Page 1 of 1
Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Thu Feb 21, 2019 1:04 pm
by Draegan
Hallo almal.
Ek wil aansoek doen vir lisensie op my oupa se .303 wat huidiglik op my pa se naam is (Lisensie is nog geldig)
1. Wat is die proses, moet die vuurwapen oorgedra word na dealer stock toe?
2. Kan enigiemand lig werp op watse vorms ingevul moet word?
3. Enige ander informasie wat dalk die proses minder uitdagend kan maak?
By voorbaat dankie.
Johan
Re: Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Thu Feb 21, 2019 3:11 pm
by J le Roux
Goeie Dag Johan
Ek is nie 'n regskenner nie maar het die paadjie al 4 keer gestap, 1 nuwe roer en 3 by vorige eienaars gekoop en self lisensie aansoeke gedoen sonder haakplek.
1. Wat is die proses, moet die vuurwapen oorgedra word na dealer stock toe?
Dit is nie nodig nie, die huidige lisensie houer kan hom hou tot jou lisensie uitegereik is, of jy kan indien die DFO 'n bergingspermit aan jou uitreik (indien jy reeds bevoegdheid vir die tipe wapen het)
2. Kan enigiemand lig werp op watse vorms ingevul moet word?
Lisensie SAP 271, bevoegdheid SAPS 517
3. Enige ander informasie wat dalk die proses minder uitdagend kan maak?
Gaan gesels met jou DFO. Wees geduldig, respekvol en vriendelik. Hulle is net so frustreerd soos ons, maar maak die beste van die situasie.
Doen solank jou bevoegdheid en soek 'n kluis.
Sterkte, dit is regtig nie so erg nie. Jy is welkom om my te PM.
Re: Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Fri Feb 22, 2019 7:37 am
by Draegan
J le Roux wrote:Goeie Dag Johan

Baie dankie, dit help baie! Ek het al klaar bevoegdheid en 'n kluis, al wat oor is is die aansoek. Ek wil net seker maak ek vat al die vorms saam as ek die naweek by my pa gaan kuier, hulle is in die Vrystaat en ek in Centurion so dit is nie so maklik om sommer vinnig deur te ry vir vorms ens nie.
Re: Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Fri Feb 22, 2019 9:05 am
by Eugene
Laat jou pa dan klaar meer as een aansoek teken, dan het jy ekstras as jy dit op kort kennisgewing nodig kry!
Re: Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Fri Feb 22, 2019 10:52 am
by Draegan
Eugene wrote:Laat jou pa dan klaar meer as een aansoek teken, dan het jy ekstras as jy dit op kort kennisgewing nodig kry!
Goeie advies, baie dankie!
Re: Lisensie aansoek op 'n erfstuk, hoe gemaak?
Posted: Fri Feb 22, 2019 11:14 am
by Gian_dP
Draegan wrote:
Baie dankie, dit help baie! Ek het al klaar bevoegdheid en 'n kluis, al wat oor is is die aansoek. Ek wil net seker maak ek vat al die vorms saam as ek die naweek by my pa gaan kuier, hulle is in die Vrystaat en ek in Centurion so dit is nie so maklik om sommer vinnig deur te ry vir vorms ens nie.
Soos Eugene gesê het, laat hy sommer ekstra vorm teken. Jy het ook gesertifiseerde kopieë van sy ID en huidige lisensie nodig. my DFO het net vir een gevra, maar kry eerder paar ekstra.