Page 1 of 1

Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:15 pm
by CassellG
Hartlikke Goeie More Manne

Graag wil ek meer kennis bekom oor die bogenoemde onderwerp.

Die rede vir my vraag: ek het familie en vriende wat vir "n tyd oorsee gaan , en die vraag word dikwels my gestel , of ek na die wapens kan omsien in hul afwesigheid...

Die wapens word natuurlik gestoor in "n kluis wat volgens die wet se bepalings gemonteer en beveilig is.
Daar was selfs die voorstel gemaak om 'n huurkontrak op te stel , sodat dit blyk asof die betrokke persone by my woon.

baie dankie vir jul insette

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:16 pm
by Plaashaas
Sonder die nodige bergings permit is dit onwettig.

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 1:48 pm
by Frikkie Coetzee
Plaashaas is korrek

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 1:49 pm
by OosKaapJagter
Veronderstel ek loseer of huur by iemand, is ek geregtig om my voorgeskrewe kluis daar teen die muur vas te bout en my wapens daarin te bêre. Dit is wettig, of ek nou oorsee gaan met vakansie of selfs tydelik vir ander doeleindes oorsee is. Dit is solank dit my adres is.

Die oomblik as ek my wapens in iemand anders se kluis sou berg, moet daardie persoon 'n bergingspermit hê.

Ten einde binne die bepalings van die vuurwapenwet (60 van 2000) te bly, moet die persoon egter kragtens artikel 25 die Nasionale Registrateur van Vuurwapens (Dit is die Nasionale Kommissaris) binne 30 dae van enige adresverandering in kennis stel.

Enige ander interpretasie sou absurd wees, want dit sou daarop neerkom dat 'n verhuurder van 'n huis (of selfs 'n kamer) 'n stoorpermit sou moes hê ten opsigte van elke huurder of loseerder wat oor 'n kluis met 'n vuurwapen beskik.

In die geval van die vraag soos gestel hierbo, sou die familielid dus moet kan bewys hy/sy bly by die adres, dat hy/sy oor 'n voorgeskrewe kluis daar beskik en hy/sy sal die Registrateur van die adresverandering in kennis moet stel. Solank jy nie toegang tot die inhoud van die kluis het nie, is jy nie in besit van wat ook al daarbinne mag wees nie.

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 1:52 pm

Posted: Mon Apr 29, 2019 2:22 pm
by Fanta300
Kry net ‘n storings permit by SAP.

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 2:27 pm
by Plaashaas
Fanta300 wrote:Kry net ‘n storings permit by SAP.
En onthou die permit is slegs vir die stoor van die vuurwapens. Die eienaar moet hul self vervoer na en vanaf jou huis. Jy kan ook slegs n stoor permit kry as jy reeds die tipe vuurwapen besit. As jy nie n handwapen het nie sal jy nie die ander persoon se handwapen kan stoor nie.

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 2:32 pm
by CassellG
baie dankie , ek kwalifiseer vir die sttor van die wapens. is die stoorpermit waarna jul verwys die SAP539 vorm?

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 2:43 pm
by finch
Teoreties: Gestel man en vrou het albei verskillende wapens op hul naam, mag hul n kluis deel? My gevoel sê die wet gaan sê nee, want dan het iemand andes as die wettige vuurwapen eienaar toegang tot die wapen, maar ek wonder hoeveel huise is dan skuldig hierso...

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 3:13 pm
by saswart
2 opsies sou ek se. 1- Kry 'n storings permit. 2. Kry 'n addisionele kluis (hulle moet mos hul eie kluis he as hul wapens het) waarin die wapens gebere word in jou huis. Hulle laat die polisie weet die adres het verander soos voorgeskryf en sorg dat net hulle het toegang tot die wapens.

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 3:14 pm
by Jurgen Visser
Al wat ek julle manne kan se , dit is nie so eenvoudig om 'n stoor permit te kry nie , dfo is baie vol draadwerk oor dit , jy moet 'n blerry goeie rede he hoekom jy 'n stoor permit wil he , en sou hulle dit meskien gee , sal dit net geldig wees vir 6 maande

Re: Wat se die wet - stoor van kennise se wapens

Posted: Mon Apr 29, 2019 3:40 pm
by CassellG
@saswart. die betrokke party is bereid om hul hele kluis na my toe te skuif en te kom vassit ,dus kan die nodige address verandering dalk werk