Page 1 of 2
Wat om te bou ??
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:02 pm
by Tiaanreynecke
Naand kerels.
Ek het n 30.06 remington 700 gekoop vir R 1000. Die geweer het slegs 40 skote geskiet. Ek het besluit om n lang afstand geweer te laat bou oor die aksie nie sleg is nie. Waar ek woon het ek een van die beste gunsmiths so daar is ek reg. Hy het voorgestel dat ek kyk na 6.5 mm bv 6.5 x 284 of 6.5 x 06.my vraag is nie watse komponente om te gebruik nie maar watse kaliber ek wil graag aan die elr kompetiesies gaan deelneem.
Kan ek dalk eerder kyk om n 30 kaliber te bou of moet ek net n 338 lapua gaan koop.
Ek het tans n .375 cz vir my groot wild en dan n 308 steyer vir kleiner wild en verder skote. So die doel hier is slegs ver skiet en nie jag nie.
Ek hoor graag wat julle se.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:12 pm
by JPL
Naand Tiaan,
Ek is glad nie n kenner nie, maar klink my jy wil n ander kaliber loop opsit dalk? Dan sal ek eerder n 7mm loop opsit en gaan vir n SAUM.
Om kaliber EN loop vervanging voor aansoek te doen is ook maar n saak van gebed.
Finansies is meeste van die tyd wat n man beperk en daarom sal ek voorstel om dan die .30 loop op te hou en te gaan vir iets soos n 300WSM.
Sal baie lekker wees om die slim manne se opinies te hoor.
Groete en sterkte met die projek.
JP
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Tue Mar 26, 2019 9:29 pm
by Tiaanreynecke
Hi Jp baie dankie vir jou reply.
Die koste is nie vir my die probleem nie ek vat eerder n jaar langer maar het dan die gewensde uitkoms. Ek sal gan loer oor die saum maar het nog net positiewe goed gelees en gehoor. Die loop sal moet gaan is n 22 duim dun loop.
Groete.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:09 pm
by JPS
Saum gaan nie werk nie want dit is nie magnum boltface nie. Tensy jou geweersmit die botface gaan / kan oopsny.
Met standaard boltface sou ek ook 7mm gegaan het in 284 Win. Met 30” loop kan jy 184gn berger skiet teen 2840fps op ‘n tiekie. Daar is baie min kalibers wat saam ‘n 284Win gaan hardloop wat standaard boltface gebruik.
Maar dit hang af wat jy bedoel met ELR. Vir baie beteken LR tot 1.6km en ELR is anderkant dit.
As dit ELR is gaan jy na iets soos 300Norma AI of soorgelyk en opwaarts moet kyk en dan kort jy weer ‘n magnum boltface.
So die vraag wat jy eers gaan moet beantwoord is wat beteken ELR vir jou en dan kan jy na kaliber kyk.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 5:33 am
by Pinkes
Ek is n groot Rem700 fanboy maar as jy soos jy hierbo ELR gaan,sal ek ook na
n groter kaliber kyk,en dan gaan die rem700 aksie nie sterk genoeg wees vir daardie
kalibers nie. Weet Remington doen n 338lapua op daardie aksie maar ek sal niks groter
gaan as dit nie. Manne sal seker kans vat met groter op daardie aksie maar dink veiliger is beter
as om met n skrapnel gesig rond te loop :)Maar laat ons eers hoor wat is jou ELR afstande?
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 5:58 am
by Hein (Haan)
Ek stem saam met Jan en Pinkes, besluit hoe ver wil jy eers gaan dan kan jy op komponente besluit. ELR gaan jy begin om spesiale komponente te benodig Bv scope met BAIE verstelling , loop langer as 30” ( hang af van kaliber),
As jy net tot bv 1.6km wil gaan sou ek ook na 284Win of 280AI of so iets gekyk het met n lang loop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 6:41 am
by Armand Steenkamp
Ek het absuluut geen ondervinding in ELR nie. Maar hoekom sal n 6.5x284 met 32 duil loop nie werk as n man daai 150gr Sierra MKs gooi nie? Terugskop is mos dam minder as doe groter honde?
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 6:52 am
by jankraay
Armand Steenkamp wrote:Ek het absuluut geen ondervinding in ELR nie. Maar hoekom sal n 6.5x284 met 32 duil loop nie werk as n man daai 150gr Sierra MKs gooi nie? Terugskop is mos dam minder as doe groter honde?
Hy sal verseker werk. Ek skiet n 6.5-284 met n 32” loop met groot sukses. Skiet wel die 140gr Nosler RDF maar teen 3206vps.
Loop lewe gaan wel kort wees maar dit is n lekker tyd


Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:29 am
by JPL
JPL wrote:Naand Tiaan,
Ek is glad nie n kenner nie, maar klink my jy wil n ander kaliber loop opsit dalk? Dan sal ek eerder n 7mm loop opsit en gaan vir n SAUM.
Om kaliber EN loop vervanging voor aansoek te doen is ook maar n saak van gebed.
Finansies is meeste van die tyd wat n man beperk en daarom sal ek voorstel om dan die .30 loop op te hou en te gaan vir iets soos n 300WSM.
Sal baie lekker wees om die slim manne se opinies te hoor.
Groete en sterkte met die projek.
JP
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sorry, ek het die elr mis gelees, hy is gewoonlik ELR.
My kalibers gaan dit nie maak nie. Los daai roer vir n ander projek en bou op iets anders vir ELR.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:50 am
by joe rocket
Welkom Tiaan. Vir ELR is daar net 2 kalibers wat my aandag trek en dit is n 300 Norma AI en n 338 lapua magnum AI. Die Remington aksie sal nie geskik wees vir bogenoemde kalibers nie. Die 6.5x284 loop soos n Jet vra maar vir Janneman.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:03 am
by JPS
6,5 x284 sal mooi loop vir LR, maar veseker nie vir ELR nie....
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:15 am
by joe rocket
Ja dis waar, maar die Remington Aksie wat Tiaan gesteel het sal mooi werk vir n 6.5x284.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:17 am
by jankraay
JPS wrote:6,5 x284 sal mooi loop vir LR, maar veseker nie vir ELR nie....
Ek het ook die ELR deel gemis...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:28 am
by Gerhardu
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 9:00 am
by Tiaanreynecke
More manne,
Baie dankie vir al julle insette dit is baie nice om almal se opinies te hoor. julle het my n paar goed gegee om aan te gaan dink.
Jps jy is reg ek moet gaan besluit wat is vir my elr en lr en hoe ver wil ek dan ten einde skiet.
Ek kom agter dat daar is baie meer wetenskap as wat ek gedink het en dit is nie net iets wat n mens in n oogwink besluit nie.
Die gevolgtrekking wat ek maak sover is dat vir die moeite en geld wat n mens spandeer kan dit dalk beter wees om maar n groter kaliber te bou en klaar te kry.
Ek kom terug na julle toe oor wat is lr en elr vir my.
Groete.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 2:11 pm
by Capt. Yoda
So ek neem aan ons kan weer lope koop en kalibers verander?
As jy regtig anderkant 1300m wil skiet gaan dit heelmoontlik makliker wees om net n 338 te gaan koop,nader as dit sal jy lekker kan skiet met n 6.5-284 op daai aksie
Met die dinge wat deesdae aan gaan met die loop vervangings en kaliber veranderings sou ek 10/1 net n 338LM gaan koop het
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 2:41 pm
by jankraay
Vir LR en ELR kan ek jou nou se dat daar min gaan wees wat die .300 NM AI klop. Dit is net n blerrie goeie kombinasie van dop en punt wat ook nie die bank breek om te skiet nie. jy sit met min wind skuif en elevasie verstelling tot op 1000m en dan nog met genoeg energie om te dood op 2000m. Bepaal wat jy wil doen en hoe ver jy wil gaan dan begin jy kaliber praat. Dit gaan dinge vir jouself baie maklik maak.
Groete
Re: Wat om te bou ??
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:31 pm
by Hansieslim
Tiaan
As jou gunsmith Jaco Van Gas is, is hy die regte ou om vir adies te vra...op jou voorstoep.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 8:35 am
by Drenalinjunkie
Tiaan,
Meeste van die manne is nou al deur wat jy nou wil doen.
Ek besit huidiglik die volgende kalibers wat ek LR mee kan skiet en al geskiet het. 6mm Dasher, 6.5x55AI, 7mm Tombi Mk1 en n 338 LM. Die feit bly staan dat sodra jy verby 1200m begin gaan bly die 338LM maar die beste tussen my aresenaal. BC is krities MAAR BC met gewig gee jou inertia wat help om wind beter te weerstaan. My 338 het my nou al first round hits tot op 1752m gegee. Kyk die feit bly staan as jy nie kondisies kan lees nie dan gaan geen geweer jou help nie. Dis waar oefening inkom.
As ek n voorstel kan maak... vir wat jy wil doen (ELR) soek vir jouself n nuwe of tweedehandse 338 LM. Dit sal jou instaat stel om lekker tot op 2000m te kan skiet en jou skiet vernuf te kan verbeter. Hulle is wel duurder om te hardloop maar soos met alles "performance comes with compromise".
Om jou n idee te gee ek is juis besig om nou n nuwe 338 LM AI te bou juis omdat ek nader aan 3km wil begin speel. Dis wel n duur projek maar dis wat die ELR game kos. Die geweer beslaan uit n BAT M aksie, 32" Bartlein 5R 1:10" loop en dan nog so paar nice to haves. Maak jouself reg vir n maklike R100-R120k om so projekkie aan te pak.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 8:49 am
by Joe13
Net vir interessantheid, watter koele gebruik die ELR en LR manne?
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 9:24 am
by joe rocket
Berger hybrids, Hornady Eldm, Nosler RDF, Sierra matcking net om n paar te noem. En ou Gawie klap n Gong ver oor die 1000m met n 87 gr. Vmax.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 9:26 am
by Capt. Yoda
Joe13 wrote:Net vir interessantheid, watter koele gebruik die ELR en LR manne?
LR is dit maar alles wat die manne in Fope/TR of LR BR ook skiet (gewoonlik maar swaar vir kaliber koels) maar die ELR manne veral oor die water skiet baie solid mono koele soos die van cutting edge in die vreeslike groot kalibers, berger het ook nou so mono spies bekend gestel
http://bulletin.accurateshooter.com/tag/solid-bullets/. Vir die 338s is daar darem genoeg 250gr + Berger, Lapua en Hornday om n goeie end verby n myl te kom
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 9:29 am
by Drenalinjunkie
Capt. Oblivious wrote:Joe13 wrote:Net vir interessantheid, watter koele gebruik die ELR en LR manne?
LR is dit maar alles wat die manne in Fope/TR of LR BR ook skiet (gewoonlik maar swaar vir kaliber koels) maar die ELR manne veral oor die water skiet baie solid mono koele soos die van cutting edge in die vreeslike groot kalibers, berger het ook nou so mono spies bekend gestel
http://bulletin.accurateshooter.com/tag/solid-bullets/. Vir die 338s is daar darem genoeg 250gr + Berger, Lapua en Hornday om n goeie end verby n myl te kom
Stem saam Siebert. My gevoel is wel om die 338LM AI verby 2000m met
voorspelbare sukses te skiet gaan ek ook die mono roete moet gaan.
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 9:32 am
by jankraay
Drenalinjunkie wrote:Capt. Oblivious wrote:Joe13 wrote:Net vir interessantheid, watter koele gebruik die ELR en LR manne?
LR is dit maar alles wat die manne in Fope/TR of LR BR ook skiet (gewoonlik maar swaar vir kaliber koels) maar die ELR manne veral oor die water skiet baie solid mono koele soos die van cutting edge in die vreeslike groot kalibers, berger het ook nou so mono spies bekend gestel
http://bulletin.accurateshooter.com/tag/solid-bullets/. Vir die 338s is daar darem genoeg 250gr + Berger, Lapua en Hornday om n goeie end verby n myl te kom
Stem saam Siebert. My gevoel is wel om die 338LM AI verby 2000m met
voorspelbare sukses te skiet gaan ek ook die mono roete moet gaan.
Na watse Mono’s gaan jy kyk Simon?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wat om te bou ??
Posted: Thu Mar 28, 2019 10:04 am
by Joe13
Dankie manne, daai Bergers is rof.