Page 1 of 1

6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Sun Apr 21, 2019 8:40 pm
by AB7
Naand manne,

Ek het 'n paar vrae rakend 'n nuwe speelding wat ek wil koop vir bietjie verder skiet. Dit is vir jag 35%, papier en gonge 65%.

Ek kyk na 'n Howa.

- Maak 'n 26" loop so 'n groot verskil vs 'n 24" loop om by 'n 800-1000m uit te kom? Is ek reg as ek aanneem dat mens so 50vps gaan verloor tussen 24" en 'n 26". Ek kry net 24" lope;
- Weet iemand dalk waar kan ek 'n 26" kry?
- Wat dink julle van die GRS Beserk kolf? Ek hoor hy flex bietjie, maar as mens hom laat bed sal dit seker werk?;
- Is jagplase moeilik om die 6.5 creedmoor toe te laat om te jag? Ek wil in Namibie, Karoo en Kalahari met hom gaan skiet, waar die skote bietjie verder is.;
- Sal hy genoeg slaan krag he vir 'n Koedoe en Gemsbok tot so om en by 500m met 140 greiners?

Sal raad wardeer.

Groete

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Sun Apr 21, 2019 10:38 pm
by jankraay
AB7 wrote:Naand manne,

Naand AB7

Kom ek kyk hoe ver ek jou kan help.

1. Jy gaan met n 24/26” loop gemaklik tot op 1000m kan skiet. Enige een van die twee sal werk.
2. Nee ek weet nie waar om n 26” te kry nie maar lees weer die antwoord op vraag 1.
3. Ek hou nie baie van n Beserk nie en sal eerder vir min of meer dieselfde geld n Oryx Chassis gemaak deur MDT opsit.
4. Ek twyfel dat n jagplaas n probleem gaan he met n 6.5mm. Hang af wat jy gaan skiet.
5. Nee moet dit nie waag nie. Jy gaan vir jouself geld kos en dalk n moerige plaas eineaar he. n Gemsbok is n ander dier en daai in die Kalahari is taaier as die van ons in Vrystaat.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Sun Apr 21, 2019 10:53 pm
by AB7
Baie dankie vir die raad ek sal dan nog die naweek op huntex kyk of ek n 26 duim daar kry, anders vat ek die 24 duim.
Wie verkoop die oryx chassis, wil net voel hoe voel hulle in die skouer. Dink jy daar sal op huntex van hulle wees?

Sal dit dan nie probeer nie.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 6:45 am
by Gbyleveldt
Ek het al heelwat verder as 1km geskiet met my 24” Howa bull barrel. So nee, ‘n 26” loop is nie krities vir jou doeleindes nie. Punt keuse, lading ontwikkeling en windlees ervaring speel ‘n aansienlik groter rol op sulke afstande.

Ek stem met jankraai, die Oryx chassis is ‘n bekostigbare platform om op te werk. Ek wil my verstout deur te se Jy is beter af daarmee as n GRS tipe kolf.

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:28 am
by AB7
Baie dankie vir die terugvoer. Het jy dan n Silencer of Muzzle Brake op?

Waar kry mens die Oryx Chassis? Ek al bietjie op internet gekyk. Maar sien nie rerig n plek wat dit het nie.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:41 am
by Gbyleveldt
Ek skiet met muzzle brake, pure net om te kan sien waar skoot slaan nadat hy afgegaan het.

Multech, Camdix en Savuti het die Oryx chassis, eks seker n paar ander manne het ook. Maar jy moet spring, ek glo nie daar is meer baie voorraad nie.

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:46 am
by jankraay
Gbyleveldt wrote:Ek skiet met muzzle brake, pure net om te kan sien waar skoot slaan nadat hy afgegaan het.

Multech, Camdix en Savuti het die Oryx chassis, eks seker n paar ander manne het ook. Maar jy moet spring, ek glo nie daar is meer baie voorraad nie.
Kan vir Geno ook op die lys sit. Dink mens gan verseker een by Huntex kry.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:46 am
by Gbyleveldt
Heh, skuus Geno. Ek het van hom vergeet ;)

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 9:15 am
by AB7
Baie dankie vir die terugvoer. Wat kos so chassis min of meer?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 10:20 am
by ChristoK
AB7 wrote:Baie dankie vir die terugvoer. Wat kos so chassis min of meer?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Ek dink hulle is hier om en by die R7000.

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 10:40 am
by jankraay
AB7 wrote:Baie dankie vir die terugvoer. Wat kos so chassis min of meer?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hulle is hier van 6300-7000 hang af waar jy koop.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Mon Apr 22, 2019 1:09 pm
by AB7
Baie dankie vir die terugvoer.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Sat Apr 27, 2019 2:00 pm
by AB7
Middag manne,

Hoe is die APC chassis? Is hy baie swaarder as die Oryx.

Hoe vergelyk die 26 duim 308 teen die 24 duim 6.5 creedmoor, met akuraatheid op 600-1000m? Wil net bietjie gevoel toets.

Ek wik en weeg tussen die 2.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5 Creedmoor Inligting

Posted: Sat Apr 27, 2019 3:19 pm
by Diesel Dog
AB7 wrote:Middag manne,

Hoe is die APC chassis? Is hy baie swaarder as die Oryx.

Hoe vergelyk die 26 duim 308 teen die 24 duim 6.5 creedmoor, met akuraatheid op 600-1000m? Wil net bietjie gevoel toets.

Ek wik en weeg tussen die 2.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hy vergelyk eintlik beter met die 7.6 creedmoor http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... idge-ever/

DD >:D