Page 1 of 1

Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sat Apr 13, 2019 7:10 pm
by tripodmvr
My vrou is die een wat tyd kry vir inkopies. Ek kry bitter min geleentheid.

Ek kom agter dat biltong deesdae so met die sout gestrooi word dat dit in baie gevalle onmoontlik is om dit in jou lyf te kry.

My toetsgevalle kom meestal uit die Vaaldriehoek, so ek sal graag wil hoor wat julle ervaar het.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sat Apr 13, 2019 7:28 pm
by J le Roux
Ek sien deesdae by groot slaghuise gevriesde biltong in grootmaat by slaghuise. Half-nat met baie marmite korrels.


Ek glo ons moet die klein slaghuis wat regtig hul eie ding doen ondersteun.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sat Apr 13, 2019 7:34 pm
by Sean3006
Hi Uncle Marius

This side of the country I find that biltong I buy is sometimes under cured overly wet or if its carved, they sometimes throw spices over the carved up biltong to add flavour.
Beef biltong that I make myself from shop bought beef is handsdown the winner!

Cheers
Sean

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 5:02 am
by Heinz Petersen
Ek stap n ruk terug by n biltong winkeltjie in, net om te kyk wat kos koedoe biltong. Die vrou daar sê
hulle het net bees biltong met koedoe spice op. :): :)

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 5:07 am
by Kolhasie
Selfe hier...

proe die goed het in sout water gele!

groete KH

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 7:28 am
by Ratel
My vrou het laas jaar vir my n klein biltong kas gekoop. Ek koop nou c graad vleis met geel vet en maak my eie sout en Peper biltong. Baie beter en baie goedkoper

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 8:29 am
by win270
Effens van die onderwerp af . . . beesbiltongpryse op die platteland by slaghuise en winkels is meestal veel duurder as in die stad. Ons was onlangs Laeveld toe . . . goedkoopste wat daar te kry is, is R300 / kg. By Millys Padstal op die N4 is dit bv. R375 / kg. Nodeloos om te sê, ek het geen biltong op die platteland gekoop nie. Daar is dikwels spesiale aanbiedinge van beesbiltong by Meat World - vroeg in April R159.99 / kg betaal en die resep is baie goed.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 8:33 am
by Capt. Yoda
win270 wrote:Effens van die onderwerp af . . . beesbiltongpryse op die platteland by slaghuise en winkels is meestal veel duurder as in die stad. Ons was onlangs Laeveld toe . . . goedkoopste wat daar te kry is, is R300 / kg. By Millys Padstal op die N4 is dit bv. R375 / kg. Nodeloos om te sê, ek het geen biltong op die platteland gekoop nie. Daar is dikwels spesiale aanbiedinge van beesbiltong by Meat World - vroeg in April R159.99 / kg betaal en die resep is baie goed.

Teen R159.99 kg raak meat world net van hul vleis ontsla, daar geen manier dat n klein winkel sy deure kan oop hou teen daai pryse nie. Ek het laas week hier in JHB R440 n kg betaal en die goed was moer sleg

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 8:35 am
by win270
Skakel Meat World en laat hulle op gereelde basis vir jou 'n SMS stuur met hul pryse. Dit werk baie goed.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 11:02 am
by Cobus(Cobb)
Vaaldriehoek????
Net 1 plek.....Mammas biltong in 3Riviere.(om die hoek van Vos Wapens)

Cheers

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 5:11 pm
by JJV
Ratel wrote:My vrou het laas jaar vir my n klein biltong kas gekoop. Ek koop nou c graad vleis met geel vet en maak my eie sout en Peper biltong. Baie beter en baie goedkoper
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/2b9c97e65e75ebcdb182d00a3e188523.jpg

Ek het altyd by Biltongden in Wolmeransstad gestop, laaste keer was nie so lekker nie, het vir my ‘n biltongdroeer gebou en gaan sommer more die C graad rump ophang vir eerste biltong oor Paasnaweek.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 6:35 pm
by tripodmvr
Sien jy mors nie met die cholestrol strips nie !!!!! ++>:

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 6:54 pm
by Diesel Dog
JJV wrote:
Ratel wrote:My vrou het laas jaar vir my n klein biltong kas gekoop. Ek koop nou c graad vleis met geel vet en maak my eie sout en Peper biltong. Baie beter en baie goedkoper
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/2b9c97e65e75ebcdb182d00a3e188523.jpg

Ek het altyd by Biltongden in Wolmeransstad gestop, laaste keer was nie so lekker nie, het vir my ‘n biltongdroeer gebou en gaan sommer more die C graad rump ophang vir eerste biltong oor Paasnaweek.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker stuk steak . Die snit is dwars oor die grein van die spier gesny en ek sal stadig met die speserye en sout te werk gaan want dit sal vinnig in die weefsel pennetreer.
Die janks sny hulle Beef Jerky ook dwars met die grein.

DD

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 6:55 pm
by Albertdwk
Mense wil jul net mee deel, met my werk ry ek redelik die land vol. Stop gewoonlik op die plaaslike slaghuis om die biltong uit te toets soos ek deur die dorpe ry. Op Sannieshof, ja sop net of jy ry hom mis, is daar 'n biltong shop, Pumba's biltong. Die lekerste wat ek nog kon kry. Al ry ek 'n 100km draai dis die moeite werd.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Sun Apr 14, 2019 8:21 pm
by Jaco V
Ek koop ook gereeld by Meat World agv die spesiale aanbiedinge, soms net bietjie nat na my smaak maar dis hoe hulle verseker hulle maak nog geld.
As ek die dag lus het vir 'n bederfie gaan ek na die ou "Biltong @ZA" deesdae "Fleischerei" Baie lekker biltong van prima vleis snitte maar jy betaal daarvoor, was laas R395/kg toe ek daar was.
Daai biltong lyk soos tjops as jy dit sny :): >:D ;D
Life is tough in Africa... ++>: :-X

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Mon Apr 15, 2019 7:09 am
by Ratel
JJV wrote:
Ratel wrote:My vrou het laas jaar vir my n klein biltong kas gekoop. Ek koop nou c graad vleis met geel vet en maak my eie sout en Peper biltong. Baie beter en baie goedkoper
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/2b9c97e65e75ebcdb182d00a3e188523.jpg

Ek het altyd by Biltongden in Wolmeransstad gestop, laaste keer was nie so lekker nie, het vir my ‘n biltongdroeer gebou en gaan sommer more die C graad rump ophang vir eerste biltong oor Paasnaweek.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sien die prys op daai C graad is ook nie sleg nie. Vra die slagter om volgende keer vir jou 'n paar stukke van dieselfde vleis saam met die grein te sny.

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Mon Apr 15, 2019 8:30 am
by NicoSmit
Wat sal 'n redelike prys p/kg wees vir wilds biltong en droee wors?

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Mon Apr 15, 2019 9:55 am
by Carl
Ek kan dink aan 'n paar oorsake: die eienaars het 'n resep gehad en vertrou dit toe aan 'n jonger/onervare persoon. Die maak dalk foute met tyd en hoeveelhede. Dan is daar ook 'n tendens waar mense se smaak sintuie afgestomp raak. Dit kan die slagter/biltong maker wees wat jaarliks sy biltong proe en begin dink dit het meer spesery of sout nodig. Ek eet baie min gegeurde skyfies soos die van Simba of Lays (as jy deur die bestandele kyk rek jou oë) maar ek is oortuig die goed word sterker gegeur as lank gelede.

Sout is 'n verslawende geur middel wat 'n goeie stimulant is om aptyt op te wek, dit is natuurlik ook die preserveer middel in die biltong. Maar nou kom nog geurmiddels en preserveer middels by wat 'n effek op die pallet het. Elke nasie op aarde het 'n ander tolleransie en smaak profiel - die Franse se kos is baie subtiel gegeur, waar die mense in Thailand se kos baie geurig en warm is.

Die beste biltong vir my is dun skywe pienk met geelvet bees wat net na sout proe met 'n ondertoon van swartpeper. :angel: Wild donker rooi met koljander by.As jy nou nog daardie bees op 'n sny vars brood en met botter sit :P

Re: Winkel en slaghuis biltong

Posted: Mon Apr 15, 2019 10:06 am
by andre007
Marius ek stem saam. Ons het gelukkig vir Andrew hier wat sy stories met die billies ken. Daarna moet n man maar rondsnuffel van dorp tot dorp.

My neukery is ek hou van my biltong met lekker geelvet en baie koljander, my beterhelfte nou weer nie te vet nie maar met baie sout op. As ek uit opsies raak koop ek ook maar bulk topside en maak my eie biltong na smaak.