Een of Twee?

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply

Een of Twee

Een keer
18
78%
Twee keer
2
9%
Maak jy pap of wors
3
13%
 
Total votes: 23

SeeZet
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am

Een of Twee?

Post by SeeZet »

Ek kry verskillende opinies oor wors maak (nat of droog)

Party ouens sê meul eenkeer lekker grof, meng spesirye en stop.
Ander sê weer meul eenkeer grof, meng spesirye, en meul hom weer bietjie fyner, stop dan.

Wat sê julle?
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Een of Twee?

Post by Stefan Fourie »

SeeZet wrote:Ek kry verskillende opinies oor wors maak (nat of droog)

Party ouens sê meul eenkeer lekker grof, meng spesirye en stop.
Ander sê weer meul eenkeer grof, meng spesirye, en meul hom weer bietjie fyner, stop dan.

Wat sê julle?
Ek meng die blokkies vleis:vet, gooi speserye, maal en stop. So by my oupa'le geleer.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Een of Twee?

Post by Willie »

Maak ook soos Stefan
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Een of Twee?

Post by FHM »

Ek haat wors droog en braai wat fyn is - hoe growwer stukke hoe beter ;)
Last edited by FHM on Fri Mar 08, 2019 4:31 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Een of Twee?

Post by Harambe »

Traai beide dan kyk jy waarvaan jy hou. Fyner sal natuurliker 'n netjieser wors maak, maar seker soveel netjieser dat dit gaan saakmaak nie. Ek sal hom eet nes jy hom vir my gee.
Of so iets
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Een of Twee?

Post by Jurgen Visser »

Stefan Fourie wrote:
SeeZet wrote:Ek kry verskillende opinies oor wors maak (nat of droog)

Party ouens sê meul eenkeer lekker grof, meng spesirye en stop.
Ander sê weer meul eenkeer grof, meng spesirye, en meul hom weer bietjie fyner, stop dan.

Wat sê julle?
Ek meng die blokkies vleis:vet, gooi speserye, maal en stop. So by my oupa'le geleer.
JA JA , jy meng blokkies vleis/vet/speserye , dan maal en stop , jy kan nie die goed maal en dan speserye probeer meng nie , ek meng die batch en laat oornag staan , dan maal ek eers , ek gebruik of 8mm of 6mm gat vir meul , hang net af watse wors ek maak
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
svanzyl10
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Fri Dec 01, 2017 7:59 pm

Re: Een of Twee?

Post by svanzyl10 »

Ek meng blokkies vleis , vet , spice en water. Stoot dit deur n 8mm plaat en dan stop ek. Ek doen dit met boerewors en die droewors wat in 22mm derm gaan.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Een of Twee?

Post by Pappabeer »

Ek het eenkeer kaaswors nav n resep gemaak wat gesê het jy moet dit twee keer maar. Die resultaat is n pulp, en jou wors se tekstuur soos n vienna. Ek sal dit nie weer doen nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Een of Twee?

Post by jankraay »

Stefan Fourie wrote:
SeeZet wrote:Ek kry verskillende opinies oor wors maak (nat of droog)

Party ouens sê meul eenkeer lekker grof, meng spesirye en stop.
Ander sê weer meul eenkeer grof, meng spesirye, en meul hom weer bietjie fyner, stop dan.

Wat sê julle?
Ek meng die blokkies vleis:vet, gooi speserye, maal en stop. So by my oupa'le geleer.
Ek maak ook so en dit werk vir my die beste.

Sent from my iPhone using Tapatalk
SeeZet
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am

Re: Een of Twee?

Post by SeeZet »

Dankie manne, dit het vir my ook nie lekker geklink nie, ek hou maar by die ou boere-raad.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Een of Twee?

Post by airhunter »

jankraay wrote:
Stefan Fourie wrote:
SeeZet wrote:Ek kry verskillende opinies oor wors maak (nat of droog)

Party ouens sê meul eenkeer lekker grof, meng spesirye en stop.
Ander sê weer meul eenkeer grof, meng spesirye, en meul hom weer bietjie fyner, stop dan.

Wat sê julle?
Ek meng die blokkies vleis:vet, gooi speserye, maal en stop. So by my oupa'le geleer.
Ek maak ook so en dit werk vir my die beste.

Sent from my iPhone using Tapatalk

+1
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Een of Twee?

Post by Methos »

Ek meng die speserye deur die vleis en vet en laat oornag staan en dan maal ek een keer met 8mm plaat. Ek sit dan die vleis in brood knie masjien en laat die broodhaak so paar minute deur die 3 of 4 kilogram vleis hardloop. So word myosin vrygestel - dit laat die wors bind. Ek hou ook van my wors grof maar wil ook nie hê dat die vleis moet uitpop soos maal vleis die oomblik wat jy die derm sny nie.

Gaan lees gerus hierdie artikel daaroor.

http://thesaltcuredpig.com/Porkopedia/i ... tle=Myosin

Cheers
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Een of Twee?

Post by henning »

Baie interesante artikel. Dankie

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply