Page 1 of 1

Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 12:51 pm
by TOKELOS
Ek gebruik nou al n paar jaar n elektriese meule en het nog glad nie die lem of siffie geslyp nie.
Hoe weet ek wanneer dit tyd is dat die goed n slyp nodig het?

Met die handmeule het ek maar altyd elke seisoen die slypwerk sommer self op n stukkie fyn skuurpapier op n stuk glas gedoen - is dit hoe ander dit ook doen of nie n goeie idee nie?

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 1:33 pm
by JuanVE
Sal self wil weet wat gebruik die manne om die lem en siffie te slyp en hoe?

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 1:37 pm
by Viking
tokelos,

Sodra die gemaalde vleis nie meer in lang stringetjies deur die siffie kom nie is dit tyd om te slyp!

Daai pap "mush" wat jy kry met 'n stomp lem kan nie 'n kwaliteit produk op die tafel sit nie.

Beide die siffie en die lem moet geslyp word om die snyaksie weer glad te laat verloop.

Of jy dit self doen of laat doen hang van jou vaardigheid af.

Die glas en skuurpapier metode werk gewoonlik goed.

https://www.doityourself.com/stry/how-t ... der-blades

OF

https://www.youtube.com/watch?v=AeUNzf1VewE

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 1:59 pm
by jooste
middag

ek gebruik fyn skuurpapier.

sit skuurpapier op plat oppervlak en vyf dan lem en siffie in sirkel aksie op skuurpapier.

werk baie goe en jou meule maak weer mooi maalvleis.

groete

nico jooste

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 2:00 pm
by JuanVE
Dankie Nico

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Mon Apr 08, 2019 2:56 pm
by Chris (vdB)
TOKELOS wrote:Ek gebruik nou al n paar jaar n elektriese meule en het nog glad nie die lem of siffie geslyp nie.
Hoe weet ek wanneer dit tyd is dat die goed n slyp nodig het?

Met die handmeule het ek maar altyd elke seisoen die slypwerk sommer self op n stukkie fyn skuurpapier op n stuk glas gedoen - is dit hoe ander dit ook doen of nie n goeie idee nie?
Tokolos ek andwoord nou nie jou vraag nie, maar ek verbeel my Louws Keys hier by ons slyp ook daai lemme en siffies. Bel hulle bietjie en hoor, ek glo as hulle dit doen sal hulle ook kan se vir jou of joune al n' slyp nodig het

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:06 pm
by TOKELOS
Dankie Manne!

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Tue Aug 06, 2019 3:24 pm
by wlm
Viking is reg. Die gemaalde vleis moet in sulke stingetjies uitspring by die sif. Anders is jy besig om polonie te maak. Toets liewer of jou sif en lem skerp genoeg is voor jy die dag begin vleis werk.
'n Maklike toets om te kyk of jou siffie moet geslyp word.
Neem 'n vel sandpapier soos die manne genoem het en skuur jou siffie so bietjie. Indien die siffie net rondom die sentergat en sirkelvormig om die buitenste rand kontak maak met die skuurpapier is dit tyd vir slyp. M.a.w. die messe se snyvlakke slyt 'n ring in die middel van die siffie uit. Daar ontstaan dus 'n spasie tussen die sif se oppervlak en die lem se snykante.
Die lem kan net soos die siffie plat geslyp word op die skuurpapier. Jy kan die lemmetjie maar net so paar maal heen-en-weer. Die siffie moet geskuur word tot die hele opppervlak kontak maak met die plat skuurpapier. Dit kan nogal 'n bietjie sweet vat as die siffie lanklaas geslyp is.

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Tue Aug 06, 2019 3:42 pm
by Dolf014
jooste wrote:middag

ek gebruik fyn skuurpapier.

sit skuurpapier op plat oppervlak en vyf dan lem en siffie in sirkel aksie op skuurpapier.

werk baie goe en jou meule maak weer mooi maalvleis.

groete

nico jooste
"fyn skuurpapier"; Hoe fyn? beteken dit 220 grit of 400grit of watse grit?

Groete.

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Tue Aug 06, 2019 4:13 pm
by wlm
"fyn skuurpapier"; Hoe fyn? beteken dit 220 grit of 400grit of watse grit?

Graad skuurpapier maak nie saak as jy met die hand skuur nie. Indien jy op 'n "belt sander of so iets werk sal ek die fyner grade aanbeveel.

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Thu Aug 08, 2019 6:03 am
by Henry 7
Hoor by die wol manne wanneer die masjienskeerders kom...sit hulle op die fyn kant van hulle slyper...dit gaan jou nie eers 'n minuut vat nie.

Re: Meul: siffie en lem vraag

Posted: Thu Aug 08, 2019 12:00 pm
by wlm
Henry 7 wrote:Hoor by die wol manne wanneer die masjienskeerders kom...sit hulle op die fyn kant van hulle slyper...dit gaan jou nie eers 'n minuut vat nie.
Baie waar. Sorg net dat die slypwerk haaks gedoen word.