Page 1 of 1

Langafstand skietbane

Posted: Sun Apr 21, 2019 8:52 pm
by Gensbok
Dagse manne, ek is opsoek na plekke waar ek langafstand skiet kan beoefen hier rond om Vanderbijlpark Gauteng. Ek is nie skaam om te ry nie maar wil ook nou nie my tank leeg ry net om by baan uit te kom nie.
Dankie manne.
Groete

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 6:51 am
by Gbyleveldt
Ek was nog nooit self daar nie, maar Ballistic Beast in Parys gaan tot 1km.

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 7:47 am
by jankraay
Gbyleveldt wrote:Ek was nog nooit self daar nie, maar Ballistic Beast in Parys gaan tot 1km.
Korrek

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 8:24 am
by tripodmvr
Ek het 'n baan van 400 tot 1300m te Hippo Creek uitgemeet. Op die Google beeld lyk dit of dit wel ontwikkel is. Vind maar uit of daar geskiet word en wat die koste is.
Hippo Creek Langbaan.jpg

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 10:36 am
by Capt. Yoda
Ballistic beast is n baie lekker baan

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 12:19 pm
by Gensbok
Dankie manne ek gaan verseker Ballistic Beast gaan besoek. Hippo Creek is bietjie waansinnig met hulle pryse...

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 3:51 pm
by Gawie(13mm)
Gensbok wrote:Dankie manne ek gaan verseker Ballistic Beast gaan besoek. Hippo Creek is bietjie waansinnig met hulle pryse...
Net vir ons inligting; wat is die onderskeie baanfooie?

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 5:49 pm
by Gensbok
Gawie(13mm) wrote:
Gensbok wrote:Dankie manne ek gaan verseker Ballistic Beast gaan besoek. Hippo Creek is bietjie waansinnig met hulle pryse...
Net vir ons inligting; wat is die onderskeie banefooie?
Ek het hulle n ruk terug gekontak, toe lig die persoon my in dat die fooi is R100 n uur. Ek weet nou nie of dit n algemen prys is nie, maar ek dink dit is bietjie rof.

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 6:18 pm
by ChristoK
Gensbok wrote:
Gawie(13mm) wrote:
Gensbok wrote:Dankie manne ek gaan verseker Ballistic Beast gaan besoek. Hippo Creek is bietjie waansinnig met hulle pryse...
Net vir ons inligting; wat is die onderskeie banefooie?
Ek het hulle n ruk terug gekontak, toe lig die persoon my in dat die fooi is R100 n uur. Ek weet nou nie of dit n algemen prys is nie, maar ek dink dit is bietjie rof.
Ja nee daai klink nogal rof.

Re: Langafstand skietbane

Posted: Mon Apr 22, 2019 6:20 pm
by Ratel
Waterval buite Rustenburg. 1000 yards. R150 vir die dag