Laaste draai vir 2018
Posted: Fri Dec 21, 2018 10:45 am
Goeie dag...
Ek en Myburgh het vir oulaas 'n draai gery vir 2018 en soos al die vorige kere was dit weer lekker saam my seun. Dit was lekker warm en Myburgh wou baie graag 'n lekker swaar beer skiet . Ons het besluit om so 90m van die krip af onder 'n Witgat te gaan sit...die keer bo op die bakkie want die tampanne is volop. Ons het vinnig nes geskrop en die tekens van varke wat oral skuur naby die krip was oral sigbaar. Ons het seker so 'n uur gesit toe ek die kenmerkende afgeëtsde vorm van 'n vark se kop aan die skadukant van 'n Haakbos sien. Op die stadium was hy nog so 130m van ons af en Myburgh het deur die teleskoop gekyk en vir my gesê dis net die een waarvoor hy gewag het. Die beer was lekker rustig en heeltemal onbewus van ons...hy het maklik ingestap en kom stelling inneem voor ons....sommer lekker skuins na ons toe. Die skoot het geklap en Myburgh het vir my gesê dis deur die hart skuins van agter... Als was gou verby en die aand het ons lekker teen die Kameelhout vuur gesit en na die nag geluide geluister ....Hier is paar fotos en 'n video.
Groetnis en mooi loop vir die laaste stukkie van 2018.
https://youtu.be/POVbjAXTp50