegtuig uitloop.

Daai is n baie mooi Oorbietjie wat jy geskiet het.

Jy moet asb n foto vd full mount op sit.

Registreer hom sodat sy data ook op geneem kan word...

Re: Oorbietjie

Posted: Sun Oct 23, 2011 5:02 pm
by Kallie404
Baie mooi Joe.Jy sal sien in die African Outfitter is daar n foto van my oorbietjie wat ek in Zim gejag het dus het ek n baie goeie idee wat dit vat om die "boek" te maak.Myne was n pragtige ou ram wat dit wel nie gemaak het nie( nadat ons baie deur gekyk het!)As ek jy is sal ek glad nie eers aarsel om jou oorbietjie te registreer nie.Groete

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 4:22 am
by JoevR
Dankie Gerhard en Kallie, ek sal die Oorbietjie laat inskryf by Rowland Ward. 'n Jagter is maar net gelukkig as die veld iets gee wat mooi is. Kallie, ek het na jou foto gekyk en ek stem dit is 'n pragtige ou ram.

In my studeerkamer is 16 trofees. Net 4 van hulle, die oorbietjie ingesluit, is Rowland Ward trofees. Almal van hulle is vir my van dieselfde waarde. Vir my gaan dit oor die herinneringe van goeie tye en lesse wat geleer is.

Groete
Joe

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 3:17 pm
by Henk01
Joe,

Sjoe dit is n mooi rammetjie geluk, onthou daai foto van die full mount

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 4:12 pm
by Hugo
Vra bietjie jou swaer of hy moontlik nog een sal laat skiet en indien teen watse kostes.

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 6:27 pm
by JoevR
Die vol montering soos versoek. Groete, Joe

                            [img width=320 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6146.jpg[/img]

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 6:31 pm
by Kallie404
Hello Joe.Dit is regtig n mooi montering!!Dit is nogal n kuns om n oorbietjie se nek reg te kry en joune is "spot on" As ek mag vra wie het hom vir jou so mooi op gestop?

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 6:45 pm
by JoevR
Dankie Kallie. Dit is gedoen deur Dieter Oschenbein, Highveld Taxidermist. Die man is nie die goedkoopste nie, maar sy werk is kwaliteit.

Groete
Joe

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 6:55 pm
by axe942
Baie netjies Joe !

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Oct 24, 2011 7:38 pm
by Kallie404
Dankie dat jy laat weet het......ek moet erken ek het gedink dit is of Highveld of Nico v Rooyen!! In my beskeie opinie die twee bestes in SA,o ja en natuurlik  Trans african taxidermists.

Re: Oorbietjie

Posted: Tue Oct 25, 2011 9:07 am
by Henk01
Joe

Dankie, dit is nou regtig n troefee wat die die "justice" doen.

Re: Oorbietjie

Posted: Wed Nov 02, 2011 8:02 am
by George22250
baie mooi en geluk.

Re: Oorbietjie

Posted: Wed Nov 02, 2011 9:19 am
by Frederik
Baie netjies dit is nou een van die trofee diere wat ek nog nie gejag het nie met kliente of self.
Maar van die wat ek in die veld gesien het is, is dit 'n baie groot ene. Baie geluk en jy kan trots wees en sit hom maar innie boek jy het die plek verdien. 

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Feb 13, 2012 8:06 am
by worshond
Hierdie Een was Gister deur Angus Muarry van die VSA Plat getrek, dit kan dalk die Nuwe Nommer 1 in Rowland Ward wees on wag net omte hoor.
[img width=360 height=480]http://i1006.photobucket.com/albums/af1 ... ge0012.jpg[/img]

Re: Oorbietjie

Posted: Mon Feb 13, 2012 1:01 pm
by Frederik
Ja dit lyk of hy heel bo in die boek gaan kom  ;D